Ek sien ‘n nuwe hemel kom… of hoe gaan die lied…

Dit is sulke regte begrafnis weer buite…

Erens, iewers reel iemand regtig ‘n begrafnis…

Ek hou begrafnis in my hart…

Ek hou begrafnis omdat my hoop toe dood is – eintlik was dit seker dood gebore…

Ek hou begrafnis oor dit wat ek die graagste uit die lewe wou he, wat my nooit ooit beskore sal wees nie…

My hart pyn, hy is seer, sien net swart en voel net smart…

Hierdie hart hou begrafnis sonder selfs ‘n begrafnis lied… te dood en donker en teleurgesteld vir slegs een musiek noot… nie eers ‘n vals noot

Die proe van ‘n stukkie hemel op aarde sal daar dan seker nie wees…

untitled

 

16 thoughts on “Ek sien ‘n nuwe hemel kom… of hoe gaan die lied…

  1. Hierdie “begrafnis weer” help nie juis as ‘n mens reeds so “down” voel nie. Vat dit van iemand wat depressie en teleurstellings ken – die son breek regtig weer deur daardie grysheid. Maar jy moet die proses aanhelp deur ‘n groot “effort” in te sit om uit die donker te tree om so toe te laat dat die sonstrale oor jou gesig streel. Sterkte.

Los ’n antwoord.