Kafee-kultuur in Argentina-Deel 2
Son 13 Sep 2009, 12:03 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer MisbruikBeste Vriende,
Ek vertrou dat dit met julle goed gaan en dat julle die week geniet het en goed besig is met die naweek. Ek vra om verskoning dat ek so stil is maar met die spel van die Argentynse sokkerspon vir kwalifikasie vir die Wêreldbeker het 'n mens eenvoudig net nie krag oor nie.
Voordat ek vanoggend begin skryf het het ek so vinnig oor my vorige bloginskrywings gekyk en gesien dat ek nog ten minste 'n deel 2 oor die Kafee Kultuur van Argentinië verskuldig is.
In deel 1 het ek oor al die verskillende soorte koffies gepraat wat 'n mens algemeen in enige kafee kry en die lys was as volg gewees:
Cafe -'n KLEIN koppie swart koffie - met of sonder suiker
Cortado -'n KLEIN koppie koffie met melk - met of sonder suiker,
Cafe Americano - 'n Bekertjie swart koffie, omtrent dubbeld die grote van 'n "cafe" - met of sonder suiker,
Cortado en jarrito - 'n Bekertjie koffie met melk, omtrent dubbeld die grote van 'n "cafe" - met of sonder suiker,
Cafe con leche - Beteken letterlik koffie met melk en word in groter koppies voorgesit ("normale" grote).
Cafe doble - is omtrent net so groot soos 'n Cafe con leche maar is net swart koffie - met of sonder suiker
en 'n Lagrima - dit is veronderstel om ongeveer 80% melk en net 'n bietjie koffie te wees maar dit is nie regtig 'n vasgestelde resep nie.
Ek het genoem dat daar 'n spesifieke tyd is van die dag om 'n spesifieke koffie te drink en dit kan as volg opgesom word:
Aangesien ontbyt in Argentinië beslis nie 'n relevante maaltyd is nie en veral wanneer 'n mens nie in jou eie huis is nie is dit gewoonte om 'n Cafe con Leche te bestel en dit word gewoonlik met 3 medialunas vergesel. (Medialunas is Spaans vir Croissante en dit beteken letterlik halfmane. -Meer hieroor later) Dit word gesien as 'n goeie manier om 'n bietjie melk in te kry en seker ook energie vir die dag.
Die ander tipe koffie waaroor 'n mens ook kan veralgemeen is 'n Cafe. Hierdie klein koppie koffie wat amper meer moeite is as wat dit werd is, is gewoonlik baie sterk. Vir my is die koffie sterker en die koppie kleiner as die hoeveelheid suiker wat jy sal moet gebruik om dit aangenaam te maak, so 'n mens drink dit sonder om te veel te vra of te sê oor die smaak. Hierdie koffie word gewoonlik in sosiale of besigheids ontmoetings in Kafees gedrink veral wanneer 'n mens nie seker is oor die moontlike duur van die ontmoeting nie - kort en kragtig. Die ander geleentheid waar hierdie Cafe of Cafecito soos dit ook genoem word gedrink word is net na 'n maaltyd. Ek glo dat dit 'n dubbelle rol speel en help om 'n mens wakker te maak na die ete en ook soos baie Argentyne glo, hel dit met die spysvertering. Ek sal dit nou nie op 'n mendiese kongres gaan bekend maak nie maar die geloof bestaan.
Die res van die koffies het meer te doen met persoonlike smaak en keuse maar wat ek wel kan sê is dat daar geglo word dat indien jy enige probleem het met jou spysvertering dit beter is om meer melk te gebruik en dit is hier waar die Lagrima handig inkom.
Wat verder opvallend is wanneer 'n mens koffie bestel in Argentinië is dat jy nie nét koffie kry nie. Afhangende van die klas Koffie Kafee wat jy besoek kry jy normaalweg 'n klein glasie sodawater en in die beter plekke 'n klein glasie lemoensap - normaaalweg vars. Die idee is dat jy dit gebruik om die koffiesmaak uit jou mond te kry veral wanneer jy 'n Cafecito of Cafe Doble gedrink het. Baie mense los die glasies onaangeraak maar dit is nie opsioneel nie, almal wat koffie bestel kry dit.
Om sake eenvoudig, kort en kragtig te hou sal ek beslis 'n deel 3 moet skryf oor my eintlike rede vir hierdie reeks - politiek en meningvorming in kafees. Vir die res van hierdie tweede deel gaan ek julle net 'n bietjie meer vertel oor 'n paar interessante kafees hier in die stad van Buenos Aires.
Hier is, soos ek verlede keer gesê het, baie Koffie Kafees en 'n soort kafee vir elkeen se smaak en styl. In die gidsboeke oor Buenos Aires sal daar altyd na 'n paar kafees verwys word o.a. Cafe Tortoni, Cafe Richmond, Cafe de los angelitos en 'n paar ander.
Hierdie plekke is almal indrukwekkend met 'n eie, persoonlike en kleurvolle geskiedenis maar die probleem is dat dit somtyds so vol toeriste/uitlanders is dat dit meestal net die kelners is wat Argentyns is. Dit is natuurlik hartseer en ironies op 'n manier aangesien hierdie plekke beroemd geword het omdat hulle deel is/was van die Argentynse samelewing deur dik en dun en nie net 'n guur nie. Dit is natuurlik 'n feit dat Argentinië se langtermyn ekonomie so onstabiel is dat vandag se 4 miljoen toeriste per jaar maklik weer in môre se miljoen verlore siele kan verander soos gedurende die 90´s. Dit gee ook natuurlik 'n geleentheid vir nuwe Kafees om ontdek te word en hulself te vestig.
Voor ek nou te melodramaties word is dit beter dat ek groet met die belofte om binnekort weer te skryf.
Alles wat mooi is vir julle.
Saludos
Onderwerpe: argentina argentinië koffie kultuur afrikaans
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
Die Argentyn
Currently working on my website at www.laurik.com. Please visit and join. Thank You!!
| Geslag: | Male |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | Not Selected | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | Argentina | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 5847 |
| Kommentaar: | 76 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 0 intekenaar(s)
Kentekens
Blog-rol
- Vriende en Nuus -n...2010/07/15 12:32:42
- Argentina vier fee...2010/05/22 12:55:55
- Kafee-kultuur in A...2009/09/13 12:03:46 nm
- Lentedag in Argent...2009/09/01 10:14:23 nm
- Kafee kultuur in A...2009/08/22 12:57:27 nm



Lewer kommentaar