by

NOU’T EK SO BAIE DINGE WOU GESê HET….

September 14, 2010 in Sonder kategorie

…. dat ek nie kan onthou wat ek wou gesê het nie! Ek draai weer diè week ernstig briek aan, maar ek sing ook: oompie trap die orreltjie dat ons vinniger kan ry. Môre bloedtoets en Vrydag die LAASTE CHEMO! Vrydag is die laaste chemo! Vrydag is die laast chemo! Vrydag is die laaste chemo! Ja tralala tralalalala. Ek gaan die antie wees met die pienk pruik. Wag tot so kwart oor tien voor jy kom kuier, want ek sal dalk skree voor daardie tyd, en jy wil nie ‘n antie met pienk hare en rooi wange sien nie.

Kan julle dit glo? Voor in die wapad brand ‘n lig, en al dergelike dinge.

3 antwoorde op NOU’T EK SO BAIE DINGE WOU GESê HET….

  1. Ek is so bly saam met jou! Rus, herstel, troetel jouself so ‘n bietjie. Geniet die vooruitsig van ‘n lewe sonder chemo.

  2. Baie, baie sterkte Elizabeth. Ons kykuit vir jou met die pienk pruik.

  3. Ek yippeee saam met jou, Elizabeth!
    xxx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.