Rooi

January 4, 2017 in Uncategorized

(For English: Click here.)

Daar brand enorme vure in die berge om Somerset-Wes.

f17-01-04-red-sunrise1533

(Klik op die kiekies om hulle groter te maak.)

Die roet veroorsaak dieprooi sonsopkomste. Ek dit het vanoggend gaan probeer vaslê.

f17-01-04-red-sunrise1526

Waarskuwing: Selfs met sonsopkoms, selfs deur al die rook, is die son gevaarlik. Moenie daarna kyk deur die lens nie, moenie daarop probeer fokus op nie; die kamera het geen manier om te fokus op so ’n helder voorwerp nie. Ek die bome met opset gekies. Nie net maak dit die foto interessanter nie, dit het ook gedien as is iets om op te fokus.

Al die foto’s geskiet deur ’n polariserende filter. Ek het ’n Canon 5DmkII en ’n Canon EF24-70mm f / 2.8L USM lens gebruik.

Al die foto’s is met twee stops onderbelig.

f17-01-04-red-sunrise1532
Hoekom die ringe? Onthou jy kyk na rook wat kilometers dik is. Die kamera sien die son as ’n voorwerp wat so helder is, dit registreer as suiwer wit (255 op al drie kleure). Dan begin die sensor soek na ander kleure. Hier het ek die een foto geknip en skerpgemaak. Die kamera vind donkerder kleure soos die strale wegkwyn. Onthou, ons kyk na rook.

Hoekom rooi? Slegs die langste golwe dring deur die rook.

f17-01-04-red-sunrise1547

Selfs die skaduwees was rooi – ek het die een geskiet terwyl ek huis toe gestap het. (Die een is nie onderbelig nie.)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *