Die agterpaadjies lei na Muratie, via die Woordfees

January 24, 2017 in Uncategorized

Ek was vandag in Hermanus by Annatjie Melck om haar optredes tydens die US Woordfees te bespreek. Daarna is ek Muratie toe; dit is die Melcks se plaas waar haar seun, Rijk, nou voorvat.

17 01 24 IMG_7385

(Klik op die kiekies om te vergroot)

Op 6 Maart om 19:00 nooi Annatjie jou na Muratie vir ’n driegangmaaltyd vir die fynproewer. Van Muratie se wyn sal ook beskikbaar wees. Sy en haar skoondogter, Kim, gaan kook. Koste is slegs R250 per persoon, maar julle sal móét vooraf bespreek. Plek is baie beperk. Klik hier om te bespreek.

Op 9 Maart om 16:00 doen Annatjie ’n dem in die Kaya, langs die Kruiskerk. Wees bereid om te lag en om goed te sien wat jy nog nie te vore by die Woordfees gesien het nie. Klik hier om te bespreek. Koste, R60 per persoon, wat happies insluit.

As julle nog twyfel, moenie. Die twee optredes gaan ’n smaakfees wees.

LAPA en die ATKV is by talle ander produksies ook betrokke – ek sal nog daaroor berig.

17 01 24 IMG_7375

Toe ek vanoggend Hermanus toe is, was dit nat en mistig, so ek het die agterpaadjies oor Highlands gery.

17 01 24 IMG_7370

Die grondpaaie maak dat ’n mens stadiger moet ry, maar as jy weet wat jy doen, is hulle veel aangenamer as die hoofpaaie.

17 01 24 IMG_7374

En die pad is mooi.

17 01 24 IMG_7386

Vandaar is ek terug oor die berg en deur die wingerde na die plaas wat al soveel geslagte in die Melcks se hande is. Rijk, Annatjie se seun, sê vanmiddag hy voel dit sy plig om ’n beskermheer van die gesin se erfenis te wees.

17 01 24 IMG_7382

Muratie is aan die een kant onopgesmuk. Jy kan nog die hoenders sien skrop, maar…

10 01 24 IMG_7383

… die plaas leef ook in die moderne tyd met ’n goeie kunsgallery waar daar tans baie mooi stukkie van Wille Bester hang.

Farm Kitchen, hulle restaurant, is oop van Woensdag tot Sondag; van 09:00 tot 15:30.

17 01 24 IMG_7379

Annatjie Melck is die persoon vir wie DJ Opperman daardie ikoniese gedig “Grondstowwe by die Siklus van Seisoene” geskryf het. Sy vertel die storie van Opperman en die gedig in haar boek. Koljander, koljander so deur die Bosch is deur LAPA Uitgewers uitgegee.

Jy kan die boek hier bestel.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *