Dit het by Caroline begin

August 13, 2016 in Uncategorized

Caroline Marobie

Caroline Marobie

Sestig jaar ná die herdenking van vroue wat teen die paswette betoog het, bied LAPA Uitgewers aan die lesers van Eersterust vier formidabele vroue ter viering van Vrouedag.

Augustusmaand is dan ook die maand waarop ons op vroueregte fokus.

Vandag, op 13 Augustus gaan Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker, Sophia Kapp en Santie van der Merwe optree by die Eersterustbiblioteek.

RSG saai dit regstreeks uit.

Dit het alles by Caroline Marobie begin. Sy is LAPA se ontvangsdame en is ’n kranige leser, soos baie van haar vriendinne in Eersterust.

Caroline was mal oor Santie van der Merwe se boeke Gelyke kans en Vandat jy weg is. Sy het toe die behoefte uitgespreek dat Santie die inwoners van Eersterust kom toespreek.

Verskeie gesprekke het gevolg en uiteindelik het dit ’n veel groter geleentheid geword.

Santie het nou al weer ’n nuwe boek geskryf, en Eersterust se vroue gaan haar nou ontmoet.

Eersterus is nie ’n ryk gemeenskap nie, maar hulle lees.

LAPA, die ATKV en RSG bied dus met trots die volgende program aan:

  • Fatima Abdool gesels met die huiskokke Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker van Kook saam Kaaps.
  • Christelle Webb-Joubert gesels met Sophia Kapp (Oorlewingsgids van ’n bedonnerde diva) en Santie van der Merwe (Anderkant vergeet).

Die verrigtinge word tussen 10:00 en 11:00 regstreeks op RSG uitgesaai.

caroline vier

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *