Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

by elizac

BRIEF NEGENTIEN: BABELSE WINDEIER EN ANDER HOOGTEPUNTE (1)

Augustus 31, 2009 in Sonder kategorie

From: “johannes lochner<”j_lochner@hotmail.com>

To:       avdspuy@indlovu.bortech.ac.za

Subject:           BABELSE WINDEIER EN ANDER HOOGTEPUNTE

Date sent:        Monday, 25 June 2001 11:43:37

Liewe verre familie en vriende

Anyong haseyo! Anjeseyo! Obso?

Wel, as julle g’n toet of blaas verstaan nie, dan verstaan julle nou hoe ek soms in die babelse verwarring van meertaligheid en geentaligheid voel. Die meeste van die tyd is dit op ‘n amusante manier bevrydend om nie-talig te kommunikeer, want dit dwing jou tot die essensiële van dinge. Dan is daar net soms hierdie volmaan, hormoonwanbalansdae wat gebare en intuïsie en snuif met oopgesperde neusvleuels en trillende voelend met vibrerende snorbaarde in die energielaaiende atmosfeer van vreemde, ongeïnterpreteerde woorde, effe kortskiet.

Al wat dán tot my sieleredding kom, is om die obskuriteit van dit alles blootvoets in die oog te kyk en uit die punt van my hart my halfpap en slap te lag.

Só besluit ek en Pieter die ouere om die naweek buite die grense van Seoul te gaan ontgin. Pieter lees iewers van ‘n stad wat as die pottebakkeryhoofstad bekend staan – en, gevoelig vir die skone in die lewe, voel hy die belusting om die potjies en bakkies en ander ware van gekleide huis en haard te gaan besigtig.  Hy vra of ek nie wil saamkarwei nie, en die gipsy in my klap hande en ek vra vir Sok Jin watter busstop en hoe en waar en Saterdagmôre is ek en Pieter in ons twee aparte huise met hoenderhanekraai douvoordag soos twee ou Namakwalandse boere op en wakker en reg vir die rit.

Ek was nog sommer wasgoed voor ek vir my mooimaak en vee die vloer en net vordat ek nog skaap wil slag en brood wil insuur, lui die telefoon en Pieter sê: waar’s jy? Ons ontmoet voor die gebou waar ons werk en neem ‘n bus Techno Mart toe. Voor Techno Mart aangekom, loop ons kruis en dwarsoor die hoofpad op soek na een van Seoul se vier hoofbusterminusse. Pieter por my aan om die kaartjies te gaan koop, want sy draad is kort wanneer dit by gebrek aan taligheid kom.

by elizac

BRIEF AGTIEN: VEELS GELUK, LIEWE JOHANNES! (3)

Augustus 31, 2009 in Sonder kategorie

My tweede stop is by die Seoul Toring. Die omgewing herinner my aan Lion’s Head naby die universiteit van Kaapstad: groen en boomryk, met steil, klein bultjies en looppaaie vir vars lug en diep inasem.

‘n Jong Koreaanse kannetjie ry verby my op sy resiesfiets. Halfpad ten die built uit op, wankel hy van die fiets af. Dis te steil om te ry.

Hy kyk my met help! Skrefies-oë aan.

Al stotende aan sy fiets loop die twee van ons saam-saam die bult uit. Bo-op die bult kom sê sy instrukteur: thank you for your kindness en ek voel of ek ‘n rpesent gekry het.

Seoul Toring kyk oor die hele Seoul uit. Myle en myle van uitsig oor rooi teëldakhuise en lowergroen bome en heuwels en koppies en berge. Ek neem die hyser tot by die uitkykpunt en probeer die grootsheid en intensiteit van my nuwe stad van liefde en toegeneentheid en seën op seën en meer liefde ervaar. Die surrealisme van Seoul oorweldig my nog steeds – asook die oorhoeveelheid van alles. Op ‘n bewuste en onbewuste vlak sny ek dit some nog fisies en geestelik uit my bewussynswêreld uit.

Skielik is ek poot-uit en lekker-slap-van-spier en vaak verjaar.

