Alta Cloete: ’n klein saluut

August 28, 2016 in Uncategorized

alts2

“Alta Cloete doen soveel vir skrywers,” sê ons die ander dag vir mekaar in ’n vergadering. Kyk ’n bietjie wat sy doen op haar Facebook-blad “Kom ons lees weer Afrikaans”. Alle skrywers van alle uitgewers word bemark. As julle nié die blad ken nie, word gerus deel daarvan.

Dieselfde geld vir haar Facebook-blad “Afrikaanse boeke vir die jongklomp”. Klik hier as julle dit nie ken nie.

alt1

Wie is Alta?

1 Sy is waarskynlik Bruce Springsteen se grootste aanhanger.

2 Sy is lief vir diere.

3 Haar man weet alles van skape se sekslewens af (is waar, hy is ’n kenner op die teel van skape).

4 Sy is deel van ’n groepie skrywers wat besig is om vrouefiksie in Afrikaans gewild te maak – meer daaroor hieronder.

5 Lees gerus wat Alta oor haarself sê. Sy het op 30 Junie 2016 die volgende op haar Facebook-blad geplaas:

Het vandag twaalf jaar gelede die onderwys verlaat om voltyds te (probeer) skryf … Het nie ‘n benul gehad wat voorlê nie.
My plan was eintlik in die rigting van kinderboeke, maar my pad het onmiddellik onverwagse draaie begin gooi. My geloof in myself was ‘n absolute nul. My verwondering en dankbaarheid vandag is baie.
Wie weet wat die volgende dekade of wat kan bring? As ek in my vyftigs kon begin publiseer en rock shows bywoon, kan enigiets seker nog gebeur.

 

’n Voorbrandmaker vir vrouefiksie

Alta het al baie geskryf, maar haar nuutste boeke, Opdrag van oorkant en Net ’n mens was ’n ommekeer in haar skrywersbestaan.

Hiermee word sy deel van ’n klein, maar groeiende groepie skrywers wat binne die genre van “vrouefiksie” skryf.

Vrouefiksie is ’n moeilike ding om vas te pen, want dit is juis op mans én vroue gemik, maar die Amerikaners het daardie term gemunt, omdat dit ’n genre is wat dikwels fokus op vroue se belewenis, en, soos die meeste boeke, meestal deur vroue gelees gelees word.

My vriendin, die Amerikaans skrywer en agent, J.L. Powers, beskryf vrouefiksie soos volg: “Popular fiction, but somewhat more literary; it deals more with reality.”

Ek kan dit nie beter stel nie. Anders as liefdesverhale, met ’n hulle baie streng voorskrifte, kyk vrouefiksie breër, die eindes en die storielyne is veel minder voorskriftelik. Die karakters is dikwels ook ouer en meer deurleefd.

Opdrag van oorkant

Alta ontken ten sterkste dat sy André P Brink in gedagte gehad het toe sy hierdie boek geskryf het, tog is daar interessante parallelle tussen haar hoofkarakter en Brink.

Vier vroue word betrek by ’n boektoer om die skrywer se biografie, wat hy kort voor sy dood voltooi het, te bemark. Hierdie vier vroue het almal die man op ’n manier gedeel…

9780799376302

Net ’n mens

Sanet is die heel laaste een om uit te vind dat daar wel ’n ander mens in haar man se lewe was; die ergste is: Dit was nie ’n vrou nie.

Hoe werk ’n huwelik met ’n gay man?

Sanet ontmoet die karakters uit Opdrag van oorkant en so word interessante alliansies gesmee. Die vere én die klere waai in hierdie boek, want ouer mense leef nog voluit.

Oor en oor die moeite werd om te lees!

9780799380903

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *