Veertig foto’s om vandag se jeug te bekyk

June 16, 2016 in Uncategorized

(This blog is also available in English. Please read it here.)

Hoe lyk ons jeug veertig jaar ná Sowetodag? Ek het deur my kamera se lens geloer. Wat hier volg is ‘n baie persoonlike blik op die land se toekomstige leiers.

l 14 12 07 lenina michaela 2_074

Lenina Parks, ‘n model

l 15 04 09 cederberg_016

Nina Cronjé, student in die sosiale wetenskappe

l 15 01 25 marieta 71_004

Lufuno Tshivhase, forensiese wetenskaplike

a 15 08 25 atkv redenaars2296 Jan-Hendrik Pretorius

Jan-Hendrik Pretorius, redenaar

a 15 08 25 atkv redenaars2181 Busi Zwane

Busi Zwane, redenaar

k 15 08 08 atkv applous0315 Hoerskool Strelitzia

Abongili Deli, dirigent, saam met Japie Gouw. Lees Abongili se storie hier.

l 15 09 24 Ernie Els Wines  9967

Mahalia Matshete, wynmaker

l 15 08 19 Atlantis 1241

Cliffordene Norton, uitgewer by LAPA

l 14 12 07 lenina michaela 2_224

Valerie March, Mikrobioloog

l 16 06 11 Allbaster 2215nabij

Marakit. Sy is ‘n Fillipynse vlugteling wat tans in Nederland woon. Sy sing oor ontheemding en die lot van vlugtelinge. Ons het baie vlugtelinge in Suid-Afrika, maar ek mag nie hulle gesigte wys nie. Daarom kies ek hierdie agtienjarige as die gesig van die vlugteling.

l 15 09 12 mashi phophi9439

Phophi, ’n vriendin en B.Com-student

m 15 11 28 Whaden Johannes 2879b

Whaden Johannes, sanger en ATKV-Crescendo-finalis

l 16 06 11 Mashi 2914bw

My meisiekind, Mashi, onderwysstudent

l 16 05 11 Kinderhuis 1512

My seunsmens, Jabu, alreeds ‘n leier

l 16 03 02 Woorfees Bome 7281

Boomplanters by die Hoërskool Lückhoff; lees die volledige storie hier.

l 16 05 11 Kinderhuis 1484

’n Meisie van die Durbanville Kinderhuis, wat naamloos gelaat sal word  Daar is baie leiers wat vandaar kom. Ons mag hulle nie altyd wys nie.

a 15 12 09 vva babalela 5510

’n Jong inwoner van Jamestown. Wie weet hoeveel potensiaal lê opgesluit agter daardie ogies?

a 15 02 20 atkv handevat 52_036

‘n Leerder by die Tshiamo Primary School in Vergenoeg, net buite Kimberley. Lees hulle storie hier.

a 15 02 20 atkv handevat 51_069

En ‘n meisie van dieselfde skool as die seun hierbo. Hoewel ek hou van die foto, is daar iets wat krap daaraan dat dit al weer die skoolmeisies is wat al weer die rol van skoonmaker oorneem.

Nie alles Maanskyn en rose nie

Inderdaad. Daar is enorme probleme wat vir ons jeug voorlê. Die ATKV sê byvoorbeeld in ’n persverklaring: Ons land het soveel gevorder, die apartheidswetgewing is lank reeds afgeskaf, mnr. Mandela en talle ander kon uit die gevangenisse stap. Hulle kon hande kom vat met mnr. de Klerk en sy gemeenskap. Ons het ‘n versoening beleef waarvan die wêreld vandag nog in vervoering raak. Ons realiteite in 2016 vra egter vir dringende antwoorde.

Hulle is reg.

p 15 12 01 Vigsdag Atlantis 3655sqb

Kyk hierdie bendelid wat ek – met sy toestemming – in Atlantis afgeneem het. Op sy hand staan THUG – en dit is permanent.

p 15 12 01 Vigsdag Atlantis 3816

Daar is ook gewoon te veel kinders wat na kinders moet omsien. Wat die rede ook al is.

Sy lig haar vuiste

l 15 06 30 Addo 77847

Die Suid-Afrikaanse jeug van vandag se leefervaring is anders as die jeug van 16 Junie 1976. Hulle raak soms ongeduldig met die voortdurende verwysings na die tyd voor 1994. Hulle wil voortgaan en hulle bydraes tot die land maak los van die blokke van die verlede. Aldus die ATKV.

