Eid in Bonteheuwel

June 27, 2017 in Uncategorized

Eid-al-Fitr is gister landswyd gevier.

Tannie Koelsoem Kamalie het haar huis volgepak met vriende, familie en die span van LAPA Uitgewers. Japie Gouws, die vorige besturende direkteur van die ATKV-groep, het ook die geleentheid bygewoon.

Tannie Flori Schrikker, tannie Koelsoem Kamalie, Sylvia de Wet, waarnemende hoof van LAPA Uitgewers, Liesbet Gelderblom van die skolespan, en Marieta Nel, hoof van LAPA se skolespan.

Japie Gouws, Hendri Warricker, bemarkingshoof van LAPA, en oom Osman, tannie Koelsoem se gade.

Tee is bedien terwyl die gaste aangekom het.

In die kombuis het tannie Koelsoem hard gewerk.

Haar seun is ’n voorvatter en was deel van die kombuisspan.

Eid-al-Fitr vier die einde van Ramadan, die vastydperk. Dit is ‘n belangrike geleentheid in Moslems se lewe en heel dikwels dra die jong mense nuwe klere tydens Eid. Tannie Koelsoem se kleinseun staan vir ’n oomblik stil dat ek ’n foto kan neem terwyl almal aan die voorberei is.

Op die trap staan twee jong meisies en wag dat ’n foto van hulle geneem word.

Gadija Kamalie (agter) is tannie Koelsoem se dogter wat ook ’n kok in eie reg is. Haar pa het hierdie uitrusting vir haar gebring van Mekka af, maar dit was moeilik om haar te laat stilstaan vir ’n foto.

En toe kom die kos.

Hoewel ’n sekere aantal gaste genooi is, was daar voortdurend mense wat ongenooid kom aanklop het. Baie het eenvoudig kom aansit om saam te eet, ander is weg met koekies wat vir Eid gebak is. Hierdie seuntjies het kom vra vir ’n geldjie. Oom Osman het vooraf ’n groot sak vol silwer munte versamel en niemand is met leë hande weggestuur nie.

Selfs die tandarts het kom inloer. Almal is gesê hulle moet net inval wanneer daar ’n tydjie is.

Toe almal kos gery het en die poedingbakke ook al heelwat leër was, het tannie Koelsoem ontspan. Hier sit sy met Japie Gouws en gesels. Japie het nou afgetree by die ATKV, maar is nog baie besig.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *