You are browsing the archive for 2017 January.

Flori en Koelsem se kosse sonder grense

January 26, 2017 in Uncategorized

_MG_1792

Op 26 Januarie was Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker in die RSG-ateljee in Seepunt met borde vol koeksisters en koesisters.

Tannie Koelsoem en tannie Flori het die verskille tussen die boerekoeksister en die Maleikoeksister verduidelik.

Tradisioneel word die Maleikoeksister (ook bekend as ’n koesister) met meer speserye aangemaak, dan as bolle in diep olie gebak, in warm stroop gegooi en daarna met klapper bestrooi.

Die boerekoeksister se deeg word gevleg, in olie gebak en dan in yskoue stroop gegooi.

Tannie Koelsoem vertel die Maleikoeksister kom uit die dae toe die slawe nie hulle geloof openlik mog bedryf nie. Toe het hulle liedjies gemaak om saam te sing in gebed terwyl hulle brooddeeg versoet het en uitgedeel het, dan het die base gedink hulle hou partytjie.

_MG_1824

Ook in die ateljee was Piet Huysentruyt, ’n Michelin sjef uit België.

Piet Huysentruyt, wat soos Flori en Koelsoem ’n Garmound-wenner is, sê hy het slaptjips (hulle noem dit frieten) kom maak, want hy wil die nosie dat tjip van Frankryk kom, heeltemal verwerp. Dit was die Engelse wat van French Fries begin praat het – tjips kom van België.

Die gesprek in Radio Sonder Grense se ateljee was werklik sonder grense, want saam met Martelize Brink en Johan Rademan, was Anja Daems van Radio 2, ’n Vlaamse stasie. Die gesprek, wat in Vlaams en Afrikaans gevoer is, is toe ook in België uitgesaai, en natuurlik op die internet.

_MG_1829

Stef Bos het vir Churchill Naudé genooi en hulle het saam-saam in Afrikaans en Nederlands gesing.

Stef sê vir hom is dit belangrik om saam te werk, want in die VSA, Engeland en Europa sien ons al hoe meer hoe mense hulle self wil afsonder. Hy wil juis die grense afbreek. Die tale wat gemeng het en oor landsgrense heen uitgesaai is, was dus simbolies.

Die uitsending was pret, maar die boodskap van saam eet, as Moslem en Christen en ongelowige, Belge en Suid-Afrikaners, veelrassig, veeltalig en gelukkig, was ’n baie belangrike metafoor.

soettand

Tannie Flori en tannie Koelsoem se tweede boek, Soettand, verskyn einde Februarie. Die titel sê dit alles, nie waar nie? Verskeie ou poedings wat tradisioneel is van ons gemengde Afrikaanse komvandaan, kom hierin voor.

Soettand word weer deur LAPA uitgegee met die ondersteuning van die ATKV.

Die agterpaadjies lei na Muratie, via die Woordfees

January 24, 2017 in Uncategorized

Ek was vandag in Hermanus by Annatjie Melck om haar optredes tydens die US Woordfees te bespreek. Daarna is ek Muratie toe; dit is die Melcks se plaas waar haar seun, Rijk, nou voorvat.

17 01 24 IMG_7385

(Klik op die kiekies om te vergroot)

Op 6 Maart om 19:00 nooi Annatjie jou na Muratie vir ’n driegangmaaltyd vir die fynproewer. Van Muratie se wyn sal ook beskikbaar wees. Sy en haar skoondogter, Kim, gaan kook. Koste is slegs R250 per persoon, maar julle sal móét vooraf bespreek. Plek is baie beperk. Klik hier om te bespreek.

Op 9 Maart om 16:00 doen Annatjie ’n dem in die Kaya, langs die Kruiskerk. Wees bereid om te lag en om goed te sien wat jy nog nie te vore by die Woordfees gesien het nie. Klik hier om te bespreek. Koste, R60 per persoon, wat happies insluit.

As julle nog twyfel, moenie. Die twee optredes gaan ’n smaakfees wees.

LAPA en die ATKV is by talle ander produksies ook betrokke – ek sal nog daaroor berig.

17 01 24 IMG_7375

Toe ek vanoggend Hermanus toe is, was dit nat en mistig, so ek het die agterpaadjies oor Highlands gery.

17 01 24 IMG_7370

Die grondpaaie maak dat ’n mens stadiger moet ry, maar as jy weet wat jy doen, is hulle veel aangenamer as die hoofpaaie.

17 01 24 IMG_7374

En die pad is mooi.

17 01 24 IMG_7386

Vandaar is ek terug oor die berg en deur die wingerde na die plaas wat al soveel geslagte in die Melcks se hande is. Rijk, Annatjie se seun, sê vanmiddag hy voel dit sy plig om ’n beskermheer van die gesin se erfenis te wees.

17 01 24 IMG_7382

Muratie is aan die een kant onopgesmuk. Jy kan nog die hoenders sien skrop, maar…

10 01 24 IMG_7383

… die plaas leef ook in die moderne tyd met ’n goeie kunsgallery waar daar tans baie mooi stukkie van Wille Bester hang.

Farm Kitchen, hulle restaurant, is oop van Woensdag tot Sondag; van 09:00 tot 15:30.

17 01 24 IMG_7379

Annatjie Melck is die persoon vir wie DJ Opperman daardie ikoniese gedig “Grondstowwe by die Siklus van Seisoene” geskryf het. Sy vertel die storie van Opperman en die gedig in haar boek. Koljander, koljander so deur die Bosch is deur LAPA Uitgewers uitgegee.

Jy kan die boek hier bestel.

Kiekies uit ‘n wedloop

January 21, 2017 in Uncategorized

I share a few pictures from this morning’s Red Hill Marathon

(Bilingual blog / Tweetalige blog)

fIMG_7343

(Click on the pictures to enlarge them / Klik op die kiekies om hulle groter te sien)

Preparing for a marathon takes time. Last night I flew in from Lanseria and was able to get everything ready, mostly because a friend had offered to collect my race number. This morning I was up at 03:45. It was dark when I drove over Boyes Drive and the beauty of Kalk Bay at night made me stop.

Ja, ’n ou kan nie veel slaap verwag die nag voor ’n wedloop nie. Gelukkig kon ek gisteraand alles regsit, so vanoggend was oorskietmaalvleis en koffie my ontbyt, toe moes ek ry om by die beginpunt te kom. Die kiekie wys hoe mooi Kalkbaai in die nag is.

fIMG_7346

We’re off! It was a 05:30 start, in Fish Hoek, direction Kommetjie. Since I have my qualifier for Comrades and the Two Oceans in the bag, I chose to make this a deliberately slower run and factored in a few photo stops – the kind of luxury one does not have when time is important.

Om 05:30 kan ‘n mens al sien, maar ’n vir ’n foto was die lig nogal laag. Die wedloop begin en eindig in Vishoek. Van hier neem jy die pad Kommetjie toe.

fIMG_7348

Distance-running takes one to beautiful places. I thought the Slangkop Lighthouse was a good place to snap a picture.

Dit is ’n luukse om tyd te maak vir ’n foto, maar Slangkop Vuurtoring is mos darem ’n baken, nie waar nie?

fIMG_7350

Shortly after Misty Cliffs the sun rose. This is just one the many spectacular sights on the way. No wonder we encountered a tour bus a few kilometres down the road. The early-rising tourists were most intrigued by all the runners, Africa clearly is a wild place so early in the morning!

’n Aantal kilometer ná ek hierdie kiekie geneem het, was daar ’n enorme toerbus wat stadig sy pad moes oopvleg tussen die hardlopers deur. Ek wonder nogal wat die toergids vir die insittendes gesê het, maar hulle was duidelik opgemaak daarmee dat die wildlewe sommer so vroeg in die oggend, selfs buite die Kaappunt Natuurreservaat al, soveel fotogeleenthede geskep het. Afrika is mos ’n wilde plek, nie waar nie?

fIMG_7351

At 26 km we hit the Red Hill. Yes, the Red Hill is where the race gets its name from, it is not the sponsor. It is long, it is steep. It winds its way up the mountain. This I took roughly halfway up. The picture does not do justice to the runners.

Die heuwel wat jy op 26 km kry is stewig genoeg om aan die wedloop ’n naam te gee. Dié foto het ek so halfpad op geneem.

fIMG_7353

Most hills go down as well. This is halfway down, with Simon’s Town in the distance. We ran down towards the sea, then all along the coast back to Fish Hoek. Stunning.

Newton is reg: Wat opgaan, kom af. Meestal. Die kiekie is so halfpad teen die anderkant af geneem. Kyk hoe swart is die veld van al die brande, maar kyk hoe blou is daardie see.

fIMG_7356

Got it!

Klaar!

fIMG_7355

Afterwards, at the club tent, cheering on those who still had to get in before cut-off. Celtic Harriers is a wonderful club.

Die groen-en-wit ouens sorg vir mekaar. Celtic Harriers is ’n wonderlike klub.

fIMG_7361

Everyone always wants to know what my feet look like after a race. I asked a club mate, Donovan, to take this; especially since Tania Macintosh insisted. Tania is also experimenting with barefoot running. I hope these dirty feet inspire you, Tania!

Almal wil mos altyd weet hoe my voete lyk na die tyd, dankie Donovan vir die kiekie!

fIMG_7364

They are dirty after 42,2 km on the road and gravel. The rest of me is stinky after a race. But you did ask!

Julle wil mos vra!  Kaalvoetklong se vuil voete na 42,2 km.

kinderhuislogo

Why the barefoot thing? Here is why. It gives me the opportunity to talk about the 144 amazing young people in the Durbanville Children’s Home. They are worth supporting! Click here to learn more. I have a wonderful job and my employers, the ATKV and LAPA Publishers, support me all the way. This makes it possible to support the Durbanville Children’s Home.

Waarom so kaalpoot draf? Dit gee my die geleentheid om mense te vertel van die 144 kinders in die Durbanville Kinderhuis. Hulle is ’n inspirasie en is die ondersteuning werd. Klik hier as jy meer wil weet.  Ek het ’n wonderlike werk by die ATKV en LAPA Uitgewers en hulle ondersteun my al die pad. Dit maak dit moontlik om die Durbanville Kinderhuis te ondersteun.

dch1

#teamDCH

The Durbanville Children’s Home has a running team as well. I got this picture from their blog.  Click here to learn more.

Die Durbanville Kinderhuis het ook ’n hardloopspan. Ek het hierdie kiekie op hulle blog gekry. Klik hier om meer uit te vind.

Fungi

January 16, 2017 in Uncategorized

Dit is wat gebeur wanneer ‘n fotograaf aandete kook.

This happens when you allow a photographer to cook supper.

y_MG_1737

y_MG_1736

y_MG_1745

Breaking through the gender binary

January 15, 2017 in Uncategorized

My partner is a gender activist and as a medical doctor she is doing sterling, often quite ground-breaking, work.

Recently I have done rather interesting photographic and video assignments on gender matters, but because so many of the people I have videoed and photographed still live in fear, I cannot share it.

fxIMG_7317

Therefore it was a delight to flip through the National Geographic of January 2017 – it is an entire edition aimed at trying to understand the non-binary.

One of the most important issues that they address is: What can parents do?

Do buy it, please.

Anyone in Africa who needs help, here is an organisation to contact:

http://genderdynamix.org.za/

banier trans

Ever wondered about any of these terms?

Buy the National Geographic of January 2017.

Agender

Androgynous

Cisgender

Gender binary

Gender conforming

Gender dysphoria

Gender expression

Genderfluid

Gender identity

Gender marker

Gender nonconforming

Genderqueer

Intersex

LBGTQ / LBGTI

Nonbinary

Pronouns

Puberty suppression

Queer

Sexual orientation

Transgender

Transsexual

Rooi

January 4, 2017 in Uncategorized

(For English: Click here.)

Daar brand enorme vure in die berge om Somerset-Wes.

f17-01-04-red-sunrise1533

(Klik op die kiekies om hulle groter te maak.)

Die roet veroorsaak dieprooi sonsopkomste. Ek dit het vanoggend gaan probeer vaslê.

f17-01-04-red-sunrise1526

Waarskuwing: Selfs met sonsopkoms, selfs deur al die rook, is die son gevaarlik. Moenie daarna kyk deur die lens nie, moenie daarop probeer fokus op nie; die kamera het geen manier om te fokus op so ’n helder voorwerp nie. Ek die bome met opset gekies. Nie net maak dit die foto interessanter nie, dit het ook gedien as is iets om op te fokus.

Al die foto’s geskiet deur ’n polariserende filter. Ek het ’n Canon 5DmkII en ’n Canon EF24-70mm f / 2.8L USM lens gebruik.

Al die foto’s is met twee stops onderbelig.

f17-01-04-red-sunrise1532
Hoekom die ringe? Onthou jy kyk na rook wat kilometers dik is. Die kamera sien die son as ’n voorwerp wat so helder is, dit registreer as suiwer wit (255 op al drie kleure). Dan begin die sensor soek na ander kleure. Hier het ek die een foto geknip en skerpgemaak. Die kamera vind donkerder kleure soos die strale wegkwyn. Onthou, ons kyk na rook.

Hoekom rooi? Slegs die langste golwe dring deur die rook.

f17-01-04-red-sunrise1547

Selfs die skaduwees was rooi – ek het die een geskiet terwyl ek huis toe gestap het. (Die een is nie onderbelig nie.)