Vrouedagprogram met Martin Steyn en Rape Crisis

August 8, 2016 in Uncategorized

Op Vrouedag, Dinsdag 9 Augustus om 10:00, gesels Martin Steyn met Johann Myburgh oor sy nuwe roman, Swartval, op Radio Helderberg. Reinette Evans van Rape Crisis sal saam met hulle in die ateljee wees.

Almal kan wêreldwyd inskakel, klik hier, of op die grafika.

Screen Shot 2016-08-08 at 13.39.35

“Ek droom van die dag dat ek die woordeboek oop maak en dan staan daar argaïsme langs die woord verkragting.” Toe hy dít by die 2016 US Woordfees sê, het Martin Steyn luide applous ontvang.

In sy nuutste roman Swartval neem Martin die protes verder.

Swartval is in die eerste plek ’n naelbytboek. Dit is ’n riller. Dié riller neem egter ook die etiese aspekte van die skrywer en die leser se omgang met die slagoffer in gedagte. Elke kopie van Swartval wat verkoop, sal ook ’n skenking aan Rape Crisis waarborg.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *