You are browsing the archive for 2020 March.

LAPA by die Toyota US Woordfees 2020

March 4, 2020 in Uncategorized

Domestic Noir: Behind closed doors

9 Maart 14:00

Drostdyteater

Deborah Steinmair, Margriet van der Waal en Mira Feticu in gesprek met Christy Weyer-Loedolff

Deborah is die skrywer van As jy van moord droom.

What happens behind closed doors? Find out, click here!

https://woordfees.computicket.com/event/domestic_noir_behind_closed_doors/7123572/7124163/84857

Wat vroue wil hê

9 Maart 14:00

Upstage @Drostdyteater

Reney Warrington en Debbie Loots gesels met Abraham Le Roux.

Reney is die skrywer van Smit Motors.

https://woordfees.computicket.com/event/wat_vroue_wil_he/7123872/7124262/107350

Is die tyd vir politieke korrektheid verby?

9 Maart 15:30

Boektent

Waldimar Pelser en Michael le Cordeur in debat met Amanda Gouws.

Waldimar Pelser is die skrywer van In gesprek met Waldimar.

https://woordfees.computicket.com/event/is_die_tyd_vir_politieke_korrektheid_verby_/7122050/7123254/108531

Erla-Mari Diedericks, Seks leuens en die internet

11 Maart 10:00

Upstage @Drostdyteater

Erla-Marie Diedericks gesels met die nimlike Marion Holm.

Erla is die skrywer van Seks leuens en die internet

https://woordfees.computicket.com/event/erla_mari_diedericks_seks_leuens_en_die_internet/7123665/7124244/107350

Die “Mandela-Dokter”

11 Maart 11:00

Boektent

Willem Laubscher en Willie Esterhuyse gesels met Dennis Cruywagen.

Willem is die skrywer van Operation Mandela.

https://woordfees.computicket.com/event/die_mandela_dokter_/7121817/7123206/108531

’n Vernacular Spectacular: Keeping up met Kaaps

11 Maart 15:30

Drostdyteater

André Trantraal, Olivia M. Coetzee, Ricardo Arendse en Jitsvinger gesels met Theresa Biberauer. Theresa praat Afrikaans, al kom sy die pad van Cambridge Universiteit in Engeland.

André Trantraal het Jason Reynolds se Ghost na Afrikaans vertaal as Spoekie. Hy het ook al talle ander vertalings gedoen en is ook die skrywer van Keegan en Samier.

https://woordfees.computicket.com/event/n_vernacular_spectacular_keeping_up_met_kaaps/7123971/7124177/84857

Du Toitskloof en Armand kook (weer) kaal

11 Maart 20:00

Die Khaya

Kom ervaar Armand se sjarme, ’n aantal lekkernye en proe die wyne wat Ed Beukes van Du Toitskloof Kelder voorsit.

Armand is die skrywer van Armand kook kaal. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Nude.

https://woordfees.computicket.com/event/du_toitskloof_en_armand_kook_weer_kaal/7123908

Seuns se seerkry

12 Maart 14:00

Adam Small Seminaarkamer

Hannes Barnard en Ben Viljoen gesels met Bettina Wyngaard. Twee diep verhale.

Hannes is die skrywer van Halley se komeet. Ben is die skrywer van Ballade vir Nkunzi.

https://woordfees.computicket.com/event/seuns_se_seerkry/7123959/7124272/94432

Wanneer hare “mince” … en kinders droom

12 Maart 15:30

Drostdyteater

Bianca Flanders gesels met Riana Scheepers oor HARE en Dale Blankenaar laat boeke se illustrasies lewendig word.

Bianca is die skrywer van Prinses Pampoenpit.

https://woordfees.computicket.com/event/wanneer_hare_mince_en_kinders_droom/7123896/7124204/84857

Minibusse en melkkoeie

12 Maart 17:00

Boektent

James-Brent Styan gesels met Johan Jack Smith, Pieter-Louis Myburgh en Sidney Gilroy.

James is die skrywer van The Bosasa Billions en Steinhoff en die Stellenbosse boys.

https://woordfees.computicket.com/event/minibusse_en_melkkoeie/7121856/7123277/108531

Du Toitskloof en Armand kook (weer) kaal

13 Maart 20:00

Die Khaya

Kom ervaar Armand se sjarme, ’n aantal lekkernye en proe die wyne wat Ed Beukes van Du Toitskloof Kelder voorsit.

Armand is die skrywer van Armand kook kaal. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Nude.

https://woordfees.computicket.com/event/du_toitskloof_en_armand_kook_weer_kaal/7123908

Du Toitskloof en Armand kook (weer) kaal

14 Maart 20:00

Die Khaya

Kom ervaar Armand se sjarme, ’n aantal lekkernye en proe die wyne wat Ed Beukes van Du Toitskloof Kelder voorsit.

Armand is die skrywer van Armand kook kaal. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Nude.

https://woordfees.computicket.com/event/du_toitskloof_en_armand_kook_weer_kaal/7123908

Vir U, die onbekende vrou

March 3, 2020 in Uncategorized

In Ambre Nicolson en Jaxon Hsu se boek Die A, B, C van Suid-Afrikaanse Baanbrekervroue is daar ’n bepaalde inskrywing wat my positief stem. Die letter U is oop. Daar staan U, onbekende vrou wie se stories ons nie ken nie.

Vanoggend, in die vroeë ure kry ek ’n boodskap van Marilyn Gantana wat vertel haar ma het gesterf. Toe ek die boodskap oordra aan ’n toenmalige baas wat vir Marilyn geken het, vertel hy my sy eie ma is die naweek oorlede.

Net daar gaan kyk weer na die letter U.

Drie geslagte, Ma Sophie in die middel

Ek het Marilyn se ma net een keer ontmoet, toe ek hierdie kiekie geneem het, maar ek het haar “geken” uit Marilyn se vertellings. Die toenmalige baas se ma het ek nooit ontmoet nie, maar sy was ’n legende onder van my vriende.

Dit is eintlik die punt van hierdie inskrywing: Hoeveel ongelooflike vroue kry nooit die kollig op hulle nie, word nie in boeke verewig nie, maar maak uiteindelik ’n geweldige bydrae in die samelewing?

***

Jare gelede het ek met Marilyn ’n aantal onderhoude gevoer. Elkeen is maar so 30 sekondes lank. Luister hoe baie haar ma genoem word. (Die boek is lankal uit druk, koop dit tweedehands as jy kan. Dis stories wat tel.)

Storie 1

Storie 2

Storie 3

Storie 4

Storie 5

***

Dit is ‘n saluut hierdie. Aan Ma Sophie. Aan die tannie met die poppe. Ook vir almal wat onbekend is, maar soveel gedoen het.

***

A to Z of Amazing South African Women was published by that amazing person Colleen Higgs of Modjadji Books.

***

Die A, B, C van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue is uitgegee deur Wenkbrou.

***

A is Antjie Krog

B is Buyisiwe Sondezi

C is Cissie Gool

D is Dope Saint Jude

E is Eva of Krotoa

F is Fatima Meer

G is Glenda Kemp (JIP! Die stripper!)

H is Helen Suzman

I is Irma Stern

J is Judith Sephuma

K is Khanyi Dhlomo

L is Lillian Ngoyi

M is Miriam Makeba

N is Natalie du Toit

O is Olive Schreiner

P is mev. Ples

Q is Qunita Adams

R is Ruth First

S is Semenya (Caster)

T is Thuli Madonsela

U

V is Vuyiseka Bubula

W is Winnie Mandela

X is Xolile Tshabalala

Y is Yvonne Chaka Chaka

Z is Zanele Muholi