Flori en Koelsoem se kosse

September 7, 2016 in Uncategorized

16 09 01 Bonteheuwel TV 7237

Vanaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) begin ‘n splinternuwe kookprogram: Flori & Koelsoem se kosse.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7240

Dit is gebaseer op die wegholsukses Kook saam Kaaps, deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker. Die boek is deur LAPA uitgegee, in samewerking met RSG en die ATKV. Kry jou eie kopie hier.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7246

Die twee tannies van Bonteheuwel kook, hulle loop rond in die Bonteheuwel, stel die kamera voor aan die gemeenskap en aan die plaaslike winkels waar ’n mens winskopies kan kry.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7232

Dit sal elke Woensdag om 18:00 uitgesaai word.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7256

16 09 01 Bonteheuwel TV 7235

Ek was die ander dag op stel en kon ’n paar kiekies neem toe daar saamgeëet is ná ons ’n episode gekyk het.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7236

Tannie Flori se man, oom Fonnie, regs, en tannie Koelsoem se twee seuns.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7264

Tannie Koelsoem en haar man, oom Osman.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7267

Oom Osman in gesprek met Nina Swart.

16 09 01 Bonteheuwel TV 7271

Dit kon nie met wonderliker mense gebeur nie. Beide vroue haal gereeld geld uit eie sak om vir armes in die omgewing kos te gee. Toe Saldanha, daardie groot visinmaakmaatskappy, hoor van die twee se werk, is blikkies vis geskenk. Daardie vis is weer gebruik om enorme potte kos te maak vir dié wat nie het nie. Hier is tannie Flori saam met een van Saldanha se bemarkers, wat ook genooi is om die eerste uitsending by te woon.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *