You are browsing the archive for 2017 July.

LAPA op die Vrystaat Kunstefees

July 15, 2017 in Uncategorized

Die Vrystaat Kunstefees groei elke jaar.

http://www.vrystaatkunstefees.co.za/

Besoek gerus die webwerf om meer te leer en gaan ondersteun die onderskeie kunstenaars.

Wat hier volg is ‘n baie klein seleksie, maar dit is skrywers wat ek bemark as deel van my werk by LAPA Uitgewers.

Klik op elke foto om dit groter te maak.

*

Ian Wessels en Dibi Breytenbach

17 Julie om 10:30

Wees bereid om te lag.

*

Chanette Paul, Martin Steyn en Dibi Breytenbach

17 Julie 13:30

Wees bang. Baie bang.

*

Wollie Wolmarans en Martin Steyn

17 Julie 16:30

Wollie het, onder andere, in die Oscar Pistorius-saak getuig.

*

Mike Nicol, Niq Mhlongo, Martin Steyn en Bettina Wyngaard

18 Julie 12:00

Yo! Eish! Eina? Die een skop! Moenie dit misloop nie!

*

HemelBesem gesels met Andries Bezuidenhout

18 Julie 15:00

Dit is hartsake, my bru.

*

Chantelle de Wet en Danie Marais

20 Julie 12:00

Chantelle de Wet en Danie Marais is albei ouers en albei is ewe aweregs. Lekker.

*

Thana Nel

21 Julie 11:00

Pret vir die hele gesin!

*

Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

21 Julie 13:30

Jy gaan eet en gaan lag en jy gaan meer lag.

*

Dina Botha & Sophia Kapp

22 Julie 12:00

Verwag vuurwerke en donderslae! Die twee weet van.

*

Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer en Leonie Scholtz

22 Julie 13:30

Die weg na enige vriend se hart loop deur ’n bord goeie kos. Kom proe, kom luister!

*

Blokraaiers!

Moenie die een misloop nie! Klik op die foto vir al die datums.

*

Filmverse speel elke dag.

Doen moeite om dit te sien!