You are browsing the archive for 2019 July.

Whaden Johannes se CD

July 31, 2019 in Uncategorized

Die ATKV het vanoggend ’n persverklaring uitgereik waarin hulle met trots aankondig dat Whaden Johannes se CD, Mamre, op 31 Julie 2019 in Kaapstad by die House of H bekendgestel word. Vir meer inligting lees hier.

Die begin: ATKV-Crescendo se finaal, 21 Mei 2015.

Publisiteitsfoto: 28 November 2015

In die kleedkamer saam met Malindi Burden, 28 Oktober 2017.

Op die verhoog, 28 Oktober 2017.

 

Deel van ATKV-Crescendo, 9 Desember 2017.

Dit was ‘n groot voorreg om oor die jare die man se loopbaan te volg. Lees gerus die persverklaring om te sien hoe die ATKV aktief ‘n rol gespeel het in sy ontwikkeling.

Eco-Romance | Read it, Love it

July 28, 2019 in Uncategorized

The Romance Novel has grown up.

A new set of authors has taken the romance genre by the scruff and they refuse to back off when it comes to serious issues. Gone are the days that romance has to be easy, fuzzy and perhaps a little silly.

In the new romance novel you will not find women swooning when a man enters their chambers; you are more than likely to find some action heroine not looking for, but somehow stumbling upon, a gentle soul to whom she can be an equal, a friend and, YES, a lover.

Happily ever after is not even a prerequisite anymore. Happy for now has become the new way.

I have recently read a manuscript that I’d love to present for publication next year – it came to me via ROSA, the Romance Writer’s organisation of South Africa.

Then, on 16 July 2019, I walked into the Book Lounge simply because Karina Szcsurek had invited me to the launch of the first two books of her new imprint Karavan Press. Yes, some people can do that to me ;-)!

Publishers do care about books in general and we actually like supporting new initiatives. I like Karina as well, so it was easy enough to brave the cold. (Her BF was there too, don’t worry.)

There, in the Book Lounge, I found that these two novels came to Karina via ROSA.

Yebo! I was chuffed!

Melissa A. Volker wrote A fractured land and Shadow flicker. The first is about fracking and the second is about the effects of windfarms on certain communities.

Both books happen to have male leads that made Jacqui L’Ange (left), the author and journalist who had lead the discussion, somewhat weak in the knees, yet they are teaming with serious environmental issues and the body count is quite high…

It was only afterwards that I understood the cryptic message on the invitation. It read: Expect eco-fireworks and literary Happy Ever Afters!

It is not the first time that a romance novel with a strong eco theme was published. In 2013 Heila Theron published Karoo-droom, a novellete that protested against fracking in the Karoo.

Volker’s novels are thicker, and more complex.

Volker’s books were edited by the doyenne, Helen Moffet, and published by Karina Szczurek. Can it be anything other than wonderful?

To read an interview with Volker, click here.

Hitch a book from Karavan Press and love what you read.

Other publishers are moving in the same direction. For those who are able to read Afrikaans, here is my recent article on the changing face of Romance in Afrikaans.

I am going end my piece by stealing Karina’s last words on the invitation: Literary love and greetings.

Magic | Wonder | Toorwoorde

July 23, 2019 in Uncategorized

When Wayne Abrahamse was ten years old, he saw a magician. But, says he, that is only one part of being ten years old. For, when Wayne Abrahamse was ten years old, he lived in a children’s home.

That is one of the reasons why he performed magic for the 144 kids who are presently living in the Durbanville Children’s Home. It was on Mandela Day, 18 July 2019.

***

Wayne Abrahamse was tien toe hy die eerste keer ’n towenaar gesien het. Hy was op daardie stadium in ’n kinderhuis. Verlede week het hy opgetree vir die 144 kinders in die Durbanville Kinderhuis.

So many people have been touched by a children’s home – that is why I am willing to run barefoot to raise awareness for them. From as little as R100 pm you can sponsor a child. Click here to learn more.

***

Soveel mense is al positief geraak deur die werk van ’n kinderhuis, en dit is hoekom ek bereid is om ver te hardloop sonder skoene, sodat ek die werk van die Kinderhuis kan belig. Van so min as R100 per maand kan jy ’n kind borg in die Durbanville Kinderhuis. Klik hier vir meer inligting.

The Durbanville Children’s Home is celebrating 100 years in Durbanville and on Madiba’s birthday their hall was transformed into a circus tent by a number of companies who have given time, money and personnel to make this happen.

***

Die Durbanville Kinderhuis is vanjaar 100 jaar lank in Durbanville en op Madiba se verjaarsdag is die Kinderhuis se saal omskep in ’n sirkustent. Verskeie maatskappye het hierdie transformasie moontlik gemaak.

The personnel got in on the act as well.

***

Die personeel het ook saamgespeel.

These amazing teenagers, Amber and Jaco, were the masters of ceremony.

***

Hierdie ongelooflike tieners, Amber en Jaco, was die seremoniemeesters.

Gift of Dance provided the gift of dance.

***

’n Dansskool, Gift of Dance, het die ring warm gedans.

Heavenly objects | En die ondermaanse

July 20, 2019 in Uncategorized

[Afrikaans onder]

People walked there, fifty years ago.

“Fifty years ago I went on an adventure,” so starts this lovely piece by Mike Collins, the man on Apollo 11 who did not walk on the moon. If you have not seen it yet, do take time. It was brought to us by Google.

Mike Collins ends the video by remarking how people all over the world said: “We did it!”

Human kind did it.

Too young

I was too young to have registered anything on 20 July 1969 and we did not even have television in South Africa.

In fact, politically South Africa was on the dark side of the moon in 1969 and freedom seemed many moons away.

I do remember another celestial event, though. In 1986 we saw Halley’s Comet.

Now a new book, which will be launched in August, ripped open a number memories to that year, when South Africa was the outcast of the world.

If you are able to read any Afrikaans, do buy Halley se komeet by Hannes Barnard when it hits the shelves early in August. It is a time bomb. (All puns intended.)

Wat ek onthou

Die maanlanding kan ek nie onthou nie, maar ’n splinternuwe boek deur Hannes Barnard het my nou laat gryp na kiekies wat ek geneem het tydens ons skool se kamp om Halley se komeet te gaan kyk.

My ma was my wiskunde-onnie. Ek was nooit goed met Wiskunde nie, maar my ma het my ook leer foto’s neem. Daarmee was ek nog altyd redelik knap.

In 1986 het ons skool ’n bevoorregte groepie mense toegelaat om buite die stad op ’n Wiskundekamp te gaan, en om Halley se komeet dop te hou.

Hier is Louis Venter, Erika Thirion en Riaan Büchner besig om die komeet te beloer.

Andrew Sinclair, Henk Reitsema, Marius Kok, ek, Louis Venter.

Jinne. Ek kyk nou weer in my albums na die meisies op wie ek verlief was. Ons was so onskuldig. In so baie opsigte.

Rebellie vir ons was om Pink Floyd se “Dark side of the moon” te speel, of “We don’t need no education”.

Floyd is verban in Suid-Afrika, wat ons natuurlik meer laat luister het.

Ná ’n goeie tyd om die platespeler, het ons maar weer die grys uniforms aangetrek en in ons rye gaan loop.

Hannes Barnard

Hannes Barnard het nou weer goed oopgekrap. Sommige rowe word mooi gesond, maar die letsels bly gevoelig.

Halley se komeet vertel oor Pete wat vir die eerstespan wou rugby speel en met meisies wou vry. Enige meisie sou doen, maar veral een… In haar hokkierompie lyk haar bene besonders, en daardie middeltjie, sjoe.

Dit is ’n ongelooflike opsomming van daardie tyd.

Wanneer Pete en ’n jong swart seun ’n gruweldaad aanskou, verander hulle lewens.

Lees die boek. Wees gewaarsku: Dit bring geweldig baie herinneringe terug. Nie almal is aangenaam nie.

K-bomme en tydbomme

Daar was tye toe wit mense aangedring het om “Baas” genoem te word. Daar was tye in Suid-Afrika toe swart mense “kaffers” was en diegene van Indiese afkoms “koelies”. Hierdie boek herinner ons daaraan.

Later in die boek ontplof ’n tydbom, iets wat werklik in 1986 gebeur het, daar in Newcastle.

Hannes Barnard plant ook metaforiese bomme vir die leser, wat soos landmyne lê en wag. Elke keer wanneer jou oog ’n k-bom aftrap, ruk dit jou.

Jan Rabie het dit ook reggekry met sy verhaal “Droogte” wat reeds in 1956 die k-bom gebruik het om die Afrikaner te waarsku teen isolasie (gepubliseer in  sy bundel 21).

Dertig jaar later was die isolasie waaroor Rabie gewaarsku het, besig om Suid-Afrika stadig dood te wurg.

Ek en my maats wat na Halley se komeet wou kyk, het min daarvan verstaan in ons wit kokon.

Pete en sy maats, wat die hoofkarakters is in Halley se komeet, word gekonfronteer met goed wat hulle nie wil verstaan nie. En die leser? Besluit self.

Lees die boek.

Soos Collins, mag ons deesdae ook saam met die res van die wêreld sê: “We did it!”

Ongelukkig is daar mens soos Trump en ander regses wat die hele wêreld weer na die donker tye wil lei.

Lees Halley se komeet en besef hoe vulgêr daardie tye regtig was. Ons vergeet so maklik.

Die redakteur mag nie die intensie van die teks verander nie

July 7, 2019 in Uncategorized

Die redakteur mag nie die intensie van die teks verander nie.

Ek hou baie van die debat wat tans op Lekkerleesboekrak heers, want ek is kinderlik opgewonde as mens oor taal en letterkunde gesels. Dit gee my egter ook die kans om ’n paar sente van my eie in die fontein van wysheid te gooi.

 

Watter druknaam staan op die boek?

LAPA het verskeie platforms. Een daarvan is Romanza. Die moeilikste om te skryf. Die tweede, wat gereeld op Lekkerleesboekrak bespreek word, is genrefiksie wat onder die druknaam LAPA verskyn.

Nou is daar Wenkbrou.

Wat maak Wenkbrou anders as LAPA se genrefiksie? Eenvoudig net dit: Die leser word gedwing om ’n medeskepper van die teks te word.

Wenkbrou maak die deur oop na letterkundige tegnieke.

In ’n letterkundige werk word die leser gevra om saam te dink, om saam te skep.

Ek het al by meer as een geleentheid ’n lesing gegee om te verduidelik hoe struktuur, nie inhoud nie, ’n rol speel in die skep van die onderskeie drukname.

As jy ’n Romanza koop, weet jy:

  1. Dit lees maklik.
  2. Dit het nie kragwoorde in nie.
  3. Die plot gaan lekker heen en weer, maar daar is ’n eenvoudige struktuur, wat die leser maklik volg met ’n streng hand op die fokaliseerder.

Romanza is die moeilikste om reg te kry, en daarom die maklikste om te lees.

Dit is nonsens om te beweer dat Romanza nie moeilike goed aanspreek nie.

Marilé Cloete se held is bipolêr in Moed vir die liefde.

Heila Theron spreek skaliegas aan in Karoo-droom.

Frenette van Wyk neem ’n simpatieke oog na ’n vrou wat haar man verneuk in Soene in ’n sandkasteel. Wonderlik.

Kortom, Romanza takel moeilike onderwerpe net soos enige ander letterkundige werk dit sal doen en ek is baie trots daarop; Romanza bly egter toeganklik geskryf en word so geredigeer. Dit is ononderhandelbaar. Die intensie van die Romanza is om die leser te laat ontspan.

Cecilia Britz het ook baie streng reëls neergelê wanneer dit kom by die genrefiksie wat by LAPA verskyn. Sy is meesterlik.

Genrefiksie wat onder die druknaam LAPA verskyn, is meer verwikkeld as Romanza. Perspektiewe skuif; tog dit bly redelik maklik om te lees. LAPA bederf die leser. Dit is die intensie. Ons is trots daarop.

  • Genrefiksie verskil van algemene letterkunde juis omdat dit lesergedrewe is.
  • Die uitgewer van genrefiksie sal bepaalde voorskrifte hê om die leser ter wille wees.
  • Algemene letterkunde probeer eerder die leser uitdaag.

LAPA het uitsonderinge. Ons het dit byvoorbeeld sterk oorweeg om Sophia se Kantelpunt onder Wenkbrou te laat verskyn, juis omdat dit ’n literêre teks is met ’n struktuur wat nie geskryf is vir die eenvoud van die lees nie. Sy is egter bekend by LAPA, en daarom is besluit om haar ’n uitsondering te maak onder daardie druknaam.

 

Waarom Wenkbrou?

Ek praat baie by leeskringe. Leeskringe hou van boeke wat jou uitdaag, wat jy nie in ’n eerste lees kan deurdraf nie.

In Suid-Afrika is genrefiksie die grootste verkopers van fiksie, maar letterkunde neem ’n beduidende plek in op Nielsen se toptienlys. Hier is 2018 se verkope – algeheel, landswyd.

By Wenkbrou gebruik ons die letterkundige tegnieke tot die beskikking van die skrywer. Een daarvan is om die leesproses te vertraag.

Michel Foucault (1985:136) sê: By means of structure, what representation provides in a confused and simultaneous form, is analysed and thereby made suitable to the linear unwinding of language.

Toemaar. Selfs toe ek nog ’n dosent was, het ek gesukkel om Foucault te verstaan.

Brain McHale (1987:182) is effens makliker: Postmodernist texts are typically spaced-out, literally as well as figuratively. Extremely short chapters, or short paragraphs separated by wide bands of white space, have become the norm.

So, ja. Die letterkundige teks vertraag opsetlik die leesproses. Daarom is daar so baie terugflitse en tydspronge.

Jan van Luxemburg (1985:192) sê: Wanneer gebuertenenissen in taal worden weergegeven, word er niet alleen op allerlei manieren uit die (fictieve) werklijkheid geselecteerd. Er word ook van alles veranderd.

En dis wat die letterkundige ondersoek soveel pret maak. Dit is wat leeskringe doen as ons oor meer verwikkelde tekste praat. Dit word ’n speletjie om als te ontrafel.

Haydn White verduidelik dit baie mooi: On this level, I believe, the historian performs an almost poetic act.

 

Sypaadjie as parodie

Joan Hambidge het jare gelede ’n parodie op Romanza geskryf.

Die swart sluier was dalk net te moeilik vir die gewone leser om te verstaan, so dit is nie meer baie bekend nie.

Toe ons Sypaadjie moes bemark, wou ek taamlik opsetlik nie verwys na postmoderne tegnieke nie, want ek was bang mense mis die heerlike, lekkerleesstorie.

Dalk was dit ’n fout. My fout. Dit was my besluit.

Sypaadjie is veel makliker as Die swart sluier, maar essensieel doen Rossouw presies dieselfde as Hambidge. Op ’n metavlak speel die teks met die konvensie, sy skep ’n bewuste parodie.

Onthou: Die woord parodie word nie negatief gebruik nie. Juis nie. Rossouw is ’n liefhebber van die Romanza en sy weet baie daarvan. Dis hoekom sy dit so goed ken, en so goed ostranenia kan pleeg.

As julle ooit ’n skrywerswerkswinkel bygewoon het waar ek gepraat het, sou julle hierdie woord gehoor het. Onstranenia. Dit is Russies, en dit beteken om iets so vreemd te maak, dat ons weer opnuut daarna kyk.

Kyk net wat Rossouw reggekry het. Sy laat ons bladsye vol skryf oor ’n romanse. Daardie “boekie” waarop almal in die openbaar neersien, kry skielik genoeg aandag dat ons almal skielike die mooi in die Romanza sien en waardeer.

Fantasties. Romanza bo!

Saartjie Botha het dit verstaan. Sy het gesien die formaat en als is presies soos ons Romanza. En tog ook anders.

Kyk hoe slim is Rossouw. Sy gee vir ons merkers in die teks, wat bitter min mense, behalwe Saartjie Botha, nog raak gelees het.

Ons weet teen die tyd al Lea se ouers was aartskonserwatief (bl. 8).

Haar familie was nooit uitgesproke rassiste nie, net versigtig vir die onbekende. Dit is waarvoor die Afrikaner bekend is, bang vir dit wat hulle nie ken nie. Afrikaners pak hul woon­waens en gaan hou elke jaar by dieselfde plek vakansie: “Op plot nommer 19 in Struisbaai se karavaanpark kampeer ons al vir dertien jaar.” Trots daarop ook.

Dan breek Lea uit hierdie rassistiese denke. Sy gaan verken die onbekende (bl. 8).

Die kleurlyn het grys geword en veroorsaak dat sy alle lyne bevraagteken het. Selfs haar seksualiteit het vir haar duideliker geword. Aan die ander kant het haar ouers se onkundige lyn pyn­lik tussen hulle gelê.

Lyne. Die oomblik wat jy jou die lyne grys laat word, bly net soeke oor. Vra enige teoloog.

Sypaadjie is ’n teks van soeke, van begin tot die einde.

Dit dop alle sekerheid om.

Lea is tall dark en handsome. Maar sy is ’n vrou. Sy word verlief op ’n vrou.

In die “gewone” romanse is daar dikwels ’n sagte, gay bestie. Hier is Ean die beste, hy is straight. Hy kry een nag van aksie en dan ook nie weer nie.

Gay literatuur in Suid-Afrika is dikwels kwaad vir die kerk. Hier is die kerk die heelmaker.

Die hele boek bevraagteken dus alle lyne wat ons om onsself trek; dit bevraagteken die gemak van gewoonte. Daarom is die struktuur ook so anders.

Hierdie boek is slim. Baie, baie slimmer as wat ’n mens by die eerste lees besef.

 

Dit is ’n lekker gesprek

Ek geniet dit as mense passievol raak oor taal en ek leer elke dag iets nuuts op Lekkerleesboekrak, maar as ’n mense letterkundige redakteurs wil kritiseer, is dit nodig om te verstaan dat ons nie van skoolhandboeke praat nie. Daar herskryf ’n mens. Ek het dit al baie gedoen. Ek kan; daar is honderde boeke in die mark wat min sinne oor het wat ek nie persoonlik herskryf het nie. Want die intensie van die teks het daarvoor gevra.

In die letterkunde moet die teks se intensie geag word.

Ek sou die blou bliksem in gewees het as ’n redakteur al die slim goed uitgehaal en Sypaadjie in ’n “normale” romanse verander het.

Die redakteur mag nie die intensie van die teks verander nie.

 

Persoonlik

Vergun my ’n klein, persoonlike staaltjie. In 1999 was Zapiro bekend aan diegene wat sy werk gevolg het in die Engelse pers, maar nog nie ’n openbare figuur nie. Ek is gevra om ’n onderhoud te doen.

Jonathan Shapiro het ’n slim manier om, as hy op sy senuwees is, die onderhoud te stuur deur baie te praat. Ek het hom toegelaat, tot op ’n punt, en toe gesê: As jy wil hê ek moet jou aan ’n breër publiek bekendstel, moet jy my vertrou.

Daar, in ’n vuilerige kroegie in Kloofstraat, het iets magies gebeur.

My artikel is geskryf en LitNet se personeel het dit vir ’n nuwe redakteur gegee wat vryskutwerk wou doen.

Sy het dit mooi in ’n Media24-berig gaan herskryf. Chronologies, feit-feit-feit. Mooi paragrawe. Amen.

Toe dit verskyn, het ek iets gedoen wat ek nog nooit te vore of daarna gedoen het nie. Ek het Etienne gebel en gesê dis onaanvaarbaar. Toe stuur ek vir hom my oorspronklike teks.

Binne minute was die geredigeerde dokument van die lug af. Myne is geproeflees, en is steeds beskikbaar. My onderhoud lees moeilik. En dit was die punt.

 

Bronne

Foucault, Michel. 1985. The order of things. Londen: Tavistock Publications.

McHale, Brain. 1987. Postmodernist fiction. New York: Methuen.

Van Luxemburg, Jan (et al). 1985. Inleiding in die literatuurwetenschap. Muiderberg: Coutinho.

White, Haydn. 1975. Metahistory: the historical imagination in nineteenth-century Europe. Baltimore: John Hopkins University Press.

Ingrid Jonker Prys vir Pieter Odendaal

July 2, 2019 in Uncategorized

Pieter Odendaal het die Ingrid Jonker Prys vir Poësie gekry vir sy bundel asof geen berge ooit hier gewoon het nie.

Ek het nog hare gehad toe ek Pieter Odendaal die eerste keer hoor optree het. Toe het ek al geweet: Hier is ’n groot digter in wording. Dié foto is in 2012 geneem.

Dit het jare van skaaf geneem voor Marga Stoffer, uitgewershoof by NB, een oggend gesê het: “Pieter Odendaal se bundel verskyn binnekort.”

Dit het onder hulle druknaam Tafelberg verskyn.

Pieter doen baie om ander digters te help. Saam met Adrian Diff van Wyk laat hulle byvoorbeeld die InZync Poetry Sessions in die hartjie van Kayamandi gebeur.

Karin Schimke, wat ’n vorige wenner van die Ingrid Jonker Prys vir Poësie, se kommentaar is:

Pieter is a deserving winner and I am delighted that the prize has gone to him. He is a poet in his bones. He also happens to be an excellent human being.

Dit is een van daardie bundels wat ek nie in een sitting kan lees nie. Dit is dik, ’n hele 112 bladsye, maar meer nog: Dis dig. Uhm. Ja.

Hier is mooi goed in, hier is ontstellende goed in, hier is vreemde goed in en hier is flippen slim goed in; die reëls kom uit bladsy 77.

maar ek het my oë bly wegsteek
waar ek hulle nie kon kry nie
ek het my met dieselfde asem
geteken en uitgevee

LitNet het die commendatio geplaas wat saam met die aankondiging gekom het.

Ons klyntji het ’n resensie en ’n aantal gedigte plaas.

Hier is LitNet se resensie van die bundel.

LitNet het ook ‘n mooi onderhoud met Pieter geplaas.

Op Versindaba het daar ’n baie mooi resensie verskyn.

Joan Hambidge het ’n resensie geskryf oor die bundel.

As julle wil hoor hoe hy klink, hier is ’n uurlange optrede tydens die US Woordfees waarby Pieter betrokke was.

Ek wil afsluit met nog ’n paar mooi reëls:

ons stap êrens buite mcgreggor
’n proteaplaas teen die hang van die berg
voor ons val en vleg plate klip saam tot vallei
granietlae vloei dronk oor mekaar
’n bank wolke kom ingesweef soos ’n gerug

Dit is op die laaste bladsy. Jy wil die res lees!

Die bundel is by Graffiti te koop.

Ek het hierdie foto geneem as ’n moontlike voorblad vir Nederlandse tydskrif. Hulle het toe ’n ander van my foto’s gebruik, maar dit is goeie manier om af te sluit.