Swartval @ Protea Boekwinkel, Stellenbosch

September 9, 2016 in Uncategorized

16-09-03-swartval-martin-steyn-7278

Martin Steyn se Swartval is Saterdag 3 September bekendgestel in Stellenbosch by die Protea Boekwinkel. Naomi Bruwer van LitNet het ’n video-opname gemaak van die geleentheid. Kyk dit gerus.

Louis Esterhuizen, digter en selferkende krimivraat (links), het die gesprek ingelei deur te sê die letterkunde se plig is om mense te neem na plekke waar ons gewoonlik nie sou wou wees nie. Swartval slaag uitmuntend daarin.

Swartval is in die eerste plek ’n naelbytboek. Dit is ’n riller. Enige krimi het ’n punt waar die spanning gebreek word. Lesers sal in hierdie naelbytboek ook daardie punt bereik. Swartval hou egter nie hier op nie. Steyn neem ons dieper in die psige van die slagoffer. Ons maak ook haar eerste tree op die moeilike tog na heling mee.

16-09-03-swartval-martin-steyn-7276

Jono Amid het die gesprek gelei.

Luister gerus na die gesprek om te hoor hoe Jono Martin gesels oor die titel en die rol wat kleure, of die afwesigheid daarvan, speel.

16-09-03-swartval-martin-steyn-7287

Swartval word volledige vertel vanuit die perspektief van die vroulike slagoffer. Martin wou seker maak dat hy al die aspekte reg het, en sy konsultant was Tanya van Buuren. Sy was ook in die gehoor.

9780799380910

Swartval word deur LAPA uitgegee en is by goeie winkels te koop, asook op LAPA se webwerf. ‘n Gedeelte van elke kopie wat verkoop word, gaan aan Rape Crisis in Somerset-Wes.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *