Maanhaar Basson – die nuwe tragiese held?

Oktober 9, 2009 in Sonder kategorie

As ek eerlik moet wees, moet ek erken dat ek aanvanklik nie van plan was om Toast Coetzer se Naweek te lees nie. Ek het egter van plan verander nadat ek Naghings se resensie gelees het. En so het ek toe my naweek afgeskop met Naweek.

Ek vermoed dat Toast Coetzer met sy hoofkarakter van Le Roux ‘Maanhaar’ Basson vir ons ‘n nuwe prototipe van die klassieke tragiese held geskep het.  Een wat gewis heelwat meer aanklank sal vind by die MTV-generasie as wat Dickens se Mayor of Casterbridge ooit kan droom om te doen.

Die karakter leef immers die droom van menige jongmens… die famous rocker wat soveel net kan hoop om te wees, in ‘n era wat meer resent is as Koos Kombuis se Seks & Drugs & Boeremusiek. Hy is nie net jonk en gewild nie, maar sexy ook en leef in ‘n wêreld van gigs, klubs en laatnag partytjies. Seks, dwelms en drank is vrylik beskikbaar en word vrylik benut en dit wil voorkom asof die man leef in ‘n wêreld met beperkte verantwoordelikhede wat op die oppervlak vreeslik glamorous blyk te wees. Hy leef klaarblyklik die vrye, ongebonde – durf mens waag sê roekelose? – lewe wat die meeste van die tyd net op sekere betaalkanale te sien is.

Dis nie altyd maklik om van Maanhaar Basson te hou nie.  Met tye gedra hy hom soos ‘n regte spoilt little rich kid wat daarop aandring om sy sin te kry en sal vat wat hy wil hê ongeag enige teenkanting wat dalk gebied mag word.

Maanhaar Basson se dood is, binne die raamwerk van die klassieke tragiese held, die logiese gevolg van ‘n reeks besluite wat geneem word vanuit die arrogansie van die ‘superfiks, supergewild, intelligent en onstuitbaar’ stereotipe van die rockster wat hy personifiseer. 

Maar so eenvoudig is dit ook nie. Want deur die verhaal agterstevoor om te vertel gaan Coetzer baie slim te werk om éérs die hoofkarakter se wroeging, skuldige gewete en angs aan die leser te ontbloot en daardeur word ‘n sekere mate van empatie vooraf ontwikkel vir hierdie karakter. Wanneer die leser dan uiteindelik ook die volle verhaal aanskou het is dit baie moeilik om die karakter bloot af te maak as ‘n roekelose, onverantwoordelike rocker.

En juis daarin, glo ek, lê hierdie boek se sukses. Want dit is van meet af duidelik dat hierdie karakter struggle met sy gewete en hierdie struggle is waarskynlik wat uiteindelik lei tot sy dood.


11 antwoorde op Maanhaar Basson – die nuwe tragiese held?

  1. sprokie het gesê op Oktober 10, 2009

    Met ‘n naam soos ‘toast’ en ‘n karrakter met ‘n naam soos ‘maanhaar’ kan die net interessant wees. Dankie vir die aanbeveling DK!

  2. Stem saam met Flenters. Inderdaad ‘n vrou met vele talente, jy.

  3. Dankie Oom Flenters 🙂

  4. I do try in my own humble way, Sir 😉
    PS: Jy was laat wakker gisteraand!

  5. Toast is leadsinger van Buckfever Underground Prinses.
    En ja, dis baie interessant.
    Geniet 🙂

  6. Dankie Thomas 🙂

  7. Sal so maak Anha. Dankie!

  8. Wow, GROOT kompliment. Dankie KROK!
    En sterkte met die swottings vriendin.
    ((DK))

  9. Klink interessant. Ek’t nog nie daarvan gehoor nie, maar moet dalk.

  10. Naghings het gesê op Oktober 10, 2009

    Ag maar ek is so bly jy het daarvan gehou. En dankie dat jy my mention!!!

    Love dit!

  11. ysprins het gesê op Oktober 19, 2009

    as jou resensie nie mense kan lusmaak om te lees nie, dan weet ek nie. as ek net tyd gehad het, damn hierdie tesis!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.