Bioniese André maak skoonskip by ATKV Applous

August 8, 2016 in Uncategorized

André van der Merwe, Japie Gouws, van die ATKV, en begeleier Elzeth Germishuys

André van der Merwe, Japie Gouws, van die ATKV, en begeleier Elzeth Germishuys

Wat doen ’n mens twee maande ná ’n dubbele hartaanval? Wel, as jou naam André van der Merwe is, dan kom maak jy gou maak skoonskip by ATKV Applous se finaal.

André het in Meimaand twee hartaanvalle gehad weens ’n vernouing in sy are. Twee operasies en twee stents later, moes hy die lewe weer in die oë leer kyk.

André van der Merwe kan egter nie lank stilsit en net kyk nie, hy tém die lewe; en hy leef vir sy musiek.

Op Saterdagaand, 6 Augustus, tydens die finaal van ATKV Applous vir meer ervare hoërskoolkore, het André gewys hoe goed hy kan terugbons; dié kêrel betree nie ’n verhoog nie, hy draf daarteen op.

Net voor die pouse het hy die splinternuwe seunskoor van Hoërskool Stellenberg gedirigeer. Ná die pouse het hy die meisieskoor van Hoërskool Stellenberg deur hulle repertoire gelei.

Kyk daardie tekkies

Kyk daardie tekkies

Die Hoërskool Stellenberg se seunskoor het aandag getrek in hulle bont tekkies en wit T-hemde. André was ook in tekkies. Dié koor is aangewys as die beste seunskoor.

Interessante grimering en ystervarkpenne

Interessante grimering en ystervarkpenne

Die Hoërskool Stellenberg se meisieskoor is nou al bekend vir hulle grimering en die interessante gebruik van ystervarkpenne in hulle hare. Die koor is aangewys as die beste meisieskoor en het ook die trofee gewen as die beste koor van die aand.

Die algehele wenners met hul trofee

Die algehele wenners met hul trofee

André weet dus hoe om ’n entrance te maak, maar dit is die klank, die tegniek en die absolute dissipline wat gemaak het dat beide sy kore wenners was in hulle afdelings, en dat die meisieskoor uiteindelik weer as die algehele wenners aangewys is.

'n Informele oomblik ná die tyd

‘n Informele oomblik ná die tyd

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *