You are browsing the archive for 2016 May.

Ou vriende en nuwe skoene

May 27, 2016 in Uncategorized

“Izak!” skree die man wat uit die bussie klim. “Ek is Paul.”

Ek en Paul Cahill

Ek en Paul Cahill

Vir ’n paar oomblikke slaan my brein bolmakiesie. Ek staan Woensdagoggend teen dagbreek reg met my kamera by die ATKV se algemene jaarvergadering en die man… Is Paul Cahill. Ek het hom dertig jaar laas gesien. Ons was saam op skool.

Paul was daar in Goudini as stemgeregtigde vir die Pietermaritzburg-tak. Ek was daar as joernalis en deel van die korporatiewe span. (Lees my meer amptelike verslag hier.)

En hier staan Paul.

Hoe lekker. Dertig jaar het baie aan ons verander. Ek het hare gehad. Paul onthou ek vir sy donker krulle. Kyk hoe lyk ons nou.

Alles deesdae digitaal

Alles deesdae digitaal

Al wat nie verander het nie, is die kamera. Paul sal julle vertel ek was toe al kranige fotograaf.

Ek was destyds ’n hardloper ook.

Vandaar die oproep van ’n ander skoolvriend.

Ek (links) en Chris Steenkamp in toeka se dae

Ek (links) en Chris Steenkamp in toeka se dae

Chris Steenkamp bel my Donderdagoggend en sê: “Sakkie. My ma bel my nou en sê jy het geld nodig vir skoene. Wat de hel gaan aan?”

Sy ma het my natuurlik kaalvoet sien draf op Kwêla. Toe kon ek darem in alle eerlikheid vir Chris sê: “Moenie die geld vir my stuur nie. Ek het genoeg, stuur dit vir die Kinderhuis.”

My akkomodasie by die ATKV-Goudini Spa

My akkomodasie by die ATKV-Goudini Spa

Chris se oproep het my egter laat besef hoe gelukkig ek is. Ek het ’n baie goeie werk, waarvan ek regtig hou, en ’n wonderlike gesin.

Benjamin Bock (ATKV) saam met die skrywers van Kook saam Kaaps

Benjamin Bock (ATKV) saam met die skrywers van Kook saam Kaaps

LAPA Uitgewers en die ATKV gee my die geleentheid om my drome uit te leef. Hulle betaal my boonop.

So moet ek darem ’n ander staaltjie ook vertel. Nancy Richards, die doyenne van joernaliste het my kort na Chris gebel. Sy wou die kloutjie van die ATKV by die LAPA-oor kry na aanleiding van ons tuinbouprojek in Atlantis. Ek het vertel. Haar woorde was: “The lights are switching on for me.”

Jong mense by die AJV

Jong mense by die AJV

Jip. Dis lekker om te mag werk in ’n omgewing wat my die hele tyd uitdaag. Dis lekker om trots te mag wees op wat my werkgewers vir ander doen.

Ons land se toekoms

Ons land se toekoms

LAPA en die ATKV maak dit dan ook vir my moontlik om die werk met die Durbanville Kinderhuis te doen. Daarvoor is ek ook dankbaar.

Laastens is ek oneindig dankbaar vir almal wat my projek met die Kinderhuis steun. Talle skrywers, talle redakteurs, talle facebook-vriende, het julle harte oopgemaak en alles oor en oor die moeite werd gemaak.

Vir julle elkeen sê ek baie dankie.

Dankie. Dankie dat julle ’n verskil maak aan my en die kinders in die Kinderhuis se lewens.

Ek moet LitNet ook bedank wat geweldig baie doen vir die Durbanville Kinderhuis, en natuurlik Kwêla vir die mooi insetsel die ander dag.

Ek gaan julle in my hart hou wanneer dit seer word Sondag.

wingsLees ook:

Pasop vir die bose engel, maan ATKV-hoof

144 redes waarom ’n lafaard sonder skoene sal hardloop

Die Durbanville Kinderhuis se blog: http://blogs.litnet.co.za/kinderhuis/

Kry kos uit rommel

Meer oor die ATKV-projekte in Atlantis

Hoekom? Why? Coward@Kaalvoet

May 22, 2016 in Uncategorized

www.durbanvillekinderhuis.org.za/

www.durbanvillekinderhuis.org.za/ 

Hoekom hardloop jy kaalvoet?

Daar is ’n baie redes, 144 van hulle. Hulle woon in die Durbanville Kinderhuis.

Why do you run barefoot?

There are many reason, 144 of them. They live in the Durbanville Children’s Home.

Miep en Stoffel Nienaber

Miep en Stoffel Nienaber

Hoekom hardloop jy?

My oupa Stoffel, vir wie ek baie lief was, het eendag met ’n stout glimlag gesê: “My kleinseun oefen om ’n lafaard te wees.”

Why do you run?

My grandfather, Stoffel, whom I loved dearly, once said with a naughty twinkle in his eye: “My grandson is training to be a coward.”

Peter Taylor

Peter Taylor

Hoe het die kaalvoetding gebeur?

Ek het op ’n plaas grootgeword waar ons altyd kaalvoet was. Toe trek ons stad toe en skielik was dit nie meer cool nie.

Gelukkig het ek weer tot insig gekom. Greg Andrews, ’n berggids, het my geleer dat ’n mens baie beter vastrap en minder geneig is om te gly as jy kaalvoet is op die berg.

Peter Taylor, die legende, hardloop al amper dertig jaar die Twee Oseane kaalvoet – vir die gidshondvereniging.

Toe probeer ek. Ná ek my eerste kaalvoetmarathon voltooi het, sê my klub, Celtic Harriers, toe: As jy mal genoeg is om dit te doen, kry ’n rede. Toe bel ek die Durbanville Kinderhuis, en nou het ek my 144 redes.

Greg Andrews

Greg Andrews

How did this barefoot thing happen?

I lived on a farm where I always walked barefoot. Then we moved to the city and suddenly it was no longer cool.

Luckily, I remembered again.

Greg Andrews, a mountain guide, taught me that one has much better grip on the mountain without shoes.

Peter Taylor, the legend, has run nearly thirty Two Oceans without shoes. He runs for the Guide Dog Association.

Then, when I had finished my first barefoot marathon, my club, Celtic Harriers, said: If you are going to be mad enough to do this, get a reason to do so. I then phoned the Durbanville Children’s Home and know I have 144 reasons.

*

Donasies aan die skoolskoenfonds kan hier gemaak word: https://www.givengain.com/ap/barefootrunnerforkids/

Donations to the school shoe fund can be made here: https://www.givengain.com/ap/barefootrunnerforkids/

*

Julle kan meer te wete kom oor die Durbanville Kinderhuis deur hier te kliek: http://www.durbanvillekinderhuis.org.za/pages/afrikaans/tuis.php

You can learn more about the Durbanville Children’s Home by clicking here: http://www.durbanvillekinderhuis.org.za/pages/english/home.php

*

Foto-erkennings / Photo credits:

Peter Taylor: moderncyclist.co.za

Greg Andrews: Anneleigh Jacobson

Izak de Vries: Jetline Action Photography

Miep & Stoffel Nienaber: Izak de Vries

Op reis met stories

May 19, 2016 in Uncategorized

16 05 office IMG_4379

Ek was verlede week in Mosselbaai, en dus lank in die motor. Wat gebeur so op die langpad?

Klim in, ry saam. As jy so lief is vir stories soos ek, dan sal jy hopelik my geselskap geniet.

Ek vertrek net voor ses. Dis nog donker, maar Mosselbaai lê ver. Die N2 is toe en ek moet kuslangs ry.

Heel gepas, vertel ek myself. Ek is op pad na Sao Bras, ’n skool vernoem na ’n Portugese dorp, want Dias het daar aan wal gespoel en water ingeneem ná hy ook ’n bietjie van ompad gevat het.

By die Engen gooi ek petrol in. Orals is polisievoertuie. Hemel. Laat my dink aan die tagtigs. Grabouw brand. Hulle is op pad soheentoe.

Grabouw is die rede waarom ek ’n ompad moet ry. Inkommers. Inwoners. Die stryd is so oud soos die verversingspos aan die Kaap. Dalk selfs ouer?

16 05 bettysbaai IMG_4339

Ek ry dus deur Bettysbaai.

