Sutherland | Spoke en sopies | Ghosts and cold soles

June 25, 2019 in Uncategorized

Sutherland is ’n klein, beeldskone dorpie in die middel van nêrens. Hier is jy weg van die stad, maar daar is restaurante en winkels en hotelle en gastehuise – als wat die moeë reisiger wil hê. Klik hier vir meer inligting oor Sutherland.

Die Vriesjougataf-fees het van 14 tot 17 Junie in Sutherland plaasgevind; want dan is dit KOUD in Sutherland.

Sutherland is a small town about 350 km from Cape Town. It is surrounded by a semi desert. The height above sea level, dry air, as well as the lack of air and light pollution, has turned the town into a star gazer’s paradise. It also is one of the coldest places in South Africa. So, once a year, close to the winter solstice, they celebrate the cold with a unique festival.

Click here for more info on Sutherland.

Dit is ’n pragtige dorp met stil stofpaaie, die moeite werd om te besoek. My soort plek.

It is a beautiful town, worth the drive.

Verskeie sterrewagte is te sien op die koppies om die dorp.

The hills around the town are dotted with observatories.

Ook in die dorp is herinneringe daaraan om in die nag op te kyk.

In town one is also reminded to look up at night.

Of om jou motor te laat klop.

Or to fix your car.

Hierdie jaar is ’n spookhol op die feesprogram geplaas. Ons het in die nag gehardloop met net die lig van die maan wat op ons geskyn het. Alle fondse wat ingesamel is, het gegaan na People Living with Cancer. Ek is genooi om saam te draf, kaalpoot, om mense te herinner aan die 144 kinders in die Durbanville Kinderhuis.

This year the organisers added a ghost run to the festival programme. The brave could run 5 km in the night with only the light of the moon as guidance. The mad could do 10 km. Money raised was donated to People living with Cancer. I am mad, so the organisers invited me to run the 10 km without shoes. Why? To remind everyone about the 144 kids in die Durbanville Children’s Home.

Mark Deitz (middel) het kanker oorwin. Hy het kom hardloop om Janie du Plessis (regs), die uitvoerende hoof van People Living with Cancer, te ondersteun. By hulle is Linda de Waal. Die tantieme van Madelein Rust se Kanker schmanker (LAPA Uitgewers) gaan ook aan hierdie organisasie.

Mark Deitz (centre) is a cancer survivor, he ran to support Janie du Plessis (right), the chief executive of People living with Cancer. With them is Linda de Waal.

Dit was ’n groen wedloop. Geen plastiek nie. Almal het ’n blikbeker gekry en dit is gebruik om mee te water of port te drink.

It was a green run. No plastic. Each participant received a lanyard with a tin cup attached. Water or delicious fortified wine was poured into the tin mug on request at each stop.

Ja, elke stop het versterking gebied.

Yip, every stop had some fortifications! Muratie is known for their port-style wines.

Groot vure is aangesteek in konkas. Die hardlopers het van konka na konka gehardloop.

Large fires were lit at each watering hole. It helped to ward off the cold.

Toe die son gaan slaap, het die koue met mening toegeslaan.

Then the sun set. It was bitterly cold.

Saam met die donker, het die spoke begin loop. Marinda Engelbrecht is nie net ’n kokkedoor nie, sy is ook ’n spookkenner.

The local ghost whisperers were quite active as the sun went down.

Kobus Rossouw is ’n oud-polisieman wat ook al vreemde goed gesien het. Hy het ons in die dalende skemer vergas op stories van vermiste kinders wie se geeste nog in die omtes is. (As jy wonder, ek het teen die tyd op f1.4 geskiet – dit was al baie donker.)

In the growing dark, a former policeman, Kobus Rossouw, told us the story of a young boy who went missing on the route we were running. Apparently his ghost can still be heard on the route. (For techies, I was by now at f1.4 shooting otherwise there would have been no light in the camera.)

Aangesien ek nog altyd baie wetenskaplik was, het ek gou ’n foto van die begraafplaas geneem. Dit is waar ons weggespring het. Enige een kan sien dat daar geen vreemde goed was om oor bekommerd te wees nie.

Since I have always been scientific in my approach, I then chose to take a photograph of the graveyard, which is where we started. It was quite dark by then, but anyone can see that there was nothing untoward to worry about.

Net voor ons vertrek: Marietjie Koekemoer bel almal om te vra of hulle reg is. Toe is ons weg op hierdie einste pad. Dit was koud en dit was donker. Daar was baie gereeld port. Dalk was dit die port, want wesens in wit en swart het gereeld langs die pad geweeklaag en klippe is op vreemde tye na die hardlopers gerol.

This is the road we ran on. Last calls to the helpers. Then we were off. Everything went well, despite the dark and the cold. There were some blood-chilling screams from strange creatures in the dark and stones could be heard rolling down the mountain at weird times, but nobody went missing (that we know of).

Die draffie het klaargemaak by die hotel. Daar was ’n heerlike vuur en fantastiese glühwein. As daar in 2020 weer so ’n draffie is, knoop julle ore.

The run ended in the dark with a large fire and delicious, warm glühwein. Remember to look out for the next edition of this run in 2020.

Die volgende oggend het ek net voor sonop die dorp verken. Dit was flippen koud.

The next morning, just before sunrise, I explored the town. It was freezing.

Tjol se gat is 20 km buite die dorp. Die Saterdagoggendoggend is almal wat wou met fietse daarheen. Gerugte wil dit hê dat Tjol al jare gelede sy enkelsopies uitverkoop het, hier kry jy net dubbels.

This local watering hole is about 20 km out of town. Rumour has it that Tjol, the owner, has long since sold out his single shots. Here you only get doubles.

Sit Karen Zoid op en sing saam: “There’s a road out in the desert…”

Romanza: Veertien jaar | Fourteen years

June 4, 2019 in Uncategorized

Veertien jaar!

Het jy geweet dat die brein liefdeshormone afskei wanneer jy oor ’n romantiese gebeurtenis lees? Dit is hoekom mense verslaafd raak aan hierdie boeke.

Veertien jaar! Jip, ons verkoop hope hormone!

En ons is trots daarop!

Romanza is ’n baie belangrike deel van LAPA Uitgewers se aanbod.

As julle meer wil weet oor Romanza of die klub, volg die skakel hieronder.

https://lapa.co.za/romanzaklub

***

Fourteen years ago my colleagues at LAPA risked a new imprint. Today romance is the second biggest seller in Afrikaans, with Romanza the leading brand.

A former colleague loved telling the story of an older couple who would arrive every Monday morning at their local library, where my colleague worked at the time. The man would wait in the car, the woman would max out on romance novels for the week.

One day the man walked in and looked around. While the librarian was checking out his wife’s books, the man made a derogatory comment about these “love stories”.

Whereupon his wife turned around and snapped: “Had I had this out home, I would not have needed these books.”

He never entered the library again, but he continued to drive his wife to the library every Monday.

Review: A person my colour

June 3, 2019 in Uncategorized

My daughter and I

I was rather skeptical when I picked up this book. I am a bit sick of the black/white debate surrounding adoption. We have adopted and, frankly, our kids are kids. Full stop.

Yet, in the end I loved reading A person my colour. It actually is a wonderful story. I do recommend it.

Please read my full-length review on LitNet.

A person my colour by Martina Dahlmanns was published by Modjaji Books.

#FLF2019 in pictures I In beeld

May 30, 2019 in Uncategorized

I spent some time in Franschhoek during the Literary Festival and took some pictures. LitNet published a photo essay of my work.

Ek was vanjaar weer in Franschhoek tydens letterkundefees. LitNet het ‘n foto-essay geplaas van die geleentheid.

Africa Melane, Peter Church, Deon Meyer, Imraan Coovadia

Geen #12 in 2019 | No #12 in 2019

May 30, 2019 in Uncategorized

(Afrikaans onder)

Well, time to say it in public. Comrades number 12 will not happen this year. Despite getting up at 05h00 most mornings and having trained many hundreds of kilometres, I am not ready for the big C.

Yes, it feels like failure now, but it is the correct decision and I will continue running.

