Debuut

August 12, 2017 in Uncategorized

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!

 

Photo Credit ©  Shameeg Van Schalkwyk

Anushska

Ek hoor nie meer die

voëls se oggendkonsert nie –

Verbrokkelende emosies

veroorsaak afskuwelike

stuiptrekkinge, terwyl

gespikkelde herinneringe vals

note uitbassuin in aparte

sessies, van onbesproke

geheime kwessies en dis hoe

ek dit verkies –

Stemme dryf op die wind

miskien `n nuwe, egte vriend

of `n boodskapper van mammon –

My geheue uitgevee, ek kan nie

meer omgee-  My visie verdonker

deur my selfbejammeringshel

missie- My onskuldigheid besteel

en selfsugtig uitgedeel,

Ek verlam van die skok –

Net nog `n gekweste , leë dop.

Omring deur geweldadige blou

en lawagloeiende hulpkrete –

My innerlike ontydelik verskeur,

My vroulikheid wreed gemurmereer –

My gees permanent geknip.

Ek voel gereed om te sweef –

My hart te vol om dadelik

te vergeef- Ek smag daarna

om nog net een keer die wind

te hoor my naam fluister- Die

ek van gister,

So as enigeen na my

vra- Dink aan my.

My naam is Anushka.

Don Beukes © Copyright 2017