En hoe lanklaas was ek hier

Ek wa so lanklaas hier, vanoggend gedink ek wil kom kyk of hier nog enigsins iemand hier is.  Zep het my nog laas gevra om saam te trek of erens anders heen te gaan saam met die meeste van julle.  Ek het nog nie eers tyd gehad om ondersoek in te stel nie.

Hier is dit TE besig en te bedrywig.  Tog wonder ek hoe dit met Tina en haar mense in die oord gaan en verlang ek sommer na meeste van julle.

Hoop dit gaan goed, as daar n maklike manier is van skuif laat my tog weet.

Nog bietjie van die aanloop na die begrafnis…

Gisteraand stuur ek die volgende sms:

Vanaand 13 jaar terug moes ek more geboorte gee aan ons eerste kind. Ek was bang, hartseer en verward… onseker oor die toekoms… vanaand 13 jaar later, voel ek PRESIES so… die Here weet ek het probeer.  Was seker maar net nooit bedoel om te wees nie.  Wil net dankie se vir my mooi kind.  Sy maak my grys maar eks baie lief vir haar.  Nou maar net vorentoe sonder verweite en sonder oordeel al is dit bitter moeilik.  Geniet haar more aand by jou.  Terwille van die kinders probeer asb eerder my vriend as my vyand wees.

***

Ek het gekies om hom nie te herinner aan die affair wat hy gehad het terwyl ek swanger was nie, ek het gekies om hom nie te herinner dat ek uit die huis getrek het en by my ouers moes gaan bly het toe ek 7 maande swanger was nie.  Gekies om hom nie te herinner dat ek hom steeds toegelaat het om by te staan met die geboorte, vandag 13 jaar terug nie…

Wat sou dit tog help om hom daaraan te herinner – ek het maar op my eie, eerder binnetoe gebloei.

Ek deel met julle…

Deur Benescke Janse van Rensburg

Op ’n dag word ’n man deur die koning van sy land ter dood veroordeel. Ten spyte van al sy pleidooie wou die koning niks weet nie. “Neem hom weg!” het hy beveel terwyl sy knegte die man sleep-sleep uit die vertrek begin verwyder het.

“Koning,” het die veroordeelde man vir oulaas oor sy skouer geskree, “as u my lewe spaar, sal ek u perd, daardie een waarvoor u so geweldig lief is, binne ’n jaar leer vlieg!”

“Wag!” het die koning tot almal se verbasing gebulder, voordat hy glimlag. “Toegestaan! Onthou egter, as die jaar verby is en my geliefde perd kan nie vlieg nie, hang jy!”

By die huis wou die man se familie bekommerd weet hoe hy beplan om die perd te laat vlieg. “Ag,” het die optimistiese siel geantwoord, “wie weet? Die onregverdige koning mag dalk die jaar sterf. Of die perd kan vrek. Of dalk, net dalk leer ek hom wel vlieg . . .”

Deur watter bril kyk jy na jou huidige siektetoestand, jou werkloosheid, jou finansiële krisis, jou rebelse tiener, jou gebroke huwelik, jou eensaamheid? Hoe praat jy daaroor? Ons ingesteldheid op die lewe bepaal ons woorde en ons woorde het ’n geweldige groot invloed op ons lewens.

Aanloop na begrafnis 2

Sy, die eens jong bruid kon nie meer… eintlik was sy steeds jonk

Het haar groot huis in die rykmans buurt, 4×4, mooi goed, groot tuin, boot, motorfietse, luukse vakansies en wat gelyk het na ‘n “lekker lewe” veruil vir ‘n twee slaaplamer woonstel.

Met slegs haar en haar kinders se klere is sy weg, nie ‘n lepel, kombers, bed, haardroer of NIKS, net klere.

Die gevoel was die van ‘n voeltjie wat uit ‘n hok ontsnap het… al moes die moeder hen nou heeltemal op haar eie na twee klein kuikentjies omsien was haar gemoed lig en haar verligting groot.

Dit was nie altyd maklik nie, stadig maar seker het dinge in plek geval, sy het weer mens geword, haarself geword… Ek-Myself geword.

Invloede, optrede en onsmaaklikhede was daar wel, maar dit kon nie meer SO aan haar vat soos vroeer nie – daar was afstand.  En ‘n gebreekte pant of is dit nou band…

en so leef meneer Haan en mevrou Hen toe nou elkeen hulle eie lewe in hul eie hok. Skrop bietjie hier en skrop bietjie daar… albei se lewens gaan aan en die kuikens pas ook goed aan.

Tot drie jaar later…

 

More is nog ‘n dag

Vandag het dan sy agterkant gesien…

Ek het nog nie lus om verder te skryf aan “die aanloop na die begrafnis” nie. Eerder lus om mense met hul Venter waentjie vol geld die see in te jaag, ja ek weet dit sal nie vir julle sin maak nie – sorry!

Dalk is ek more lus, of nie… wie weet.

Gelukkig is ek slim genoeg om te weet dat elke donker wolk ‘n goue rand het.

20131109_181312

 

 

Aanloop na begrafnis 1

Twee jongmense ontmoet mekaar… velief en verlore met ‘n aantrekking soos tussen twee magnete.

Dae word weke en weke word maande…

‘n Ring word gekoop en ‘n vraag word gevra later word ‘n belofte gemaak en einde 1998 lui die huweliksklokke.

‘n Jong bruid begeef  haar in ‘n groot stad, sonder enige vriende.  Dapper stap sy die pad, begin ‘n werk in die einste groot stad, ‘n werk heel anders as haar eie besigheid wat sy gehad het tot en met die trouklokke gelui het.

Die pad is soms donker en meeste van die tyd eensaam… alleen.

Al wat hierdie jonge bruid ooit in gedagte gehad het was ‘n familie, ‘n gelukkige familie, ‘n gesin onder een dak…. ma, pa en kinders.  Baie geld en rykdom was nooit ooit ‘n vereiste haar rykdom “wou wees” geluk, liefde, vreugde en VREDE.

Die maande het jare geword en toe word die eerste pienkvoet gebore… selfs dit was nie sonder smart.

Weer volg baie seer en baie smart…

Na nog maande wat twee jaar geword het, word die tweede baba gebore… gedurend hierdie swangeskap en die jaar daar na smaak die jong ma van twee vir ‘n tydperk van amper twee jaar, bitter min smart en hartseer. Alhhoewel die vergewe en vergeet van die verlede baie inspanning verg…

Drank het verdamp….. Sy proe die soet van dit wat kan wees.

maar toe weer nie vir lank…

 

Ek sien ‘n nuwe hemel kom… of hoe gaan die lied…

Dit is sulke regte begrafnis weer buite…

Erens, iewers reel iemand regtig ‘n begrafnis…

Ek hou begrafnis in my hart…

Ek hou begrafnis omdat my hoop toe dood is – eintlik was dit seker dood gebore…

Ek hou begrafnis oor dit wat ek die graagste uit die lewe wou he, wat my nooit ooit beskore sal wees nie…

My hart pyn, hy is seer, sien net swart en voel net smart…

Hierdie hart hou begrafnis sonder selfs ‘n begrafnis lied… te dood en donker en teleurgesteld vir slegs een musiek noot… nie eers ‘n vals noot

Die proe van ‘n stukkie hemel op aarde sal daar dan seker nie wees…

untitled