Af met die bult, mineraalwater in die hand, gaan wag ek vir die bus om te kom. Omring deur Amerikaners en Koreane Korea aan’t ontdek, bestyg ons die koel kamer van ‘n baarmoeder van ‘n bus. Ry ons veilig en vreugdevol voort. En ek word al hoe nuuskieriger en reisvaardiger en my vlerke groei soos ons ry, soos ek my kop en hart van nuwe ontdekpunt tot nuwe ontdekpunt bevry.

Skielik is ek nie meer vaak nie. Ek maar kringe en skryf storietjies op die kaar voor my. Dít wil ek weer sien en dáárnatoe kom ek weer.

Ons ry verby paleise waar die koninklike wagte besig is om hul roetine te verander. Vir die eerste keer sien ek baie mans met baie baarde.

Ons ry verby glansryke hotel na glansryke hotel met ‘n asembenewende uitsig oor Seoul en al sy fasette. Ons ry verby mark na mark na mark. Rustig en bevryd gery klim ek by die Kyobo Boeksentrum af. Ek koop vir my ‘n musiekdingetjie vir my verjaardag.

Terug op die pers lyn op pad Cheonho toe, klim ‘n blond meisie met turkoois skoene op die trein. Verskoon tog, sê sy, maar waar kom jy vandaan? Suid-Afrika, sê ek. Is jy seker jy’s nie Duits nie? Sê sy, en nee, sê ek, dis my verjaardag. Maar veels geluk! Sê sy, en hoe oud is jy? Maak my dag en raai, sê ek, en sy raai: ag-en-twintig en maak my dag.

Twee ure later sit en drink ek en Anne van Wellington in Nieu-Zeeland nog steeds iewers in ‘n Koreaanse restaurant groentee en ons praat en praat en praat asof woorde vir die eerste maal nuut en herontdek word.

Die heelal is vrygewig en mildelik sag in sy seën met die inhoud en vorme van verjaardaggeskenke voor die deur van ‘n vreemde bekende in ‘n nuwe, oorbekende land van my hede.

Dit is ook vandag my drie maande viering van my nuwe, ryker, praktiese, geseënde, volprese bestaan in Korea. Oor ‘n week en ‘n half gaan kyk ek na die drie tenore, Pavarotti, Domingo en Carreras. Dis my verjaardaggeskenk aan myself by gebrek aan my eie verhoog en mikrofoon. Hie hie hie.

En nou  loop die uur uit en wil ek, voor die naglug van my verjaardag asem uitblaas, ‘n brood gaan koop, my kerse opsteek en diep en baie rustig en kalm asemhaal en mediteer: ek is bly dat ek lewe.

Liefde

johannes

by elizac

BRIEF AGTIEN: VEELS GELUK, LIEWE JOHANNES! (2)

Augustus 30, 2009 in Sonder kategorie

  Sondag: vanoggend staan ek douvoordag op. Ek steek sewe kerse met sewe seënwense vir liefde en gesondheid en rykdom en stille berusting en aanvaarding an altyd alle uitdagings oorkom tot op die punt waar dit lieflik en loflik en grootser en groot is, op. Die laaste een steek ek vir nog meer onvoorwaardelike liefde tussen my en jou en ons en julle en almal op.

Ek lê in die helende lig van die kerse.

Ek dink oor alles wat mooi is.

Ek baai in die lig van liefde.

Op staan ek.

Op uit myself.

Tot in en omring deur die hoogste vibrasies van liefde.

Vars en fris en jonk van lyf spring ek uit die badkamerkas. Ek trek my sagte, grys hempie met my swart kortlangbroekie aan. Ek klee my voete in my nuwe Italiaanse muf-olyfgroen tekkietjies. En met een van my onderwysersdag geskenksakdoeke om my kop geknoop, is ek reg vir die avontuur en ongekende, maar veelverwagte geskenke wat uit die dag van my verjaardag gaan ontvou.

Ná ‘n mieliebrood en bevrore piesang ontbyt, neem ek die subway tot in die middestad. As deel van die bevordering van toerisme ry daar ‘n bus deur Seoul wat by ag-en-twintig besienswaardige punte stop. Ek het al lankal lus vir die bus en dis dus my verjaardagpresent aan myself.

O, die gipsy in my is gelukkig as my lyf skud en skommel van om nuwe en ver paaie ry!

Die bus ry vir twee ure ank, maar jy kan met een kaartjie op- en afklim soveel kere soos jy wil. My eerste stoppunt is by ‘n tradisionele vallei in die middel van die stad. Die hele gebied het behoue gebly met dieselfde uitleg soos wat mense ‘n honderd jaar of wat gelede geleef het. In die binneplein is daar vierkantige goiingsakke, styf gestop, met houtplanke daaroor gebalanseer. Kinders, en ook moeders en vaders saam met hulle kinders, spring op en af op die punte van die planke – en siedaar! jy het ‘n tuisgemaakte wipplank.

Naby die woonvertrekke van die tradisionele huis is ‘n trouprosedure aan’t voorberei. Ek loop verby ‘n oopgegooide deur waar ‘n groep vroue, geklee in tradisionele pepermentgroen en kersierooi en viooltjiepers/blou die bruid van die grond af ophelp om selfstandig in haar bonkige trourok op haar eie voete te staan.

Namsangol – tradisionele Koreaanse vallei: omring deur plate waters en ‘n opelug teehuis met die warm, klam, Koreaanse son in die midel van ‘n Seoulse somersdag.

by elizac

BRIEF AGTIEN VEELS GELUK LIEWE JOHANNES 1

Augustus 29, 2009 in Sonder kategorie

From: “johannes lochner<”j_lochner@hotmail.com>

To:       avdspuy@indlovu.bortech.ac.za

Subject:           My verjaardag

Date sent:        25 June 2001

10 Junie 2001

Liewe kosmiese familie

Vandag was my eerste tropiese, warm en humiede verjaardag vandat ek in die middel van die winter op ‘n reënerige oggend in Vredendal gebore is. Verlede jaar het die reën so mildelik op my stukkie verjaardagaarde neergeval toe my gaste opdaag, dat ons almal se ontwerpersklere eers oor ‘n stoel moes hang om droog te drup en net dié met waterdigte grimering kon met vlekkelose gelaat die res van die partytjie geniet.

Gisteroggend het een van my kollegas, Pieter die ouere, vir my ‘n verjaardagontbyt gegee.

Dit was op velerlei gebiede ook ‘n eerste vir my.

Eerstens het ek toegelaat dat iemand anders my vermaak, waar ek gewoonlik met vorige verjaardae so woes kook en skrop en skuur, dat ek nog met die stortkep op my kop die kombuisvloer was wanneer die eerste gaste opdaag.

(Dis nou behalwe die keer in die geel huis in Observatory to my vriendin, Colette, al haar Kook en Geniet-briljanthede uitruk en berge en borde en skinborde vol kos uit die prettigste en pragtigste kamers van haar hart uit opdiep, wat ‘n hele leërskaar van Jong Dames Dinamiek dames groen van jaloesie sou laat word.

Of dis nou ook behalwe die keer wat my Franse vriendin, Laure, my uit die huis jaag en my mure met dosyne rooi rose, in die vorm van harte, versier.

En ja, dis nou behalwe die keer wat Rebeka ‘n koek uit haar kamer gaan opdiep, wat besig was om te smelt onder die aandag van al die dertig of meer kerse.

En dis beslis behalwe die keer toe my twee sustersvriendinne, Marianne en Stehanie, vanaf die ander kant van die wêreld tot in die Paarl kom ry, om my verjaardag saam met my te vier, nadat ek my sonder huis of haard, pas geskei van die skoot en arms en hart van Johannesburg, bevind het).

Maar vir die res van my verjaardae was ek beslis aan die skrop en skuur en huppel en pronk en prut van die plesier van dinge.

Wat ook onomwonde ‘n eerste ervaring vir my verjaardagontbyt was – en in dié geval het dit geen byskrifte, naskrywes, stories of stertjies nie – is dat al my gaste gister van die manlike geslag was. Ek neem aan dis ‘n kompliment aan Koreaanse mans. Hie hie hie.

Daar sit Johannes en sy feesvierende Koreaanse maffioso om Pieter se houttafe en verslind lae blaarslaaie, bloedrooi blosende kersietamaties, ingevoerde boepensvet swart druiwekorrels en suikersoet skywe piesang met gebraaide rys gemeng met okkerneute en bruin blokkies uie.

Die manne het een of ander vleisdingetjie wat die rondte doen en ter nagereg sirkuleer ek die gilly bars wat Colette vir my van Suid-Afrika aangestuur het.

Ons drink ‘n heildronk met lemoensap en water.

Op die tafel brand kerse van vanilla en peperment. En Chopin speel op twee klaviere.

Gisteraand kom lees ek my verjaardagboodskappe.

En iewers kom ‘n mooi en medemenslike eenvoudige, sterk en brose hartseer in en uit my op. Dankie, Stephanie, vir jou vry galloppende vers. Dankie, Marida, vir jou familieboodskappe van toegeneentheid en liefde. Dankie, ma en pa, vir my verjaardagete wat ons saam in die gees kan geniet. Dankie, Colette, vir jou koek-en-muis kaart. Dankie, Sanet.

En dankie, ma, verjaardagoproep later, vir die lysie gelukwensinge. Dankie, Rebekah, vir die kopstimulerende kaartjie vir die gemini-energie en dankie, Estelle, vir gelukwensing uit Londen en dat jy my nooi om te kom kuier. Dankie, Irize, vir die verjaardaggeskenk van jou vrugbare, geseënde geheim met my deel.

Dankie.

Dankie.

Dankie.

by elizac

BRIEF SEWENTIEN: MET LIEFDE OP MY VERJAARDAG (10)

Augustus 28, 2009 in Sonder kategorie

En hiermee wens ek ook aan elk van my mede-gemini’s die energie van onvoorwaardelike liefde en die vreugde van persoonlike verantwoordelikheid en die bevryding van keuse en ek stuur vir julle lig en liefde en sitlle aanvaarding en nog meer durf om nog meer te oorkom en intens-dawerende avontuur van voluit lewe en oordonderende applous en nog meer trompetgeskal vir heldhaftigheid om elek dag met oorgawe in te asem en voluit te leef: Marida, Eric, Ian, die nuwe baba, Nikita, Ina, Melody, dr Anna….

And lastyly, thank you to Graham for so generously playing with us – affirming our creativity, assisting our healing.

Thank you to Eldrid and Ohna, Anna-Mart and Antoinette, Sally and Lynette, Louna, Marina and Ian and all the beautiful, crative, gentle, strong women of Vredendal and beyond for their trust and care and support and empowerment every and at all times when I needed their healing embrace through words and prayers and listening ears and practical support.

Thank you to Rika and the young poeple, teachers and Chris from Lutzville – surrounded by the vineyards and the harsh, but beautiful, country sun. You are in my heart, wherever I walk the earth as my heart beats: thank you, thank you, thank you.

Thank you to Desiré and Stephanie Lutz and Jeanne.

Thank you Christiaan.

Thank you to the elderly people in Vredendal se huis vir bejaardes.

Dankie aan die Kontrei vir nuus aanstuur van berg tot woestyn tot wingered tot rivier.

Thank you to Martie and Albie.

Thank you to Yvonne.

You all taught me a lot.

Dankie, Jaco, vir geleende komberse en familie reddingstogte. Dit maak ‘n verskil.

Thank you to each and every person who wrestled with me, challenged me, cried with me, laughed and loved with me.

Thank you to beautiful Stefan in his ever present absence.

And thank you, Vredendal, for giving me verbal caress. And thank you, South Africa, for guiding me towards world citizenship.

Thank you, my skin, for helping me to expres the power of myself and for selfprotection. Thank you to my pancreas for bringing sweetness and grounded freedom into my liefe.

Thank you, my family, for giving me individuality. Thank you for risking, daring, celebrating life in its birthdays and funerals, wedding anniversaries, hospital visits, divorces, ordinary teas, through sickness and health, seperation and laughter and sadness and love.

Thank you, my parents, for health and wealth and courage.

 Thank you, universe, for having guided me towards self-acceptance and functionality and love for myself and others. For giving me grace and time ot overcome towards health and wealth and movement and space. For my maturing spirit, taking responsibility for my choices – dealing with them through little steps in the here and the now as a loving, breating, changing, celebrating, growing, glowing expresssion of the highest vibrations of love.

 And thank you to my therapist, Fen.

I love and care for you all, as I love and care for my eternal spirit.