Without shoes.

Why? There are 144 kids in the Durbanville Children’s Home that need your support. I am but a small, small part of that wonderful team.

You can make a massive difference for as little as R100 per month.

A little note from a child. | ‘n Dankie van een van die kinders.

***

Goed, uit daarmee! Geen Comrades nommer 12 in 2019 nie. Ten spyte daarvan dat ek die meeste oggende 05h00 opgestaan het en 100de kilometers gedraf het, is ek gewoon nie reg vir die Groot C nie.

Dit voel sleg om dit te erken, maar so is dit. Ek sal aanhou hardloop.

Kaalvoet.

Hoekom? Daar is 144 kinders in die Durbanville Kinderhuis wat jou hulp nodig het. Ek is maar ‘n klein, klein deel van daardie wonderlike span mense.

Jy kan ’n enorme verskil maak vir so min as R100 per maand.

Being present at the moment when truth revealed itself

January 19, 2018 in Uncategorized

(Click to enlarge)

I have just been to a fascinating exhibition of photographs taken by JM Coetzee as a teenager. The negatives were discovered when Coetzee sold his flat.

There are selfies, photographs of his mother and brother, pictures of his everyday life and pictures of his school life.

Coetzee had a good eye. One picture, of a sheep at a farm dam, was beautiful. Overall his composition was good. He was able to capture sports action very well. Even in low light he excelled.

We should never underestimate the role of the photographer as documenter.

I wish these pictures would be published or made available on a site like LitNet.

I was lucky to see them at the Irma Stern Museum where there were open to the public for only three days.

This is Coetzee’s enlarger. I wonder how many people have worked with these? I have!

Word leesaktiviste!

December 21, 2017 in Uncategorized

Die Engelse outeur Neil Gaiman het ’n slag ’n lesing gehou: “Why Our Future Depends on Libraries, Reading and Daydreaming.” Hy maak toe hierdie stelling:

Once in New York, I listened to a talk about the building of private prisons — a huge growth industry in America. The prison industry needs to plan its future growth — how many cells are they going to need? How many prisoners are there going to be, fifteen years from now? And they found they could predict it very easily, using a pretty simple algorithm, based about asking what percentage of ten- and eleven-year-olds couldn’t read. And certainly couldn’t read for pleasure.

Wat gebeur in Suid-Afrika? In ons land kan 78% van alle Graad 4 leerders nie lees nie. Dit is die bevinding van Progress in International Reading Literacy Studies (PIRLS), ’n organisasie verbonde aan Unicef.

Spotprent deur EWN.

Dit is skrikwekkend. Gayman werk baie nou saam met PEN International om lees te bevorder. Maar wat kan ek doen?

Hier is wat ek en jy kan doen. Eintlik, moet doen!

  • Begin deur vir jou kinders, kleinkinders, peetkinders of enige kinders te lees.
  • Moedig ma’s aan om vir hulle kinders te lees – reeds voor geboorte. Die baba kan in die buik al optel of die ma angstig of gelukkig is en dit het ’n direkte oorsaak op die kind se breinontwikkeling. Wat meer is, ma’s wat vir baba’s lees – van daardie stokkie die eerste keer positief wys tot in laerskool, se band met hulle kinders is baie heg. Dit skei goedvoelhormone in die kind se brein af wat die frontale lobbe stimuleer.
  • Raak betrokke by leesprogramme as jy nie self klein kindertjies het nie. Daar is duisende biblioteke en skole wat smag na mense om net vir kinders te lees. Weer eens: Daardie kind uit ’n gebroke huis, kyk mooi: sy of hy vind geborgenheid in ’n veilige ruimte soos ’n biblioteek of ’n skoolsaal of ’n kerk waar daar voorgelees word.
  • Koop kinderboeke. Versprei dit en moedig ouers aan om die boeke te voor te lees. Luister wat ’n onnie uit Athlone vertel oor kinderboeke.
  • Word aktiviste en begin deur vir Cyril Ramaphosa te skryf dat CAPS dadelik uit skole verwyder moet word. Uitkomsgerigte onderwys, wat slegs fokus op lees- skryf- en syfervermoë moet van nou af in ons skole plaasvind. Al die ander gemors in die kurrikulum moet uitgegooi word. CAPS is klaaglike gemors wat deur ou model C-skole se mense opgestel is.
  • Word aktiviste wat vir Cyril Ramaphosa skryf dat ons moet ophou om matriek as nuttelose doelwit na te jaag. Ons het mense nodig wat in graad RR, Graad R en dan in Grade 1, 2 en 3 moet leer om met begrip te lees, goed te kan skryf en basiese syfervaardighede toe te pas. Dan gaan ons sien hoe Suid-Afrika blom. Kinders het net vyf jaar van skoolopleiding nodig, waarvan die eerste twee slegs speel uitmaak. As ons daardie vyf jaar maak werk, skep ons denkende kinders. Daarna mors ons ons geld, want ’n kind wat kan lees en skryf, kan dan of verder studeer, of ’n ambag leer. Ons land is desperaat vir goeie, gesiene ambagsmense.

