Kiekies uit ‘n wedloop

January 21, 2017 in Uncategorized

I share a few pictures from this morning’s Red Hill Marathon

(Bilingual blog / Tweetalige blog)

fIMG_7343

(Click on the pictures to enlarge them / Klik op die kiekies om hulle groter te sien)

Preparing for a marathon takes time. Last night I flew in from Lanseria and was able to get everything ready, mostly because a friend had offered to collect my race number. This morning I was up at 03:45. It was dark when I drove over Boyes Drive and the beauty of Kalk Bay at night made me stop.

Ja, ’n ou kan nie veel slaap verwag die nag voor ’n wedloop nie. Gelukkig kon ek gisteraand alles regsit, so vanoggend was oorskietmaalvleis en koffie my ontbyt, toe moes ek ry om by die beginpunt te kom. Die kiekie wys hoe mooi Kalkbaai in die nag is.

fIMG_7346

We’re off! It was a 05:30 start, in Fish Hoek, direction Kommetjie. Since I have my qualifier for Comrades and the Two Oceans in the bag, I chose to make this a deliberately slower run and factored in a few photo stops – the kind of luxury one does not have when time is important.

Om 05:30 kan ‘n mens al sien, maar ’n vir ’n foto was die lig nogal laag. Die wedloop begin en eindig in Vishoek. Van hier neem jy die pad Kommetjie toe.

fIMG_7348

Distance-running takes one to beautiful places. I thought the Slangkop Lighthouse was a good place to snap a picture.

Dit is ’n luukse om tyd te maak vir ’n foto, maar Slangkop Vuurtoring is mos darem ’n baken, nie waar nie?

fIMG_7350

Shortly after Misty Cliffs the sun rose. This is just one the many spectacular sights on the way. No wonder we encountered a tour bus a few kilometres down the road. The early-rising tourists were most intrigued by all the runners, Africa clearly is a wild place so early in the morning!

’n Aantal kilometer ná ek hierdie kiekie geneem het, was daar ’n enorme toerbus wat stadig sy pad moes oopvleg tussen die hardlopers deur. Ek wonder nogal wat die toergids vir die insittendes gesê het, maar hulle was duidelik opgemaak daarmee dat die wildlewe sommer so vroeg in die oggend, selfs buite die Kaappunt Natuurreservaat al, soveel fotogeleenthede geskep het. Afrika is mos ’n wilde plek, nie waar nie?

fIMG_7351

At 26 km we hit the Red Hill. Yes, the Red Hill is where the race gets its name from, it is not the sponsor. It is long, it is steep. It winds its way up the mountain. This I took roughly halfway up. The picture does not do justice to the runners.

Die heuwel wat jy op 26 km kry is stewig genoeg om aan die wedloop ’n naam te gee. Dié foto het ek so halfpad op geneem.

fIMG_7353

Most hills go down as well. This is halfway down, with Simon’s Town in the distance. We ran down towards the sea, then all along the coast back to Fish Hoek. Stunning.

Newton is reg: Wat opgaan, kom af. Meestal. Die kiekie is so halfpad teen die anderkant af geneem. Kyk hoe swart is die veld van al die brande, maar kyk hoe blou is daardie see.

fIMG_7356

Got it!

Klaar!

fIMG_7355

Afterwards, at the club tent, cheering on those who still had to get in before cut-off. Celtic Harriers is a wonderful club.

Die groen-en-wit ouens sorg vir mekaar. Celtic Harriers is ’n wonderlike klub.

fIMG_7361

Everyone always wants to know what my feet look like after a race. I asked a club mate, Donovan, to take this; especially since Tania Macintosh insisted. Tania is also experimenting with barefoot running. I hope these dirty feet inspire you, Tania!

Almal wil mos altyd weet hoe my voete lyk na die tyd, dankie Donovan vir die kiekie!

fIMG_7364

They are dirty after 42,2 km on the road and gravel. The rest of me is stinky after a race. But you did ask!

Julle wil mos vra!  Kaalvoetklong se vuil voete na 42,2 km.

kinderhuislogo

Why the barefoot thing? Here is why. It gives me the opportunity to talk about the 144 amazing young people in the Durbanville Children’s Home. They are worth supporting! Click here to learn more. I have a wonderful job and my employers, the ATKV and LAPA Publishers, support me all the way. This makes it possible to support the Durbanville Children’s Home.

Waarom so kaalpoot draf? Dit gee my die geleentheid om mense te vertel van die 144 kinders in die Durbanville Kinderhuis. Hulle is ’n inspirasie en is die ondersteuning werd. Klik hier as jy meer wil weet.  Ek het ’n wonderlike werk by die ATKV en LAPA Uitgewers en hulle ondersteun my al die pad. Dit maak dit moontlik om die Durbanville Kinderhuis te ondersteun.

dch1

#teamDCH

The Durbanville Children’s Home has a running team as well. I got this picture from their blog.  Click here to learn more.

Die Durbanville Kinderhuis het ook ’n hardloopspan. Ek het hierdie kiekie op hulle blog gekry. Klik hier om meer uit te vind.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *