Aanloop na begrafnis 1

Twee jongmense ontmoet mekaar… velief en verlore met ‘n aantrekking soos tussen twee magnete.

Dae word weke en weke word maande…

‘n Ring word gekoop en ‘n vraag word gevra later word ‘n belofte gemaak en einde 1998 lui die huweliksklokke.

‘n Jong bruid begeef  haar in ‘n groot stad, sonder enige vriende.  Dapper stap sy die pad, begin ‘n werk in die einste groot stad, ‘n werk heel anders as haar eie besigheid wat sy gehad het tot en met die trouklokke gelui het.

Die pad is soms donker en meeste van die tyd eensaam… alleen.

Al wat hierdie jonge bruid ooit in gedagte gehad het was ‘n familie, ‘n gelukkige familie, ‘n gesin onder een dak…. ma, pa en kinders.  Baie geld en rykdom was nooit ooit ‘n vereiste haar rykdom “wou wees” geluk, liefde, vreugde en VREDE.

Die maande het jare geword en toe word die eerste pienkvoet gebore… selfs dit was nie sonder smart.

Weer volg baie seer en baie smart…

Na nog maande wat twee jaar geword het, word die tweede baba gebore… gedurend hierdie swangeskap en die jaar daar na smaak die jong ma van twee vir ‘n tydperk van amper twee jaar, bitter min smart en hartseer. Alhhoewel die vergewe en vergeet van die verlede baie inspanning verg…

Drank het verdamp….. Sy proe die soet van dit wat kan wees.

maar toe weer nie vir lank…

 

8 thoughts on “Aanloop na begrafnis 1

  1. Ek was regtig baie hartseer om te verneem van Phillip Seymour Hoffman se dood en toe besef ek niemand kan eintlik regtig die verslaafde se afhanklikheid begryp as dit nie ‘n pad is wat hulleself geloop het nie. En miskien ooknie nie die angs en verdriet wat dit veroorsaak by die wat daarmee moet saamleef nie. Ja dis waar die lewe belowe ‘n mens nie ‘n rosetuin nie.
    xxx

Los ’n antwoord.