by

BRIEF DRIE-EN-TWINTIG: VAKANSIE IN KOREA (6) – op soek na modder

November 15, 2009 in Sonder kategorie

(vervolg van 5)

Die volgende oggend staan ek met toebroodjies in tinfoelie en ‘n sak gepak met ekstra kleertjies op. Vandag gaan ek Daecheon Strand in die Gongju provinsie besoek. ‘n Regte somervakansiemoment.

By die kaartjieskantoor aangekom  om die buskaartjie te koop, dui die nie-Engelssprekende kaartjieskantoordame vir my aan dat die rit vier ure sal neem. In my kop stry ek met haar dat Sok Jin gesê het dis ‘n twee uur trippie.  Ek is egter vas van plan om die Daecheon ding te doen en redeeer nie verder met haar nie – vier ure al dan nie.

Die busbestuurderomie kam sy hare elke halfuur en laat dink my aan my eie pappie.

Ek hou die padtekens met arendsoë dop – vresende vir ‘n Icheon/Incheon herhaling.

Elke dan en wan verander die spelling van Daecheon Strand op die naamborde. So ry ons van Dae Chuon tot Dacheon tot Taechon, wat alles op dieselfde naderende plek dui. Op ‘n stadium sien ek geeneen van bogenoemde padtekens nie en die bord sê: Socheon.

Ek kry Icheon/Incheon-ritteltit en is seker dat ek vir vier ure in die verkeerde rigting ry.

Die aanvanklike aantrekkingskrag van die Dacheon Strand is dat dit Suid-Korea se eie dooie see is. Swart modder word uit die see en omliggende standgebied gegrawe en beloof om helende inhoude en genesende krag. Ek sien my vel nog gladder gloei na die Daecheon-trippie van ag ure soontoe en terug later.

Uiteindelik, na die busbestuurderomie sy hare vir die dosynste keer gekam het, trek ons by ‘n landelike busstop in.

(word vervolg)

5 antwoorde op BRIEF DRIE-EN-TWINTIG: VAKANSIE IN KOREA (6) – op soek na modder

  1. louisna het gesê op November 15, 2009

    Ouboet jnr is op die kortlys vir ‘n jobbie in Korea. Sou hy dit maak, hoop ek hy geniet dit soos jy.

  2. Het sopas weer bietjie opgekom vir asem (en ‘n bietjie lees) – ja, ek is darem nog hier! Dit raak nou ernstig tyd vir daardie lank verwagte koppie tee. Groete!

  3. alispuy het gesê op November 27, 2009

    Janee! Ek’s bietjie verveeld met die blogs. Niemand baklei met iemand nie, en almal blyk sober te wees!

  4. alispuy het gesê op November 27, 2009

    Open mind and open spirit…

  5. louisna het gesê op November 28, 2009

    Thanks.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.