by

EN NOU IS DIT VERBY. OF AMPER VERBY.

September 19, 2010 in Sonder kategorie

Vrydag se chemo het blitsig verbygegaan: het die onkoloog effens te vroeg gesien, teen kwart voor tien was my rekening betaal en teen tienuur was ek in die stoel vas aan my eerste flush, saline solution en chemo. Hulle het die chemo stadig gestel, sodat ek eers teen eenuur daar uit is. Maar wat ‘n verligting, ten spyte van wat voorlê. My mond is reeds besig om borreltjies te vorm – julle weet mos, daardie oulik borreltjies wat mondsproei aandui.

Ek het ook Vrydag begin met die Tamoxifen – nog ‘n hormooninhibeerder. Het aanvanklik gedink ek sal dit eers begin sodra die Zoladex klaar is, maar diè moet ek klaarblyklik ook nog kry.

En ek was sooooo verlig toe ek Vrydag daar uitstap. Kon nie glo dat AG behandelings verby is nie. Ter viering van die gebeurtenis het ek ‘n pienk pruik gedra met pienk veertjie-ooringe, ‘n ligtepienkbroek en ‘n grys toppie. Baie rustig. En ek het pienk penne met vere vir die vroue uitgedeel en blou penne met vere vir die mans uitgedeel. Ook koek vir almal wat wou hê en Pumeza het haar pakkie Salticrax gekry. Dit was haar laaste dag by Oos-Londen onkologie, want sy moet teruggaan Kaap toe vir haar werk.

Plan vorentoe: ek sien die onkoloog 15 Oktober en kry dan terselfdertyd my driemaandelikse Zoladex-inspuiting. Dis eintlik net ‘n pil wat hulle onder vetselle in plant. Op die maag.

Daarna begin siek ek die onkoloog en moet deur die toetse gaan: maagsonar, x-strale en so aan om te kyk of daar niks versprei het of vasgegroei het nie. Die dinge sal ek seker metterwoon uitvind, of ek nou wil of nie.

Ek moet ook nog gaan uitvind wat Tamoxifen aan ‘n mens doen. Net om voorbereid te wees.

5 antwoorde op EN NOU IS DIT VERBY. OF AMPER VERBY.

  1. Sterkte!!!

  2. Ek lees nooit die nadelige effekte van medikasie nie, want dan verbeel ek my ek het elke simptoom.

    Ek is saam met jou dankbaar dat dit nou verby is. Hoop jy sterk vinnig aan.
    xxx

  3. Wel, jy het met ‘n uitklophou gewen in die eerste rondte….en jy staan nog! Van hier af MOET dit makliker wees. Drukkie vir jou,

  4. Jy’t al ‘n lang pad gekom – mag dit vorentoe ‘n gladde rit wees en geniet die week XX

  5. elizac het gesê op September 20, 2010

    Ongelukkig is my liggaam geneig om oor te gaan na die simptomes wat as “ongewoon” gemerk is op die pamflette! Maar ek het nog niks oor hierdie gelees nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.