Nog bietjie van die aanloop na die begrafnis…

Gisteraand stuur ek die volgende sms:

Vanaand 13 jaar terug moes ek more geboorte gee aan ons eerste kind. Ek was bang, hartseer en verward… onseker oor die toekoms… vanaand 13 jaar later, voel ek PRESIES so… die Here weet ek het probeer.  Was seker maar net nooit bedoel om te wees nie.  Wil net dankie se vir my mooi kind.  Sy maak my grys maar eks baie lief vir haar.  Nou maar net vorentoe sonder verweite en sonder oordeel al is dit bitter moeilik.  Geniet haar more aand by jou.  Terwille van die kinders probeer asb eerder my vriend as my vyand wees.

***

Ek het gekies om hom nie te herinner aan die affair wat hy gehad het terwyl ek swanger was nie, ek het gekies om hom nie te herinner dat ek uit die huis getrek het en by my ouers moes gaan bly het toe ek 7 maande swanger was nie.  Gekies om hom nie te herinner dat ek hom steeds toegelaat het om by te staan met die geboorte, vandag 13 jaar terug nie…

Wat sou dit tog help om hom daaraan te herinner – ek het maar op my eie, eerder binnetoe gebloei.

17 thoughts on “Nog bietjie van die aanloop na die begrafnis…

  1. Baie geluk met jou mooi kind se verjaarsdag.Hoe ouer sy word,hoe meer gaan jy besef watter waarde sy vir jou inhou.Al is my dogters almal uit die huis uit,gee en gee hulle net terug met liefde…alles wat ek in hulle belê het,kom dubbel terug.Jy kan solank uitsien daarna.Sterkte met al die emosies.

  2. Ek het jou leer ken in ‘n tyd toe my lewe woes en deurmekaar en redelik leeg was. Ek het jou met jou 2 meisiekinders al gesien. Mens kry ma’s en jy kry hart ma’s. Jy is ‘n hart ma. ‘n Ma wat opoffer en wat meer van haarself gee as wat sy hoef te gee. Jou liefde vir jou kinders strek verder as die normale pad. Dit is ‘n hart – siel liefde.

    Jy is ‘n pragtige mens en mens het nie antwoorde vir die dinge wat in jou lewe gebeur nie. Wat ek wel weet is dat die Here nooit jou uit Sy hart laat gaan nie.

    Sterkte vriendin

Los ’n antwoord.