Kaapstad: Briljante teater teen R20 per stuk?
October 2, 2017 in Uncategorized
If you understand a smattering of Afrikaans, head down to the Artscape for amazing theatre!
Waar kan jy teater van professionele gehalte sien teen R20 per stuk? In die Kunstekaap (Artscape) te Kaapstad hierdie komende week. Die top vyftien toneelstukke in hierdie jaar se ATKV-Tienertoneel tref dan die planke.
Van Woensdag 4 Oktober 2017 tot Vrydag 6 Oktober 2017 speel die vyftien beste toneelstukke, gekies uit 187 produksies. Jy betaal R100 vir vyf stukke. Blokbesprekings is goedkoper en ATKV-lede betaal net R70 per aand. Die program is hieronder. Bespreek nou! Dit is puik toneel, nie skoolkonserte nie.
Saterdagaand speel die vyf beste produksies weer. Verwag vuurwerke. Kaartjies kos dan R150 vir die aand (net R30 per vertoning). Weer is daar afslag vir blokbesprekings en vir ATKV-lede.
Ek sê weer: Verwag briljante teater. Kaartjies te koop by Computicketet.
Woensdag 4 Oktober om 17:00
Helpmekaar Kollege: Die Mensfabriek
Hoërskool Stellenbosch: Blessings
Hoërskool Zwartkop: Hospitaal 224
POUSE
Hoër Meiseiskool Bloemhof: Wag ek kry gou my foon [en soos sulke goed]
Hoërskool Tygerberg: Innie Selle
Donderdag 5 Oktober om 17:00
Selbourne College: Rondo
Hoërskool Parel Vallei: Kopskoot
Hoërskool Monument: Mý Suid-Afrika: ’n openbaring
POUSE
Die Afrikaanse Hoër Seunskool: Plekke!
Hoërskool Durbanville: Die Eindelose Konstellasies – ’n gedagtedroom.
Vrydag 6 Oktober om 17:00
Hoërskool Tygerberg: Sewentien
Heatherdale Sekondêre Skool: Mans genoeg?
Hoërskool Zwartkop: Min of meer?
POUSE
Hoërskool Jan van Riebeeck: Die niks
Hoërskool Eldoraigne: Prediker 3
Die aankondiging van die van TOP 5-finaliste
Saterdag 7 Oktober om 17:00
Finalis 1
Finalis 2
Finalis 3
POUSE
Finalis 4
Finalis 5
Prysuitdeling
***
ATKV-Tienertoneel is die oudste projek van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en word hierdie jaar vir die 53ste keer aangebied. Hierdie gewilde toneelprojek bied `n platform vir die ontginning van jong teatertalent terwyl teatergehore ook geskep en ontwikkel word.
Ouerbegeleiding word aanbeveel (OB).
***
The 53rd ATKV-Tienertoneel High School Drama Theatre Competition National Finals will be presented at the Artscape Theatre for the first time, from 4 to 7 October 2017. Fifteen productions will compete during the Finals to be crowned as the ultimate national winner.
Parental guidance is recommended (PG).
***
Foto’s in hierdie stuk geneem tydens die 2015-finaal.
Recent Comments