Loving and thanking you – always:

johannes

by elizac

BRIEF SEWENTIEN: MET LIEFDE OP MY VERJAARDAG (9)

Augustus 27, 2009 in Sonder kategorie

Tannie Willie

Dankie dat ek jou kon leer ken as elegante, intelligente, warm en jeugdig van hart en verstand en siel. Ek dink aan jou met baie lig en liefde waar jy die uitdagings van jou liggaam elke dag oorkom en ek weet dat jou kop en gees nog steeds jonk en jeugdig en vol avontuur en humor is. Dankie dat jy altyd omgee en wonder en uitvra.

Ek stuur vir jou liefde en vrede wat alle verstand te bowe gaan en hope binnepret.

Liefde

Johannes

*

John: dearest John

Thank you for having touched my life when you were a mere 19 year old man, starting to risk the adventure of living, loving, breathing life.

Thank you for motorbike rides into the South Africa sunset, helping me to breath and feel and clear my cluttered head.

Thank you for simply giving me the key of your house with its music and safety and gentle energy – trusting me unconditionally to be there, rest there, live there, love there.

Thank you for celebrating my life with me, driving in your white horse convertable – feeling like a star on the way to the movies.

Thank you for wala wala prospects one day.

Johannes (John)

*

Dr Anna: my liewe, liewe, dierbare dokter Anna

Nooit sal ek genoeg, innig genoeg, mooi genoeg, deurvors en sterk genoeg, woorde hê om vir jou dankie te sê nie.

Dankie dat jy keer op keer vir my ‘n vel en gegrondveste suikers en energie en immuniteit teen die lewe gegee het.

Dankie dat jy my gehelp het om my voete plat op die aarde te kry.

Dankie en dankie vir vlerke en Korea en luister en luister en luister en geduld en jou besonderse gekultiveerde elegansie en intellek.

Dankie vir jou tydloosheid.

Dankie dat jy jou eie avonture aandurf en ander inspireer om dieselfde te doen. Dankie vir elke helende en ondersteunende stap wat jy teenoor jou gemeenskap en die heelal neem.

Dankie

Dankie

Dankie.

Liefde:

Johannes

*

by elizac

BRIEF SEWENTIEN: MET LIEFDE OP MY VERJAARDAG (8)

Augustus 27, 2009 in Sonder kategorie

Lene: thank you, my dearest friend lene, for sitting with me on high walls in front of the house in Observatory, looking at the world from a different angle, encouraging me to have the courage to overcome my fears and follow my desires.

 Thank you for believing in me and supporting my creativity and for being creatively pragmatic, creating moneymaking project after moneymaking project, helping us grow both spiritually and materially.

 Thank you for opening up your house to me time and time and again. Tank you for your sensuality and the intensity of colour and laughter and happenings you bring to life.

 I think of you, vegetable pie in hand, dressed in purple, sensual velvet, flying over to Korea, celebrating life with me.

 Love

Johannes

 *

 Laure: and when I think of your laughter and your smile and the happy life-giving energy that you radiate, my heart breathes love and more love for life.

 Thank you for having touched my pathway with hearts of roses and sounds of gentle, happy music and little notes saying: I know you can.

 And we did. And we do – live, live, live – this adventure called life!

 Thank you

 (and I forgot how blue your eyes are. Blue they are indeed. Just beautiful and intense and blue).

 Johannes

 *

 Zoya kelebogile segona:

Thank you for having shared with me your achievements of songs written, poetry published, love found and lost.

 Thank you for sharing your gentle self with me. Thank you for having been there for me through your empowering word, through your beautifully intense letters, always letting me know that I am loved and appreciated at a time when I needed it most.

 Thank you for making me feel important and special through my very own space that you have created for me in your heart.

 I think of you in love and power and strength and good vibrations and soft embrace.

 Mr Lochner

 *

 Salomé, Stuart and Jody

 My dearest, most beautiful family.

 Wherever you are sailing, living your next adventure – running wild with the dogs, having pleasant little power struggles with Jody, buying armloads of food, cooking us festive meals just before sugars drop, laughing, risking, feeling, being beautifully supportive of each other – trying again and again to make life work according to you understanding of life: I love and thank you for driving my gemini energy around from shop to shop and for entertaining me with endless movies and for opening up your lives.

 One day we will share that ultimate diamond together.

 Love

 Johannes

 *

 Estelle: How happy I am that we met again and will meet again and everytime we will be stronger and more whole and complete for it – opening up to love and life and the spirit of healing and trusting and growing.