16 05 Kleinmond IMG_4343

Die son kom op toe ek deur Kleinmond ry. Nou terugdraai N2 toe.

16 05 Riviersonderend IMG_4344

By Riviersonderend is ek lus vir koffie. Hier is ook talle polisievoertuie. Die bevelvoerder raak moerig toe ek die kamera uithaal. Vir ’n oomblik is daar spanning. Ek ken my regte as joernalis, maar dan besluit ek – dit is nie die moeite werd nie. Hy is duidelik opgewerk oor ’n nag se ry en die vooruitsig van Grabouw, ék het nog ’n lang pad voor na Mosselbaai. PEN Afrikaans se regsgeleerde, Bettina Wyngaard, is boonop vasgekeer in die einste Grabouw. Ek sit die kamera weg.

16 05 road trip IMG_4346

In die verversingspos sien ek hierdie oulike aanhaling. Road trip, baby! Ek pos ’n status op Facebook wat lui:

I am not bored, but I did enjoy this message. Awful coffee, though.
Met 
LAPA Uitgewers en die ATKV wat my orals besig hou, is daar nie rede om verveeld te wees nie. Gelukkige ek. Orals is daar stories!

E-pos lees, antwoord en ’n paar oproepe maak. Die werk wag nie, maar my kantoor is dragbaar.

Nou is dit voet in die hoek. Die N2 is stil. Ek ry lekker, maar moet kol-kol stadiger vir die mis.

16 05 Heidelberg IMG_4347

Teen die tyd dat ek Heidelberg tref, is ek moeg gesit.

16 05 12 Sao Bras 71586 JantjiesDie dorpie is klein, maar vanaand se gasspreker, Theodore Jantjies het hier grootgeword. Min mense ken hom as Theodore. Almal weet egter wie Xander van 7de Laan is.

E-posse antwoord, met Pretoria reël dat foto’s van Tannie Flori en Tannie Koelsoem na die Huisgenoot gestuur word.

Rek, strek en die laaste skof pak.

16 05 Mosselbaai IMG_4348

Mosselbaai is ’n mooi dorp. My eerste vergadering is onder, naby die klipstrand.

16 05 12 Sao Bras 51537

Hierna ry ons deur township toe en gaan kuier by Sao Bras, kry inligting, skiet ’n paar foto’s.

16 05 12 Sao Bras 51514

Dit is ’n ongelooflike skool in ’n bitter arm buurt.

16 05 12 Sao Bras 51518

Nou my hotel gaan kry. Die Diaz. Natuurlik.

Knip ’n uiltjie en begin voorberei. Vanaand moet ek weet wat aangaan.

16 05 12 Sao Bras 51520

Soos die son sak, verlang ek na die gesin. Ek is gemaklik op my eie, maar met so ’n uitsig wil ’n man darem ’n lyf hê om dit mee te deel.

G’n wonder die matrose het maar ’n meisie in elke hawe nie.

Ek bel my meisiekind. Sy babbel.

Ek stuur ’n foto van die uitsig vir my seun. Hy stuur ’n duimpie wat regop wys.

My vrou kry ook ’n boodskap. Ek sê ek mis haar. Sy stuur ’n hartjie.

16 05 12 Sao Bras 51543

Helaas. Die werk wag. Ek ry terug na Sao Bras. Die ATKV se Sterskooltoekenning is ’n triomf. Lees gerus my storie hier.

Terug na die hotel. Dit is al laat. Ek tik verder, maak veranderings en stoor idees voor ek hulle vergeet. Dit is lank ná middernag toe ek afsit en op die stoep staan ek uitkyk. Ek is lus om by die huis te kom, maar die hotel gee eers ontbyt om 07:00. Daarvoor wag ek beslis nie.

Om 05:00 is ek op, stort en neem die bergpas Oudtshoorn toe.

Vroegoggend gesels RSG lekker. Die hoofnuus is die 90% plaaslike musiek wat die SABC wil laat speel.

Net buite Oudtshoorn draai ek links op die R62. Dit begin lig word.

16 05 12 Sao Bras 51668

Toe die son net begin kop uitsteek, sien ek Bella de Karoo. Ek is moeg en honger. Daar is ’n meisie op die stoep, so ek stop.

16 05 12 Sao Bras 51663

“Is julle oop?”

“Ja, meneer. Natuurlik.”

16 05 12 Sao Bras 51665

Ek bestel koffie en begin weer e-pos lees. Die sein is gelukkig swak, so ek besluit om te ontspan. Dit is rustig in die Karoo.

16 05 12 Sao Bras 51662

Die koffie kom. Heerlik. Héérlik. Dis mos hoe koffie moet smaak!

16 05 12 Sao Bras 51666

Die ontbyt is ook besonder lekker. Ek is so bly ek het die R62 gekies. Enige mens kan maar hierlangs ry. Enige tyd.

Terug in die motor hoor ek die N2 is oop. Hoeveel moeë polisiemanne het dit geverg?

By Calitzdorp is die sein goed genoeg dat ek kan e-posse lees. Abrie Coetzee se Draai jou sente om gaan op Ontbytsake wees en hulle soek inligting.

16 05 12 Sao Bras 51677

Ek reël die nodige en ry ’n draai deur die dorp. Hier sou ek langer kon spandeer. Braam de Vries en Cloete Breytenbach het dekades terug ’n boek oor Karoodorpe gedoen. Roger Ballen het dorpe afgeneem.

16 05 12 Sao Bras 51673

As ek aftree, gaan ek tyd maak. Sal maar na Abrie se wysheid luister.

16 05 12 Sao Bras 51671

Dan wil ek ’n week op ’n slag so in ’n dorpie bly.

16 05 12 Sao Bras 51678

Maar nie vandag nie.

Die pad wag.

16 05 12 Sao Bras 51701

Hierdie draai vra vir ’n foto. Ek stel die kamera se sluiter op stadig en wag vir ’n rooi motor. Wel. Is alle motors op die R62 dan wit? Later neem ek maar wit motors af. Hierdie vragmotor se vorm pas by die prentjie. Ek staan op, klim in die motor en druk die neus pad toe. Daar kom ’n motor en ek moet rem trap, dit is ’n rooi vervlakste bakkie!

16 05 12 Sao Bras 51704

Die pad is mooi, maar so ook die name. Amalienstein. Zoar. Dit laat my dink aan daardie beeldskone storie van Chris Barnard, “Die agtuurtrein”, wat in Gerrit Rautenbach se boek Mooiloop opgeneem is. Daardie twee mense reis deur name.

16 05 12 Sao Bras 51707

Hoe bevoorreg is ek nie om die dorpe en die veld self te sien nie. Al wag die werk en ek moet aanstoot.

16 05 12 Sao Bras 51714

Ladismith doem op. Braam se dorp. ’n dorp van stories. Die sein is sterk en ek laai e-pos af. Sjoe. Die werk wag nie.

16 05 12 Sao Bras 51713

Oorkant die Kannakombuis trek ek by ’n systraatjie in.

Ek bel tannie Koelsoem. Hulle is weer die beste verkoper van alle Suid-Afrikaanse boeke. Tannie Flori het vrae oor ’n komende optrede.

Skuins oorkant my trek ’n voorman sy bakkie teen die randsteen. ’n Vriend stop by hom. Reg langs my stop ’n vrou om met iemand in ’n ander motor te gesels. Motor nommer ses daag op en seker vir die eerste keer in die dorp se geskiedenis is daar ’n verkeersknoop.

Ek beduie ek sal padgee. Die verkeersknoop is opgelos.

16 05 12 Sao Bras 51716

Ek ry kerk toe, want ek wil ’n mooi foto kry. Oorkant die straat bel ek Pretoria. Almal is op soek na die skrywers van Kook saam Kaaps. Die twee vroue is gewoon oral in aanvraag. Ek stuur versoeke deur, en deel hulle idees van elke versoek.

Meer as ’n uur later vertrek ek eers uit Ladismith, maar ’n groot homp werk is gedaan.

16 05 12 Sao Bras 51718

Skuins voor Barrydale stop hulle ons. Die R62 is in ’n fantastiese toestand. Wanneer iets haper, word dit reggemaak.

16 05 12 Sao Bras 51720

Dit gee my die geleentheid om die Karoolandskap af te neem. Ek is mal oor die Karoo.

Die verkeer vertrek weer in enkelgelid. Net voor Ronnie’s Sex Shop maak die pad weer oop. Die meeste van my reisgenote stop, maar ek besluit om liewer Barrydale te gaan verken.

16 05 12 Sao Bras 51722

Barrydale is pragtig, ook op ’n afstand. Groot skrywers kom van hier. Wilbur Smith het hier gewoon. Christine Barkhuizen-Le Roux en Max du Preez ook.

16 05 12 Sao Bras 51723

Die bordjie na The Blue Cow trek aandag. Ek gooi flikker.

16 05 12 Sao Bras 51724

Die tema word deeglik geïntegreer.

16 05 12 Sao Bras 51725

Ook vir die reisiger wat vanoggend bitter vroeg opgestaan het!

16 05 12 Sao Bras 51727

Die uitsig vanaf The Blue Cow se stoep is indrukwekkend.

Ek bestel cappuccino en maak die iPad oop. Die klompie e-posse word afgehandel, maar ek moet gou ’n dokument opstel en klaarmaak. Pretoria wag.

Die eienaar van The Blue Cow, Hanette Cooke, het egter ’n neus vir ’n storie. Sy kom stel haarself voor en kort voor lank hoor ek van nog skrywers op die dorp – die meeste, moet ek erken, het ek nog glad nie gelees nie.

“Daar soveel stories hier,” sê sy. “Kom bly nou ’n slag vir ’n naweek op die dorp. Dan stel ek jou voor aan die mense.”

Sy los my dat ek my dokument kan tik.

Die kelnerin kom saggies my koppie wegvat. Ek bestel ’n tweede.

16 05 12 Sao Bras 51728

Skielik is hier ’n groot bord langs my. “Die kaaskoek is op die huis,” sê Hanette. “Jy kan nie in my restaurant wees en nie my speciality proe nie!”

Kyk. So ’n gegewe tert word nie nie deur ‘n Banting-bek geweier nie. Dis héérlik.

Ek proeflees die dokument, stuur dit Pretoria toe en jaag gou weer ’n paar e-posse na verskillende wêrelddele. ’n Amerikaanse agent knibbel aan ons skrywers en ek moet bontstaan.

Uiteindelik is ek weer in die groen kar.

16 05 12 Sao Bras 51731

Daar gaan ons.

16 05 12 Sao Bras 51732

Barrydale is pragtig, ek wil die geliefde hiernatoe bring.

Die pad is oop en ek sit voet neer.

16 05 12 Sao Bras 51733

Orals is piekniekplekke. As kind het ons gereeld by sulke tafeltjies gestop. Ek besluit om een af te neem die nostalgie lê dik onder die koel skaduwee van die bome.

Terug op die pad.

Ek skakel RSG aan. Maar liewe hemel. Wie pleeg hulle hulle speellys? Nee magtig!

Na een en half liedjie van swak rym en ‘n enkelstemmige gesanik, sit ek af.

Waar is Laurinda Hofmeyr? Amanda Strydom? Laurika Rauch? Herman van den Berg? Ek kan aangaan. Nee, hemel. Ons het ongelooflike kunstenaars in Suid-Afrika. RSG het wonderlike programme, wie besluit om die snert te speel?

Ek druk Anton Goosen se Danzer in die cd-speler. Loeiende kitare maak my bly.

16 05 12 Sao Bras 51735

Iewers, ek kan nie mooi onthou nie, stop ek eers om hierdie laning kannas af te neem.

Net buite Montagu begin die padwerke weer en ons mis uiteindelik die grootste deel van die dorp.

Die pad is besig en die verkeer swaar danksy die stop-ry-beheer.

Teen die tyd dat ek Ashton tref, moet ek bene rek.

16 05 12 Sao Bras 51739

Die groot KOO-teken trek met aandag. Ek het met KOO grootgeword.

16 05 12 Sao Bras 51741

Dit is egter die supermark oorkant die pad wat weer die nostalgie oopdraai. Ek onthou sulke geboue uit my jeug op De Doorns.

Van hier af was dit reguit huis toe. Ek het vinnig by die Shell buite Worcester gestop en toe deurgedruk. Dit is Vrydagmiddag. Ek wil my mense sien.

Net voor ek die laaste stuk pad aandurf, maak ek gou seker die e-posse is onder beheer en alles op Facebook ook.

Ek sien die kommentaar wat my vriend Awie gelewer het op my plasing by Bella de Karoo vroeg daardie oggend. Jy lewe soos ’n koning.

Ek antwoord: Jy is reg.

Die wagens van die Wagenmakersvallei

May 10, 2016 in Uncategorized

16 005 07 Wellington a1102

Wellington is geleë in die Wagenmakersvallei. Daar was dus vele wagens by die Op ’n Stasie-fees. / Wellington is situated in the Wagenmakersvallei. That is Dutch for The Valley of Wagon Makers. This weekend a number of vintage wagons were on exhibit in the valley.

16 005 07 Wellington a1112

16 005 07 Wellington a1111

16 005 07 Wellington a1110

Die disselboom. / The beam.

16 005 07 Wellington a1115

Die lykswa. / The hearse.

16 005 07 Wellington a1133

16 005 07 Wellington b1395

Daar was indrukwekkende motorwagens ook. / There were a few impressive motorised wagons as well.

16 005 07 Wellington a1223

16 005 07 Wellington a1224

Dit is skaalmodelle. / These are scale models.

16 005 07 Wellington b1387

16 005 07 Wellington b1388

Slim. Daar was outydse klere waarin jy jouself en gesin kon tooi. Jy kon dan die foto’s koop. / There were vintage clothes as well. Families could have themselves photographed on the wagons.

Moedersdagboodskap aan Afrikaans

May 10, 2016 in Uncategorized

Afrikaans het op 8 Mei verjaar.

Japie Gouws Moedertaal 16 04 19 Woordtrofees0411

Liewe Moeder Afrikaans

Ons het aan moedersknie geleer om ons eerste woorde te praat en ons het ons menswees en gewoontes met moedersmelk ingekry.

Ons Afrikaanse kinders was soms stout en het al dikwels daaroor pak gekry. Ons het nie altyd gehou van ons ooms en tannies en niggies en nefies nie en ons wou nie altyd met die bure se kinders speel nie. Ons het egter agtergekom dat dit veral ons Moeder en ons Moederland is wat ons gemeenskaplike gronde gee om wel met mekaar oor die weg te kan kom.

Ons voorsate het gesorg dat ons Moeder uit formidabele en diverse families kom. Haar nasate was eweneens raakvatters en het gesorg dat ons groei en ontwikkel tot volwaardigheid en volwassenheid. Ons kennis en kreatiwiteit oor jare maak ons ʼn onmisbare deel van ons Moederland en van Moederaarde.

Ons staan ons man. Ons werk met ywer en kreatiwiteit om te help dat ons moedertaal en ons Moederland suksesvol is. Ons gee nie moed op nie en werk toekomsgerig en inklusief.

Dankie Moeder Afrikaans vir ons wortels. Dankie vir wat ons kon leer en steeds elke dag ontdek.

Baie gelukkige Moedersdag op hierdie dag in 2016!

Met baie liefde van u kinders.

Japie Gouws

Besturende direkteur ATKV-groep

Entrepreneurs!

May 8, 2016 in Uncategorized

Kyk wie loop ek gister raak by die Op ’n Stasie-fees!

16 005 07 Wellington a1059

Ek het ’n jaar gelede hierdie outjies ontmoet toe hulle met hulle opleiding begin het. Gister was hulle daar, gereed om die honger hordes te voed en van vog te voorsien. Slim!

16 005 07 Wellington a1064

Dit is so lekker om te sien hoe hierdie jong kinders kon groei!

16 005 07 Wellington a1067

Die opleiding is verskaf deur die ATKV,  saam met die Suid-Afrikaanse Polisie, die Plaaswerkersforum, AgriMark en die plaaslike skole.

bl 15 02 07 entrepreneurs

Hier is ’n foto wat ek verlede jaar, op 7 Februarie 2015, geneem het. Dit was die eerste dag van hulle opleing. Heel regs staan Tharina Schweidler, een van die dryfvere agter die entrepreneursdag én die Op ‘n Stasie-fees.

Die moeder van melkterte

May 7, 2016 in Uncategorized

Op Saterdag 7 Mei 2016 het die ATKV se Wellington-Gesinstak ’n wêreldrekord probeer breek met die moeder van alle melkterte. Dit was deel van die jaarlikse Op ‘n Stasie-fees.

16 005 07 Wellington a1074

Die kors is groot.

16 005 07 Wellington a1070

Die vulsel vloei.

16 005 07 Wellington a1081

Nog vulsel word gekook.

16 005 07 Wellington a1085

Liters en liters melk is gebruik…

16 005 07 Wellington a1082

…sodat meer vulsel gekook kan word.

16 005 07 Wellington a1077

Nog vulsel word geplaas.

16 005 07 Wellington a1158

En nog word gekook.

16 005 07 Wellington a1094

Die kaal kors word kleiner.

16 005 07 Wellington a1164

Minister Anroux Maris, minster van Sport en Kultuur (links), daag op. Sy was baie pret en het werklik belanggestel.

16 005 07 Wellington a1153

En nog vulsel word gemaak.

16 005 07 Wellington a1144

Alles is bedek. Nou is dit amper klaar!

16 005 07 Wellington a1126

#Terterige #Selfie! Die omroepers van Bok Radio doen die noodsaaklike ding vir hulle sosialemediablootstelling. #Melktert

16 005 07 Wellington a1257

Daar staan die kaneel en die mes lê gereed. Wil julle raai wat in daardie koppies aangaan?

16 005 07 Wellington a1288

En, daar is dit. Die finale stap. Minister Anroux Marais bestrooi die melktert met kaneel.

*

Ek het baie hard probeer om al die statistiek te kry. Hoeveel liter melk? Hoeveel suiker? Watter resep? Maar ek kon nie. Die organiseerders was dol besig met verskeie aspekte van die Op ’n Stasie-fees. Ek kon ook, by die skryf hiervan, nie bevestiging kry of akkreditasie vir die rekord verkry is nie.

Wat ek wel weet: Daar is baie melktert verkoop en geëet!

God stuur in by die agterdeur

May 2, 2016 in Uncategorized

“Ons is geseënd,” sê Koelsoem.

Hulle vertel my van Saldanha Foods wat vir Flori gebel het en beloof het om vis te kom aflaai nadat hulle haar op die radio hoor praat het.

“Ja, sê daai op die internet!” sê Koelsoem.

“Dit was Jason. Hy het gebel,” antwoord Flori en maak seker ek tik dit op die iPad. “Daarna was dit Colleen en Tina. Hulle bring toe al hierdie vis.”

Toe sê Flori: “Jy stuur uit by die voordeur, God stuur in by die agterdeur.”

bl 16 04 28 Bonteheuwel0008

(Klik om groter te maak)

*

Ek was in die Bonteheuwel vir ’n fotogeleentheid en ’n personderhoud. Min mense besef hoe hard hierdie twee vroue werk.

Ná die onderhoud stel ek die ateljee op onder Koelsoem-hulle se afdak. So gebruik ek natuurlike lig én my flitse.

Die twee vroue kom staan. Nog harde werk. Ek kry my kiekies.

Die ateljee word weer stuk-stuk afgebreek en motor toe gedra.

Ek bied aan om vir Flori huis toe te neem. Koelsoem dring aan dat ek barrakat neem; samoesas en daltjies, nog warm uit die olie.

Ons ry na Flori se huis. “Jy hoef nie uit te klim nie,” sê sy. Maar toe: “Wag, moenie ry nie. Kom kry gou vir jou iets.”

Ek stap saam in huis toe. Flori gaan spens toe en kom uit met van die blikkies Saldanha vis. “Jy help so baie,” sê sy.

En daar loop ek by haar voordeur uit met nog kos.

Nkosi sikelel’ uFlori Schrikker.

Nkosi sikelel’ uKoelsoem Kamalie.

koelsoem flori

Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

(Klik om groter te maak)

izakdevries photography

Beide gesinne is Bonteheuwel toe geskuif in dieselfde tyd as wat Distrik Ses wit verklaar is. Hier moes hulle ma’s en oumas bou aan ’n nuwe lewe, ’n nuwe gemeenskap.

Dié twee bou voort daarop. Hulle maak kos met die minimum en hulle gee kos vir die maksimum hoeveelheid mense.

Gadija Kamalie

Gadija Kamalie

“Ja,” sê Gadija, Koelsoem se dogter, self deesdae ’n voorvatter. “Iets moet mos ver skep.”

“Dis reg,” sê Flori. “Almal wat daar ingekom het, het geëet.”

Vandag is dit steeds dieselfde.

Een maal ’n maand maak Koelsoem ’n pot sop van 100 liter en gaan deel dit uit onder die armes. As daar ’n nood by die moskee is, dan is Koelsoem daar. Ditto met die NG Kerk. Sy is altyd daar om die kerk te help as die nood druk, al is sy ’n baie streng Moslem.

Ook Flori, ’n baie gelowige Christen, is bekend vir die sop wat sy in die winter uitdeel – veral aan die kinders. “My ma het altyd gesê jy kook nie net vir jou self nie, jy kook ook vir die mense wat nog inkom.”

9780799375039

Thug?

May 1, 2016 in Uncategorized

(English text below)

15 12 01 Vigsdag Atlantis 3655bs

 (Click to enlarge / Klik om groter te maak)

Canon EOS 7D & Canon 70 – 200mm f2.8L USM

1/320 f4.5 ISO100 (80 mm)

Ek het hierdie foto onlangs in Atlantis geneem. Die knaap het my gesien en geskree dat hy ook afgeneem wil wees. Natuurlik het ek.

Dit was eers toe ek die foto’s ontwikkel dat ek sien wat op die tats staan. THUG staan op sy regterhand. (Sien detail heel onder.)

Eish.

Is dit hoe hy homself sien? Is dit sy toekoms?

Een van die redes waarom ek betrokke is by die Durbanville Kinderhuis, is juis omdat hulle kinders help om in die samelewing in te pas en uit die tronk te bly.

Mense wat daagliks werk met jong kinders, wat ’n hoë risiko het om in kriminele gedrag betrokke te raak, sê:

  • Ons moet die bestaande kurrikulum uitgooi en weer ons kinders vaardighede begin leer.
  • Die geld wat ons op die strafstelsel spandeer, moet ons eerder gebruik om kinders daaruit te hou. Tronke is universiteite vir kriminele, tog is ons besonder gemaklik daarmee om te betáál om kinders en jongmense tronk toe te stuur.
  • Ons wat het, moet betrokke raak. Selfs al lees jy een middag ’n week by ’n skool, maak dit reeds ’n verskil. (Lees gerus ook Julian Jansen se stuk, Vervang dwelms met liefde, wat hy geskryf het oor mense wat ’n verskil probeer maak.)
  • Dekriminaliseer dwelms sodat die bendes se inkomstestroom afgesny word.

Vandag is Werkersdag. Cool. Maar wat van mense wat nooit, ooit in hulle lewens ’n formele werk sal kan hê nie? Ons vakunies staak die hele tyd vir hoër lone, maar wat van werksgeleenthede?

THUG? Is dit wat ons land die jongmense leer?

* * *

I recently took this picture in Atlantis. The young man saw me and shouted that he too wanted to be photographed. I obliged.

Upon developing the pictures, I saw the tattoos. The one on his right hand was most disturbing. THUG it says. (See detail below.)

Is that how he sees himself? Is that his future?

Eish.

One of the reasons why I am involved with the work of the Durbanville Children’s Home is because they help kids to integrate into society – and thus to keep out of gaol.

More and more calls come from people working with the youth at risk to:

  • Throw out the present curriculum that does not work and go right back to teaching kids skills.
  • Spend the money we are using on the penal system to pay young people to get off the streets. It is expensive too keep a kid like this in a prison and all he will learn there is how to become a better thug. Prisons are universities for crime, yet many of us will happily pay to send kids and young people to gaol.
  • Those who have, should get involved in a small way. Even volunteering to read at an after-school class one a week can make a difference to some kids.
  • Decriminalise drugs, in order to take away the income stream of the gangs.

Today is Worker’s Day. Cool. But what about those who will never, ever have a formal job? Our trade unions always want to strike for higher wages, but what about creating opportunities for more workers to enter the system?

THUG? Is that what our country teaches our youth?

zz15 12 01 Vigsdag Atlantis 3655