***

Volwasse lesers

Maar wat van volwassenes? Wat van ouens wat reeds in die tronk is?

Daar is min mense wat soveel omgee as Carla van der Spuy. Sy doen geweldig baie om mense agter tralies weer ’n stem te gee – en ook boeke!

Ek het by haar gaan kers opsteek.

IZAK: Soveel van die mense in jou boeke kom uit huis met probleme. Is daar iets wat ek as gewone sterfling kan doen om mense uit die tronk te hou?

Carla: Ja, ons kan almal iets doen. Ons kan betrokke raak. Ons kan huismoles, kindermishandeling en molestering aanmeld. Ons kan diegene ondersteun wat geliefdes agter tralies het sodat die misdaadspiraal gestaak kan word. Verwerping en apatie is die grootste probleme in ons samelewing. Albert Schweitzer het gesê: “You don’t live in this world all alone. Your brothers are here too.”

IZAK: Diegene wat uit die tronk kom, sukkel soms om aan te pas. Is daar programme waar gewone ouens kan betrokke om daardie mense weer op die been te kry?

Carla: Daar is instansies wat vir gewese gevangenes help werk soek. Mense is skrikkerig om hulle in diens te neem wat te verstane is. Een man, vermoedelik ’n reeksmoordenaar het my vanuit die tronk gebel en gesê hy is uit. (Dit nadat hy my vertel het hy het 80 jaar gekry.) Hy wou weet of hy in my tuin kan werk. Dit was natuurlik ’n slenter. Hy sit nog solidly met sy agterstewe agter tralies. Ek dink hy wou vir parool aansoek doen en aan hulle vertel dat hy ’n werk het. Dus moet mens versigtig wees. Maar ek het ook wonderlike verhale van rehabilitasie gehoor. Vra maar vir Jenny en Jonathan Clayton van Hope Prison Ministries. Die drie mesmoordenaresse van die Kaapse Vlaktes met wie ek vir Bloed op haar hande gesels het, het volkome gerehabiliteer. Die rede daarvoor was dat hulle ondersteuning gekry het. Daar is na hulle uitgereik. Min mense is teen opregte naasteliefde bestand. Díe drie is van die wreedste moorde aangekla, maar hulle het nog nooit weer ’n voet skeefgesit nie. By Pollsmoor is daar ’n sentrum waar gewese gevangenes en diegene wat op parool is handewerk doen. Hulle maak onder meer die pragtigste handsakke. Maar die betaling is maar min. Ek weet DKD bied ook kursusse aan wat die ouens kan help om werk te kry.

IZAK: Hoe gaan dit met die Reading for Redemption Projek?

Carla: Met my goeie vriendin Sarie Peens, wat by DKD weg is en gereeld boeke by my huis kom haal het en na tronke in die drie Noordelike provinsies geneem het, moes ek weer nuwe kontakte opbou. Ek het nou ’n kontak by DKD in Rustenburg wat my sal help. Lesers kan my inbox as hulle boeke wil skenk. My garage was al so vol bokse met boeke dat daar nie plek vir die karre was nie. Ek glo die veldtog gaan weer nuwe momentum in die Nuwe Jaar kry. Dis een van my Nuwejaarsvoornemens.