 Thank you for so generously giving to me. Thank you for your support in bringing me here to Korea. Thank you for allowing me to see you grow in elegance and wealth and commitment to others. Thank you for being awake with me to the gifts of life and the beauty life offers when you expect it and when you least expect it.

 Thank you for your ‘sisterhood’.

 Johannes

 *

 Gigi: how can I ever thank you enough for believing in me? For supporting me – emotionally, financially? How can I thank you enough for celebrating me just as I was, when I was living through my bleakest and darkest moments?

 Thank you for your human, warm, soft embrace. Thank you for sharing your mind and respecting my thoughts and words and intellect.

 Thank you for always making me feel special and for comin to visit.

 We’ll see again – I know we will.

 J

by elizac

BRIEF SEWENTIEN: MET LIEFDE OP MY VERJAARDAG (8)

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

Sophie: hoe sal ek jou ooit kan bedank vir die onbaatsugtige, moeitelose liefde en ondersteuning wat jy oor ‘n leeftyd in my belê het?

Dankie.

Dankie vir jou elegansie, vir jou tydlose gees en warme medemenselike omarming deur ‘n luisterende oor, tee in die hand en die huislikheid van jou kombuis of voorkamer of kleurige, feestige doekies op die agtertafel in jou tuin.

Dankie vir jou onvoorwaardelike, praktiee bystand en geloof en ondersteuning.

Dankie dat jy selfs ook nou ‘n mondstuk tussen my en my ouers is en so kommunikasie tussen ons laat bly vloei van liefde en nog meer liefde – van krag tot krag terwyl ons nog in die aardse vorm die voorreg het om ons lewens deur e-mail snippets te deel.

Dankie dat jy jou hare grys en elegant laat groei en dat jy vaardig en vinnig en beheersd op fietse jaag en ook van fietse afval en dat jy soms praat en praat, en vir jou humorsin en die glim in jou oog en dat jy ook agter jou bakhand ‘n ou ongewenste storietjie kan fluister – meer as mens en tog mens terdeë.

Dankie.

Ek is lief vir jou.

My tweede moeder op Vredendal.

J

*

Kerstin: thank you for still sharing the adventure of your life with me from France to Italy to Spain to America to Germany and back to you new home in America, though we have not seen each other for – what? Almost five years now.

Thank you for leaving me with that last soft glowing moment of your radiant cheeks, white, bright smile, waving goodbye at Observatory station – blue African beads in hand.

I know we’ll meet again.

Johannes

*

Patrizia:

Thank you for opening up and offering your home in Holland and your friendship all over the world from the moment we met. Thank you for your sense of humour and thank you for also finding my tongue-in-cheek words and observations funny and worth laughing about.

Thank you for little updates throug e-mails of your life and love and times.

Thank you for living life with passion and compassion.

Johannes

*

Rebekah:

And as you said at my last birthday when we had to give compliments – it should be the easiest to say wonderful and beautiful words of soft embrace to each other, because we know each other better than most, but because we know each other so well, it’s far more challenging to speak the layers of a lifetime.

What to say? What to trust we instinctively know?

Thank you for living with intensitiy – aiming towards achieving the truth as you see and understand it. Thank you for being able to share your vulnerabilities, but to still be strong enough to open up even more – though ideally you would like to hide or disappear.

Thank you for your beauty – both of body and spirit. Thank you for the power of your mind. Thank you for having touched my life to become more loving towards myself, to become more independent in my relationship towards others, to take responsibility for my spiritual and physical challenges and choices.

Thank you for having married and divorced me.

I love you and thank you

Johannes

*

Inka

My dearest friend with the gentle, self-contained energy and memories of at-the-back-of-the-red-bakke-on-the-way-to-Landudno moments and celebrating life in the yellow house in Observatory through red rose petals, making fires, buying first dresses and being naked on beaches and nakedly funny in front of camera lenses.

Thank you for having touched my life through your honesty and intensities, through you openness and yet always being a little out of reach – making you even more attractive.

I am glad I found you back again.

One day wil will still run through Berlin together: breating life, laughing life, living life – as we do.

