Ommietafel is Afrikaans cool

August 13, 2016 in Uncategorized

16 08 12 ommietafel  IMG_5393

Lekker mense, goeie kos en glasies Bolandvog, sit alles ommietafel en dan leer ons baie van mekaar.

16 08 12 ommietafel 5833

Vrydagaand 12 Augustus het weer gewys dat goed is om te luister.

16 08 12 ommietafel 5834

Ek was deel van ’n paneel wat inleidend gesels het oor die taal, of tale, waarin ’n mens jou kinders groot maak en skool toe stuur. Ons het ingelei, maar toe Sedick Crombie, die gesprekleier die vloer oopstel, kyk, toe kook die gesprek.

16 08 12 ommietafel 5832

Gelukkig was daar goeie joernaliste wat die gesprek sal saamvat, so ek kon agteroor sit en my verlekker in die tale wat ons in Afrikaans praat.

16 08 12 ommietafel  IMG_5389

Oor een ding is daar saamgestem: Afrikaans se komvandaan is ’n bastertaal met baie, baie invloede. Hierdie verbastering word ook gevier by die Taalmonument.

fIMG_5394

Ons jongmense bly indrukwekkend. Hulle het nie die bagasie van die verlede nie, maar hulle weet hoe dit is om Afrikaans te wees in ’n omgewing waar Engels al hoe meer dominant is. Hulle oplossing? Hulle praat albei, plus nog ander tale.

16 08 12 ommietafel 5839

Jare terug was die Taalmonument ’n steen des aanstoots, maar nie meer nie. Onder leiding van Isabeau Botha (links) het die Taalmonument vernuwe; dit is nou ’n warm, inklusiewe ruimte wat ons diversiteit vier.

Sedick Crombie (regs), wat Vrydagaand in beheer was, het die vele stemme in die gehoor laat saampraat. Ek het dit baie geniet om almal se insette te hoor.

16 08 12 ommietafel 5841

Twee lede van die paneel: Liezel van Beek (links, ‘n sakevrou) het gesels oor haar tyd in Taiwan waar sy Engels gegee het. Sabina Dumas (regs, ’n onderwyser) het ’n baie mooi beeld gebruik; sy sê Afrikaans is soos ’n geskenkpakkie wat nie toegeplak is nie, daar is altyd plek vir nog iets om ingevoeg te word.

16 08 12 ommietafel 5835

Dr. Danny Titus (Uitvoerende Direkteur: Kultuur by die ATKV) was ook deel van die paneel. Hier deel hy ’n ligte oomblik met Amanda de Stadler, hoof van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV. By hulle is Benjamin Bock, bestuurder van die erfenisprojekte by die ATKV.

16 08 12 ommietafel  IMG_5395

Dankie aan die VVA en aan die Taalmonument. Dit was lekker om te luister! Besoek die Taalmonument, dis deesdae ‘n cool plek om te wees.

16 08 12 ommietafel  IMG_5390

Besoek gerus die Taalmuseum ook. Dit is in Pastorielaan in die Paarl.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *