Vir U, die onbekende vrou

March 3, 2020 in Uncategorized

In Ambre Nicolson en Jaxon Hsu se boek Die A, B, C van Suid-Afrikaanse Baanbrekervroue is daar ’n bepaalde inskrywing wat my positief stem. Die letter U is oop. Daar staan U, onbekende vrou wie se stories ons nie ken nie.

Vanoggend, in die vroeë ure kry ek ’n boodskap van Marilyn Gantana wat vertel haar ma het gesterf. Toe ek die boodskap oordra aan ’n toenmalige baas wat vir Marilyn geken het, vertel hy my sy eie ma is die naweek oorlede.

Net daar gaan kyk weer na die letter U.

Drie geslagte, Ma Sophie in die middel

Ek het Marilyn se ma net een keer ontmoet, toe ek hierdie kiekie geneem het, maar ek het haar “geken” uit Marilyn se vertellings. Die toenmalige baas se ma het ek nooit ontmoet nie, maar sy was ’n legende onder van my vriende.

Dit is eintlik die punt van hierdie inskrywing: Hoeveel ongelooflike vroue kry nooit die kollig op hulle nie, word nie in boeke verewig nie, maar maak uiteindelik ’n geweldige bydrae in die samelewing?

***

Jare gelede het ek met Marilyn ’n aantal onderhoude gevoer. Elkeen is maar so 30 sekondes lank. Luister hoe baie haar ma genoem word. (Die boek is lankal uit druk, koop dit tweedehands as jy kan. Dis stories wat tel.)

Storie 1

Storie 2

Storie 3

Storie 4

Storie 5

***

Dit is ‘n saluut hierdie. Aan Ma Sophie. Aan die tannie met die poppe. Ook vir almal wat onbekend is, maar soveel gedoen het.

***

A to Z of Amazing South African Women was published by that amazing person Colleen Higgs of Modjadji Books.

***

Die A, B, C van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue is uitgegee deur Wenkbrou.

***

A is Antjie Krog

B is Buyisiwe Sondezi

C is Cissie Gool

D is Dope Saint Jude

E is Eva of Krotoa

F is Fatima Meer

G is Glenda Kemp (JIP! Die stripper!)

H is Helen Suzman

I is Irma Stern

J is Judith Sephuma

K is Khanyi Dhlomo

L is Lillian Ngoyi

M is Miriam Makeba

N is Natalie du Toit

O is Olive Schreiner

P is mev. Ples

Q is Qunita Adams

R is Ruth First

S is Semenya (Caster)

T is Thuli Madonsela

U

V is Vuyiseka Bubula

W is Winnie Mandela

X is Xolile Tshabalala

Y is Yvonne Chaka Chaka

Z is Zanele Muholi

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *