by

AL WEER HARE

September 8, 2010 in Sonder kategorie

Ek dink ek het goeie nuus, maar ek gaan dit nou baie saggies sê, want ek is bang dis nie waar nie: ek dink my hare is besig om terug te groei!!! Dis nou omtrent al ‘n week dat my kop vol donse is. Nou ja, my kop was nooit heeltemal kaal nie, maar daar was min hare oor. Nou lyk dit of my hele kop oortrek is van sagte, donker donse. Ja, die grys hare is ook nog daar, maar die donker donse is steeds meer! Ek begin ook wenkbroue kry: sulke kort stoppeltjies wat in die middel begin uitgroei.

 

Ek weet nie wat dit beteken nie, want ek weet nie of die stoppels dalk net tot ‘n punt gaan groei en dan gaan stop nie, en of hulle dalk weer met die volgende chemo gaan uitval nie, maar daar is definitief lewe!

 

Ek’s amper te bang om te sê, maar dit voel tog asof normaliteit net om die draai is…

5 antwoorde op AL WEER HARE

  1. Druktyd het gesê op September 8, 2010

    Ek het ook al gehoor dat ‘n mens se hare so mooi teruggroei! Ek is so bly vir jou, al ken ek jou nog nie!

  2. dis goeie goeie goeie nuus…..:)

  3. Hulle gaan kom.

  4. elizac het gesê op September 9, 2010

    Jis!

  5. elizac het gesê op September 9, 2010

    my kop lyk asof dit met ‘n nr een bygekom is!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.