Heavenly objects | En die ondermaanse

July 20, 2019 in Uncategorized

[Afrikaans onder]

People walked there, fifty years ago.

“Fifty years ago I went on an adventure,” so starts this lovely piece by Mike Collins, the man on Apollo 11 who did not walk on the moon. If you have not seen it yet, do take time. It was brought to us by Google.

Mike Collins ends the video by remarking how people all over the world said: “We did it!”

Human kind did it.

Too young

I was too young to have registered anything on 20 July 1969 and we did not even have television in South Africa.

In fact, politically South Africa was on the dark side of the moon in 1969 and freedom seemed many moons away.

I do remember another celestial event, though. In 1986 we saw Halley’s Comet.

Now a new book, which will be launched in August, ripped open a number memories to that year, when South Africa was the outcast of the world.

If you are able to read any Afrikaans, do buy Halley se komeet by Hannes Barnard when it hits the shelves early in August. It is a time bomb. (All puns intended.)

Wat ek onthou

Die maanlanding kan ek nie onthou nie, maar ’n splinternuwe boek deur Hannes Barnard het my nou laat gryp na kiekies wat ek geneem het tydens ons skool se kamp om Halley se komeet te gaan kyk.

My ma was my wiskunde-onnie. Ek was nooit goed met Wiskunde nie, maar my ma het my ook leer foto’s neem. Daarmee was ek nog altyd redelik knap.

In 1986 het ons skool ’n bevoorregte groepie mense toegelaat om buite die stad op ’n Wiskundekamp te gaan, en om Halley se komeet dop te hou.

Hier is Louis Venter, Erika Thirion en Riaan Büchner besig om die komeet te beloer.

Andrew Sinclair, Henk Reitsema, Marius Kok, ek, Louis Venter.

Jinne. Ek kyk nou weer in my albums na die meisies op wie ek verlief was. Ons was so onskuldig. In so baie opsigte.

Rebellie vir ons was om Pink Floyd se “Dark side of the moon” te speel, of “We don’t need no education”.

Floyd is verban in Suid-Afrika, wat ons natuurlik meer laat luister het.

Ná ’n goeie tyd om die platespeler, het ons maar weer die grys uniforms aangetrek en in ons rye gaan loop.

Hannes Barnard

Hannes Barnard het nou weer goed oopgekrap. Sommige rowe word mooi gesond, maar die letsels bly gevoelig.

Halley se komeet vertel oor Pete wat vir die eerstespan wou rugby speel en met meisies wou vry. Enige meisie sou doen, maar veral een… In haar hokkierompie lyk haar bene besonders, en daardie middeltjie, sjoe.

Dit is ’n ongelooflike opsomming van daardie tyd.

Wanneer Pete en ’n jong swart seun ’n gruweldaad aanskou, verander hulle lewens.

Lees die boek. Wees gewaarsku: Dit bring geweldig baie herinneringe terug. Nie almal is aangenaam nie.

K-bomme en tydbomme

Daar was tye toe wit mense aangedring het om “Baas” genoem te word. Daar was tye in Suid-Afrika toe swart mense “kaffers” was en diegene van Indiese afkoms “koelies”. Hierdie boek herinner ons daaraan.

Later in die boek ontplof ’n tydbom, iets wat werklik in 1986 gebeur het, daar in Newcastle.

Hannes Barnard plant ook metaforiese bomme vir die leser, wat soos landmyne lê en wag. Elke keer wanneer jou oog ’n k-bom aftrap, ruk dit jou.

Jan Rabie het dit ook reggekry met sy verhaal “Droogte” wat reeds in 1956 die k-bom gebruik het om die Afrikaner te waarsku teen isolasie (gepubliseer in  sy bundel 21).

Dertig jaar later was die isolasie waaroor Rabie gewaarsku het, besig om Suid-Afrika stadig dood te wurg.

Ek en my maats wat na Halley se komeet wou kyk, het min daarvan verstaan in ons wit kokon.

Pete en sy maats, wat die hoofkarakters is in Halley se komeet, word gekonfronteer met goed wat hulle nie wil verstaan nie. En die leser? Besluit self.

Lees die boek.

Soos Collins, mag ons deesdae ook saam met die res van die wêreld sê: “We did it!”

Ongelukkig is daar mens soos Trump en ander regses wat die hele wêreld weer na die donker tye wil lei.

Lees Halley se komeet en besef hoe vulgêr daardie tye regtig was. Ons vergeet so maklik.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *