En hoe lanklaas was ek hier

Ek wa so lanklaas hier, vanoggend gedink ek wil kom kyk of hier nog enigsins iemand hier is.  Zep het my nog laas gevra om saam te trek of erens anders heen te gaan saam met die meeste van julle.  Ek het nog nie eers tyd gehad om ondersoek in te stel nie.

Hier is dit TE besig en te bedrywig.  Tog wonder ek hoe dit met Tina en haar mense in die oord gaan en verlang ek sommer na meeste van julle.

Hoop dit gaan goed, as daar n maklike manier is van skuif laat my tog weet.

9 thoughts on “En hoe lanklaas was ek hier

  1. Ek en ‘n klompie bittereinders blog nog hier omdat ons (ek ten minste) net nie kans sien om weer deur die rigmarole te gaan van ‘n nuwe blog te skep op ‘n ander plek nie.
    Ek hoop jy kom loer meer dikwels in en prober saam lewe in litnetblogs terugkry. Ek moet se dat die ouens wat nog hier rondkuuier nie ‘n slegte klomp is nie :o)

  2. heheheheh … die stomme Tina sukkel om in haar blog anderkant in te kom Dis reeds drie dae en dit voel soos Litnet. Ek tjommel ook nie regtig daar anderkant nie want dit te maklik om op FB te land… sien darem gewoonlik as jy hier rond lees.

    Vertel bietjie Hoe gaan dit met jou? Ek verlang ook na die tye toe jy/julle gereeld geblog het.

Los ’n antwoord.