Love

Johannes

by elizac

BRIEF SEWENTIEN: MET LIEFDE OP MY VERJAARDAG (7)

Augustus 25, 2009 in Sonder kategorie

Boitumelo: my dearest, fellow, young, beautiful, vibrant gemini and student of almost a decade ago now. Thank you for having cared for me through your affirming words in your many letters from Johannesburg, always reassuring me of your care, of your believe and trust in me at a time when I had very little to give myself or the rest of the universe.

Thank you for once confronting me by saing that all my words of encouragement and challenging others to empower and overcome is indeed worthless, if I cannot apply them to my own shadowns and despair.

That surely woke me up and made me grow and transform with leaps and bounds and still does.

Thank you for having written to me about your personal growth and fears and worries and happier loving human moments, since your were just starting you teenage years up to the point where you are turning 21 (!) this month.

I think of you in love and light and functionality, surrounded by people who appreciate your creativity and sensitivity, your intellect and charm and beauty. I see you surrounded by wealth, in great health, in a beautiful safe space of your own – driving a bright red powerful convertable – feeling completely in charge.

I do care for you.

Love:

Mr Lochner

*

Sanet: hoe bly is ek nie dat ons ontmoet het nie. Kortstondig, dog innig en oop en eerlik.

Ek ken jou nou reeds oor ‘n leeftyd van drie maande omdat jy die durf het om uit die diepste, mees intieme plekke van jou hart jou besonderse mense wees te deel. Danki vir gaan loop verby die wingerde, verby blaffende honde, verby die skroeiende Paarlse son, met soveen intensiteit en deemoed, dat tyd en plek stil gaan staan en ons harte saam oor ons vreugdes en uitdagings en verwarrings en liefdes as mense op die aarde kon klop.

Ek wens vir jou die daaglikse versekering dat jy goed genoeg is, net omdat jy is.

Johannes

*

by elizac

BRIEF SEWENTIEN: MET LIEFDE OP MY VERJAARDAG (6)

Augustus 24, 2009 in Sonder kategorie

Ali: hoe bly is ek nie dat ons weer ontmoet het nie. Dat ek jou sensitiewe, kreatiewe, medemenslike stem deur jou briewe en oproepe en internetkuiers en – soms – van aangesig tot aangesig, teruggevind het.

Ek sien alles raak wat jy gee. Mooi woorde. Brood en druiwe en ritte tot by die see. Gaan loop op die sand met baie woorde of in gemaklike stiltes van oor ‘n leeftyd mekaar ken.

Jy is mooi omdat jy omgee en weer probeer en rou en oop en eerlik is. Dankie dat ons tot op die punt van oopmaak en vertrouas volwassenes naderby en nog nader kan groei en heel.

Ek wens vir jou net liefde – veral vir jouself: vir jou digterstong, jou kunstenaarsoog, jou fyne humor, die instrument van jou skerp, geslypte brein, en jou bereidwilligheid om sal aan ander se wonde te smeer, al isi jou eie salfpot soms tot op die droesem.

Kom kuier. Ek sal jou in my arms hou.

Jou vriend:

Johannes

*

Amanda: my dearest kind and caring friend who so suddenly disappeared to London. How glad I am that I can say that your support of a place to sleep in your front room and practical support when I was in desperate need of kindness and care, indeed paid off. I can now share with you functionality, wealth and health and the power of living life in its light, from the highest vibrations of love – having overcome layers and layers of the shadows of the self – therefore being more whole, more complete, more conscious and more grateful for friends like you.

Thank you

I wish for you just love:

Johannes

*

Marianne: my liewe, dansende, walsende, singende, laggende, r-rollende, handeklappende, dubbeld-vou-soos-jy-lag vriendin van ver af en tog naby en digby in my hart: dankie dat jy in my glo as elegant en oulik en mooi en gaaf en slim en dat jy my stem en humorsin en hart en verstand en lyf waardeer.

Dankie vir jou lag wat uit die rou aarde uitkruip en oopsing tot by die verste einderkim van die skoonste, oopste, innigste, eerste môrelig. Dankie vir saam met my knibbel en knaag aan paradyskossies, maar ook aan die voedsel van die siel. Dankie vir briefherinnering met prente van avokadopere en piesangs en grondboontjies en growwe, grof brode as geskenke toegewens op my pad, saam met juwele van mooi woorde en liefdevolle mense, wat ons altwee mildelik verdien.

Ek het jou nog steeds lief as my liewer as liewe vriendin.

Johannes

*