IZAK: Dis amper Kersfees. As jy Moederkrismis was en Suid-Afrika EEN wens kon toestaan, wat sou dit wees?

Carla: Ek sou wens dat misdaad so afneem dat die tronke moet toemaak soos wat die geval in Nederland is. Maar dan sal misdaadskrywers werkloos wees. Maar ag wat, dan begin ons maar net almal romanses skryf.

***

Ek het kiekies gevra en Carla het twee aangestuur van ’n bekendstelling by Bargain Books wat in Centurion gehou is.

Carla van der Spuy, medeskrywer van Sielsiek – die psiges van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers en haar dogter Tanya van Buuren Botma, een van die skrywers van Die Perfekte Brander, by Sielsiek se bekendstelling in Centurion.

Dr. Henk Swanepoel, medeskrywer van Sielsiek – die psiges van Suid-Afrika se koelbloedigste moordenaars by Loraine Swanepoel, bestuurder van Bargain Books Centurion by die bekendstellling van Sielsiek in Centurion.

***

Ons kan almal iets doen. Ons moet almal iets doen. Ons kan nie bekostig om 78% van ons kinders oor vyftien jaar in die tronk te hê nie.

Word aktiviste! Word leesaktiviste!

Versoeningsdag 2017: Die ATKV se boodskap

December 16, 2017 in Uncategorized

(HemelBesem en Dr. Danny Titus by die ATKV-Rieldans se finaal)

Vandag, 16 Desember, word Versoeningsdag gevier.

Dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur: kultuur van die ATKV, deel sy gedagtes. Ek haal van hier af direk aan:

“Dis moeilik om te glo dis alweer Versoeningsdag. Ons land is so gepolariseerd, die wêreld veel meer in skerp kampe. Vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae, klink soos ‘n klinkende stuk metaal. Dit bly aanvalle, aanslae, sterftes, brande, hongersnood, droogtes. Dan reën dit weer in oorvloed in die res van die land en in die Weskaap bly die reëntjies gruwelik weg. Ons lewe nou eenmaal in ‘n wêreld van teenstrydighede, die een regeer en die ander ontbeer, die een in oorvloed en die ander moet met veel, veel minder klaarkom. In die naweek waarin die Versoeningsdag val, kry die land dalk ‘n nuwe leier. Iemand wat genadiglik die huidige verval sal stuit. Of dalk tog ook nie. Die ANC as politieke party wat ons heersende party is, is so intens verdeeld dat mens jou asem ophou. Dit is glad nie oordrewe om te dink aan die ergste wat kan gebeur as die verdeeldhede nie hanteer kan word nie. Gaan die weermag hulle hou aan die uitslae, aan watter kant gaan die polisie hulle skaar? Gaan die ANC uiteen spat? Dan wat? Of mag ons steeds vra vir versoening in ons land? Ons versoening het so ‘n lang pad gekom en op soveel terreine het mense met mekaar versoen. Die geskeide verlede is oorkom, die wonde van die verlede is steeds daar, maar die felheid, die kruheid, die wreedheid is weg. Nou het gierigheid, korrupsie en arrogansie oorgeneem. Steeds is daar Suid-Afrikaners wat versoen, wat hul vingers stop werk aan versoening. Steeds is daar mense wat bid en glo dat die wonderwerk van versoening ook die huidige afvalligheid sal omvou. Dat die donkerwolke sal verdwyn. Dit is juis die rol van versoening: om skynbaar onversoenlikes en onversoenlikheid bymekaar te bring. Suid-Afrika het ‘n wesenlike ervaring daarvan, ons het dit gedoen en ons pluk steeds die vrugte daarvan. Vir jonger Suid-Afrikaners is dit moeilik om te verstaan, van hulle bevraagteken dit selfs. Miljoene Suid-Afrikaners weet net van die huidige bestel. Baie wil nie weet van ‘n vorige bestel nie. En tog, dit is waar ons land se vingerafdrukke van versoening steeds lê. Vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae, hét wel op Suid-Afrika neergedaal. Dit is vir my die hoop uit die huidige moerasse, die haat en die nydigheid: ons hét dit gesmaak, ons land het beter geraak, ons ekonomie het versterk. Die roekelose gierigheid van vandag, die gemaksugtige korrupsie in die staat en ook in die privaatsektor, die verbreking van wette en reëls en orde met ‘n roggelgelag uit die maag, dit sal alles wegvaag, ons land sal beter word, die misdadigers sal agter tralies kom. Ons sal die pad van versoening moet stap, want ons glo, en ons bid, en ons weet, ons sal weer daar kom.

