You are browsing the archive for 2016 August.

Hoërskool Durbanville wen ten spyte van kragonderbrekings

August 6, 2016 in Uncategorized

Hoërskool Durbanville, oomblikke voor die krag afgegaan het

Hoërskool Durbanville, oomblikke voor die krag afgegaan het

Om ’n stuk sonder foute uit te voer, presies soos die komponis dit bedoel het: Dit is die uitdaging wat aan kore gerig word tydens die finale rondte van ATKV Applous wat jaarliks gehou word.

Dit gaan nie oor die moeilikste stukke nie. Dit gaan oor die kies van die regte stukke en die totale toewyding aan detail.

Hoërskool Durbanville het gisteraand bewys dat hulle puik voorberei het. Hulle het die aand se kompetisie gewen, al is hulle deur twee kragonderbrekings in die wiele gery.

Die koor was só goed voorberei dat hulle in die stikdonker eenvoudig voortgegaan het, nootvas en op tyd. Lede van die gehoor het telkens selfone uitgepluk om die dirigent se hande effens sigbaar te maak, maar in daardie kort oomblikke van algehele duisternis, het die koor getoon hoe belangrik voorbereiding is.

Selfs die irriterende gepiep van monitors wat die kragonderbreking aangekondig het, kon nie die koor van hulle noot – of wysie – laat glip nie.

Hannes van Wyk

Hannes van Wyk

Die ironie van die twee onderbrekings het nie ongesiens verbygegaan nie. Hannes van Wyk, wat die gasheer van Applous 2016 is, het vooraf genoem dat die koor tydens hulle oefeninge ’n aantal keer met kopliggies moes oefen, omdat hulle deur kragonderbrekings geteister is. “Ek hoop nie dis vanaand nodig nie,” het hy geskerts terwyl die koor hulle plekke inneem.

Minute later, tydens die koor se uitvoering van die Chris Lamprecht-komposisie “Slaap”, het die krag afgegaan. Nootvas het die koor aangehou, die gehoor het selfone uitgehaal en die stuk is voltooi terwyl daar geskarrel is om die krag weer aan die gang te kry.

“Slaap” was die voorgeskrewe lied, so die beoordelaars het dit baie goed geken. Durbanville duidelik ook, want hulle het uiteindelik ook ’n sertifikaat ontvang vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe lied.

Die koor is gevra om ’n kort rukkie te stop terwyl alles weer in orde gebring is, toe het hulle voortgegaan; maar is weer onderbreek tydens ’n lied en weer kon hulle die geraas en die donker trotseer; voortgaan en klaarmaak.

Koorleier, Maria Vivier, ontvang die trofee van Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-Groep

Koorleier, Maria Vivier, ontvang die trofee van Japie Gouws

Nie een van die ander kore is onderbreek nie. Die res van die aand het sonder enige probleme voorloop.

Die lede toon hulle sertifikate

Die lede toon hulle sertifikate

Hoërskool Durbanville het goud gewen, is bekroon as die Beste Afrikaanse Gemengde Koor, het die prys gewen vir die beste uitvoering van die voorgeskrywe werk en is as algehele wenners aangewys.

Detail, selfs in die donker, dit kon Durbanville doen!

“To sustain my own family” – tuinbouers vereer deur ATKV-hoof

August 6, 2016 in Uncategorized

SS Linda

“I am a widow and unemployed and as a result I am here to see what I can do to sustain my own family. Annie Petersen has been a great help to us and is a huge inspiration for all of us. We are now able to grow our own vegetables and become self-sustaining instead of relying on hand-outs. I am also considering starting my own small business and helping others help themselves.” (Click here for the full report and the short video insert where you can hear Linda tell her story.)

Yesterday Japie Gouws, managing director of the ATKV Group, thanked Linda and a number of others for the work they are doing in Atlantis.

f16 08 05 b4802

Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV-Groep, het gister ‘n kopie van Wynand Boshoff se boek Groente van tuin tot tafel oorhandig aan ’n groep inwoners van Atlantis wat vroeër vanjaar betrokke was by ’n loodsprojek om rommel te gebruik as kompos vir die kweek van groente. (Klik hier vir ’n volledige berig.)

Die projek is geloods deur die voorsitter van die ATKV se Atlantistak, Annie Petersen, saam met LAPA Uitgewers. LAPA het Wynand Boshoff, ’n landboukenner en –aktivis gevra om Atlantis te help. Intussen het LAPA ’n boek uitgegee wat Wynand geskryf het. (Klik hier om Wynand se boek te koop.)

Gister, op 5 Augustus tydens die tak se verjaarsdagvieringe, het Japie Gouws Wynand se boek oorhandig aan Linda en aan die ander lede van die span.

(Klik hier vir ’n Afrikaanse insetsel op E-Nuus waar julle Annie Petersen kan hoor gesels.)