16 03 4 Woordfees 57758

Ons het dit gesien by die US Woordfees waar jongmense vertonings ontwrig het. Lees meer hier.

Nie alle protes is egter negatief nie.

p 16 02 19 ATKV Handevat 6960

Hierdie leerders het protes aangeteken by ’n ATKV-geleentheid – en dit baie positief gedoen.

p 16 02 19 ATKV Handevat 6962

Hulle is van die Hoërskool Monumentpark en hulle protes was goed georganiseerd en ten volle deel van die verrigtinge. Lees die berig hier.

Skep geleenthede

a 16 05 25 ATKB AJV Goudini 2048

Die ATKV self skep talle geleenthede vir jong mense om te praat. En dan moet die ouer mense stilbly.

a 16 05 25 ATKB AJV Goudini 2044

By die onlangse algemene jaarvergadering is wegbreeksessies geskep wat deur die jeugtakke gelei is, die ouer garde kon versoek om te praat, en hulle het, maar hulle moes ook luister.

Dit is egter opvallend hoe die jongmense ook kuns gebruik om met die ouer geslag te kommunikeer – en ons uit te daag.

k 15 10 08 Tienertoneel0188

Die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch het by die ATKV-Tienertoneel gewen met ‘n stuk wat handel oor hulle eie belewenis van skoolgaan.

k 15 10 08 Tienertoneel0424

Randfontein High het die gehoor uitgedaag met ’n brutale stuk oor wat in die tienertronke gebeur. Die spelers van Randfontein High is met staande ovasies begroet deur oud en jonk. Klik hier vir ’n volledige berig.

k 15 10 08 Tienertoneel0473

Hoërskool Noordheuwel by die ATKV-Tienertoneel

“Uit die 52 miljoen Suid-Afrikaners word gesê meer as 20 miljoen is jong mense. Met die uitdagende periode in ons geskiedenis voor ons klink die gevestigde kreet van jongmense nou juis helder: nie oor ons of van ons nie, maar met ons. So sluit die ATKV hulle persverklaring oor 16 Junie 2016 af.

k 15 10 08 Tienertoneel0520

Hoërskool Jan van Riebeeck se multimediavertoning by die ATKV-Tienertoneel.

l 14 12 06 riel 3_072

Nie oor ons of van ons nie, maar met ons.

Luister, sê die jongmense. Selfs hierdie rieldanser in haar tradisionele daag die ouer orde uit. Die jonger dansers verander die riel om te pas by moderne tendense.

l 15 07 22 Riel 58338

Die riel vernuwe en ons jong mense kom as wêreldkampioene terug van Los Angeles af – waar hulle meer as sestig ander lande die loef afgesteek het.

Soos die ATKV ook in hulle verklaring sê: By die ATKV fokus ons op jongmense se ontwikkeling, jeugleierkap en jeug betrokkenheid in kultuur -, taal -, onderwys – en gemeenskapsprojekte. Dis vir ons spesiaal om te kan ervaar hoe jongmense ten spyte van omstandighede leiding neem en wys hoe Suid-Afrika kan saam sing, saam hulle taal uitbou. Hulle doen dit in ‘n nuwe Suid-Afrika met vars benaderings.

l 15 05 15 flf a 5557

Ek sien dit elders ook. Kyk hierdie drie meisies wat ek by die Franschhoek Literêre Fees afgeneem het. Ek plaas hierdie foto omdat hulle hele wese sê: Ons laat ons nie voorsê nie.

Tegnologie

t_MG_6210

Dis nou maar ’n feit. As ek ek iets nie weet nie, vra ek ’n kind.

t 16 02 27 Greyton 7022

Hulle het kennis.

t 15 05 02 wildernis4678

En hulle weet hoe om dit te gebruik.

Sport

s 14 03 28 sggs athletics_545

Ek sluit af met ’n paar sportfoto’s.

s 14 03 28 sggs athletics_105

Dit is nie bekende mense nie, wel. Nog nie.

s 15 05 28 soccer7056

Hou ons jongmense dop!

*

Die kursiewe gedeeltes kom verbatim uit ‘n persverklaring van die ATKV. Die volgorde daarvan en interpretasie daarvan is my eie.

0 responses to Veertig foto’s om vandag se jeug te bekyk

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *