Ongeskik!!!!

Liewe Mev, ek weet nie of jy nie vanoggend “I’ve got it all” gehad het, of jou man gisteraand laat by die huis gekom en en of jou hormone (eerder demone) dalk op loop is nie…

Al wat ek weet is, ‘n mens haal nie jou beste ongeskikste maniere op ander mense om jou uit nie – heng, kan ek jou dalk laat weet van ‘n kurses vir etiket by die werkplek of ‘n mense verhoudings kurses of nog beter sommer net ‘n kurses vir goeie blerie maniere??  Lyk my jy het vergeet wat jou ma jou geleer het.

Ek sal sommer namens jou die vorm vir die kurses voltooi.

Mag ek nooit op jou vlak daal nie.

Lekker lag ek nou…

Ooh, dis seker nou ‘n Dowwe Dolla oomblik.

Ek lees:  Bou ‘n SPUR Huwelik ipv Bou ‘n Super Huwelik – dit is nou as jy op 10 plekke gelyk  is.  Die bzzzzzzz van hordes studente in jo ore, ‘n moeder wat in is vir ‘n knie vervanging, ‘n oupa wat deurtrek is met kanker. Ooh ja en jy kom nounet van ‘n besoek aan Soweto, gelukkig was dit heel ontspanne want ek hoef nie self te bestuur nie… Jou denke is nie wat dit moet wees nie.

SO:  Vergewe maar hier Dowwe Dolla vir vandag.

Dit is ‘n Dolle Maandag.

Intussen probeer ek nog werk ook.

Besef

Vanoggend besef ek weer dat die blogs vir my ‘n soort van ontvlugting is.

As ek hier kom lees oor ander se dinge, probleme, seer en ook vreugdes, in kort, die soet en die suur van almal hier, dan kyk ek met ander oe na my eie dingetjies dan besef ek dat ek ook maar net ‘n “normale” mens is.  Al dink ek soms nie so nie. Ek sukkel soms as ek na my eie “strugle” kyk, dan voel ek so hulpeloos, so NIE normaal.  Sodra ek hier van ander kom lees maak dit weer net sin dat elke huis sy kruis het.

My grootste wonder op die oomlik is, wanneer is jou kind se optrede gewone tiener streke, gewone optrede waardeur elke tiener gaan en wanneer is optrede die van letsels wat omstandighede op haar gelaat het.  Ek sukkel, dis nogal ‘n stryd.  Wanneer manupileer sy die situasie en wanneer is omstandighede regtig die oorsaak van haar optrede… Dit maak dit moeilik om te weet hoe om op te tree, hoe om na die situasie te kyk en wat om daaraan te doen.  Ek sit in die donker, ek weet nie hoe om vrae te antwoord nie, ek weet nie waar om ‘n antwoord of oplossing te soek nie.  Ek bid maar net.  Ek weet ook nie met wie om daaroor te praat nie…

‘n Ma het toe NIE al die antwoorde soos ek altyd gedink het toe ek klein was nie… in elke geval nie DIE ma nie… 🙁

 

Ds Solly

Mense gons oor die Huis-Genoot se voorblad.

Skokgolwe trek deur die land.

Die media loop oor.

Ek wonder darem wat van hierdie storie gaan word.  Vyftig jaar later, op ‘n ouderdom van 85 moet hierdie man, sy vrou en familie hiermee konfronteer word. Dit is en bly ‘n NIE lekker storie – waar of onwaar.

Ek lees gisteraand mense se “comments” hieroor, sjoe my hare het regop gestaan.

http://mediaslutza.com/2014/01/17/huisgenoot-23-january-2014/

 

Friends

So gaan loer ek mos vanoggend na al my friends want ek mis deesdae so baie mense hier in die blog wereld.

Heng ek raak mos geheg aan mense, soms as ek nie kan slaap nie dan wonder ek, WAT het geword van die een en waar is daardie een en hoe gaan dit met die ander een.  Nou het van hulle wat ek so graag gevolg het, hulle lief, leed, vreugde, seer, berou, vreugde, pyn, teleurstelling, sukses…. ag so kan ek aangaan…. net eenvoudig ophou blog.

Nou voel dit soos ‘n boek wat ek nooit klaar gelees het nie, ‘n fliek wat ek nooit kla gekyk het nie en ‘n droom wat nooit klaar gedroom is nie…

Ek wonder oor die mense, ek gee om vir die mense en sal graag wil hoor dat hulle “ok” is en dat dit met hulle goed gaan… As dit dan die geval is dat hulle dalk steeds blog, wil ek dit weet… wens ek kon elkeen op sy skouerklop, aan die oortrek en se:  Kom sit nou eers bietjie hier by my en gesels….

Seker my eie lawwegeit – die dat ek so geheg kan raak… maar dit is nou maar my IS…. 🙁

Het mense GEEN IK nie?

Dit gons in die media oor die voorvalle in die wildtuin

Meneer en Mevrou die leeu is nie jou kat wat by jou huis op jou bank le nie

Ken jy die verskil tussen ‘n wildedier en ‘n troeteldier?   Enige dier in die natuur het ‘n instink, hy gaan aanval hy gaan bevoeterd raak, want jy “terg” hom jy kom te na aan hom.

Ek dink nie ‘n mens het ‘n TE hoe IK nodig om hierdie goed te weet nie, al het jy in die stad groot geword, heng man, word groot.

Ek kyk na die video op you tube – regtig.  Hoe dom WIL jy wees???

Die  registrasienommers is duidelik sigbaar, hoekom tree die park nie op nie???

Maar laat hulle ou “bloedjies” wat so (onder hulle toesig) by die venster uithang en foto’s neen nou iets oorkom, dan bollie hierdie ouers in hulle broek.

Dan moet die Leeu nou van die aarde afgevee word.  Nee wat ek voel jammer vir mense wat nie die IK van ‘n asblik het nie en nie die natuur kan respekteer en met verantwoordelikheid kan optree nie.

Kreatief – Blomme

Kyk  net hoe oulik is Wolkekind…

Sy maak hierdie mooi blomme, mens kan dit enige plekkie gebruik om ietsie op te vrolik. Op ‘n sak, handsak, jou denimbaadjie, enige plek. Dis lekker om te sien sy en Ousus kies om sulke kreatiewe dinge te doen en nie net heeldag voor die TV te sit of rekenaar speletjies te speel nie.  Ousus weef weer met penne.  ‘n Hele paar vrouens het nou al versoek dat sy vir hulle van dit maak.  Ek dra self myne, ook deur haar gemaak – trotse moeder!

 

20140104_114840 20140114_194046 20140114_202829

Kom deel – uitdaging

Ek wil nou nie op tone trap en inmeng met die blog uitdagings nie, maar ek wil graag van julle hoor.

So sit ons Sondag en gesels en my oom se dat iemand erens eenkeer gese het dat hy DIE wyse woorde van sy pa nooit sal vergeet nie:

“Mag ek NOOIT so arm wees dat geld AL is wat ek oor het nie.”

Heng julle is dit nie mooi/goed gese nie???

Nou daag ek julle uit, watter ware woorde wat jy by jou ma, pa, oom, tante, wie ook al, maak nie saak nie, gehoor het sal jy altyd onthou???

Ek sal, my pa se woorde altyd onthou:

“As jy nie iets goed van iemand kan se nie, bly dan liewer stil.”

En ma se woorde:

“Behandel ander soos jy graag behandel wil word.”

Hierdie is egter nie net my ouers se woorde nie, MAAR hulle leef dit ook.

 

‘n Opgewonde naweek

Ek wag net dat die klok 16:00 slaan dan gaan ek LiefsteD oplaai, my ou motortjie aflaai en met my nuwe motortjie wegry….

More gaan ek my hare lekker funky maak, lekker kort en hierdie keer hopelik ‘n rooi wat hou.

Sondag my nuwe wiele (Queen B) vir ‘n eerste langpad uitstappie Kroonstad toe vat om die kinders te gaan haal.  Ek kan nie wag dat hulle terug is nie – ooh hulle gaan sukkel om terug in ‘n roetine te kom en weer die stadslewe gewoond te raak.  Dit was nou meer as ‘n maand wat die stad se beton mure hulle nie vasgedruk het nie.

Die naweek is dus vol opwinding.

Mooi naweek vir julle almal.

Ooh ja, ek het my boude lekker gewip en amper besluit om op te hou blog met hierdie gesukkel.