“ATKV-groete.”

Izak met sy lastige kamera

November 15, 2017 in Uncategorized

Ek is onbehoorlik trots op hierdie projek. Izak met sy lastige kamera was daar omdat hy hou van kiekies neem. Annie Petersen, die voorsitter van ATKV-Atlantistak, het my gevra. LitNet het betrokke geraak. Toe het my kollegas by LAPA daarmee geloop en uiteindelik het die Universiteit Wes-Kaapland (UWK) alles bymekaar getrek.

Waaroor gaan die boek?

Hier is ’n Kerskousboek! Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls.

Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak.

Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, staan dié twaalf vroue se stories soos fakkels in ’n lang, donker nag. Die twaalf vroue is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.

Die verhale strek van gemeenskapdiens aan gestremde persone, bejaardes en kankerlyers, die rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV/Vigs-voorkoming en -destigmatisering, tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdienste, uitsaaiwese, ’n sangeres, ’n atleet en ’n tuinier.

Studentebeurse

Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.

Die samesteller en bydraers

Anastasia de Vries is ’n bekende skrywer, joernalis en dosent. Hierdie boekprojek is geloods in samewerking met die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK). Ander bydraers tot die projek is skrywer en joernalis Eldridge Jason, joernalis Christa Prinsloo, sowel as ses UWK-studente: Chandré Cloete, Suné van Rooyen, Geraldine Fortuin, Ebenesia Pieters, Jolyn Phillips en Courtneigh Ess.

Die kiekies in die boek?

Geneem deur Izak met sy lastige kamera. Dit is Alta Cloete wat my so noem!

***

Vroue van AtlantisSamestellers Anastasia de Vries & Eldrige Jason. ISBN:  9780799368291. LAPA Uitgewers

Lees meer hier.

Chanette Paul among the classiest thriller writers of our day

November 14, 2017 in Uncategorized

Today it was announced that my colleagues are getting quotes for a reprint of the South African edition of Sacrificed. Awesome! But how did Sacrificed do overseas?

Well, the New York Journal of Books says: “Sacrificed places Chanette Paul among the classiest thriller writers of our day.” Read the full review here.

Crime-thriller Hound in the United Kingdom says: “Race and identity are explored in a thrilling story of political corruption, ruthless ambition and betrayal, with no shortage of heartache.” Read the full review here.

Crime-thriller Hound also invited Chanette to tell her UK readers what writing in Africa feels like! You can read her answer here.

The Global Literature in Libraries Initiative placed an excerpt from Sacrificed on their website You can read it here.

***

And don’t forget: Even before she was published in English, Chanette had wowed Dutch-speaking audiences with two tours to Belgium.

The online shop Bol.com calls Chanette “an amazing story teller”. (“Chanette Paul, een geweldige verteller”.) You can read the entire conversation here, if you can follow the Dutch:

This reader says: “How wonderful that a book had managed to maintain its grip from the first page!” (“Hoe mooi is het dan dat een boek je zo in zijn greep heeft gehouden vanaf de eerste bladzijde!”)

If you can read Dutch, you can check out the full review here.

***

Time for South Africa to take our own seriously! Well done Chanette! I am proud of you!

You can buy the South African paperback here.

You can buy the ePub here.

You can buy the US paperback here.

You can buy the Kindle-version here.

***

In South Africa the book is published by LAPA Publishers.

In the USA it is published by Catalyst Press.

In Belgium it is published by Lannoo.