by

MôRE

September 16, 2010 in Sonder kategorie

So môre is chemo ag. Ek bly maar bietjie bang vir die naalde, maar dit is hopelik die laaste keer vir die res van my lewe. Praat vanaand met ‘n vriendin wat verlede jaar deur dieselfde storie is. My vraag bly: goed, dis nou verby, maar hoe nou verder? Die drama van mastektomie en chemo en newe-effekte gaan nou nie meer sigbaar wees nie. Nou begin ‘n stiller drama wat heelwat minder opsigtelik gaan wees: die opvolgbesoeke, die wag vir uitslae, die pille vir vyf jaar. Klaarblyklik maak die Tamoxifenpille ‘n mens ook moeg, maar nie so moeg soos die chemo nie. Elke mens se liggaam reageer egter uniek, so niemand kan sê wat gaan gebeur nie. Op hierdie stadium weet ek ook nie wanneer dit gaan begin nie, want ek is nog op Zoladex, daai pilletjie wat hulle elke drie maande in my maag plant om my hormone hok te slaan.

Op hierdie stadium moet ek dus net voortleef deur die diagnose en die gevolge. Soos iemand op Breastbuddies gesê het: daar is lewe na/met kanker. Niks het verander nie. Ek is nog ek. Ek sal nog steeds in my klasse optree met hart en siel. Ek sal nog steeds grappies maak en snaakse dinge sê en doen. Maar daar het ‘n ander dimensie bygekom.

Ek sou so graag wou hê dat almal met wie ek in aanraking kom, al is dit op papier, sal begin om eenvoudig elke dag te leef sonder vrese vir môre en sonder om die hele tyd agtertoe te kyk. Toe ek vir my mastektomie gegaan het, het iemand hierdie boodskap vir my gestuur:

I was regretting the past and fearing the future.

Suddenly my Lord was speaking:

“MY NAME IS I AM”.

He paused. I waited.

He continued, “When you live in the past

with its mistakes and regrets,

it is hard.

I am not there.

My name is not I WAS.

When you live in the future,

with its problems and fears,

it is hard.

I am not there.

My name is not I WILL BE.

When you live in this moment

it is not hard.

I am here.

My name is I AM.”

 

Dit het gehelp om my rustiger te maak. Dit help vandag steeds as ek oor môre begin kommer en vergeet om in vandag te leef.

5 antwoorde op MôRE

  1. Sterk staan, Elizabeth!
    Dink aan jou en dra jou in my oggendgebede op aan ons Heer. HY IS – ek weet.
    xxx

  2. TS het gesê op September 17, 2010

    Dink aan jou… Sterkte.
    Sal weer kom kyk hoe dit met I AM gaan…

  3. Sterkte en beterskap!

  4. Hallo Elizabeth. Goeie inskrywing. Soms wens ek ek het woorde gehad vir iemand wat gaan waardeur jy gaan, woorde wat meer is al leë woorde. Gelukkig lyk dit vir my jy het reeds ‘n anker…

  5. elizac het gesê op September 19, 2010

    Ja, my geloof hou my aan die gang. Weet nie hoe mense daarsonder nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.