You are browsing the archive for 2016 April.

Laat die kinders lees @ Valhalla Park Public Library

April 27, 2016 in Uncategorized

16 04 21 Valhalla Park 0935

Focus on the youth, they are our future. / Fokus op die jeug, hulle is ons toekoems.

16 04 21 Valhalla Park 0837

On Thursday 21 April the 13th annual reading competition was held at the Valhalla Park Public Library. / Op Donderdag 21 April is die 13de jaarlikse leeskompetisie gehou by die Valhalla Park Openbare Biblioteek.

16 04 21 Valhalla Park 1017

Each participant received a medal and a certificate. / Elke deelnemer het ’n medalje en ’n sertifikaat gekry.

16 04 21 Valhalla Park 0976

Jada Jacobs won the English competition.

16 04 21 Valhalla Park 0970

Febe van Rooyen het die Afrikaanse deel van die kompetisie gewen.

16 04 21 Valhalla Park 0756

16 04 21 Valhalla Park 0778

The little ones came dressed as their favourite characters. / Die klein kabouters was daar as hulle gunstelingkarakters.

 16 04 21 Valhalla Park 0902

The Keith Tabisher Ensemble performed and the young ones were given some insights into the instruments and how they were played. / Die Keith Tabisher Ensemble het opgetree en die jongklomp is sommer so ’n paar impromptu musieklesse ook gegee.

Here are two of their compositions, click to listen. / Hier is twee van hulle komposisies, kliek om te luister.

iii 16 04 21 Valhalla Park 0918

The Jam Jar

iii 16 04 21 Valhalla Park 0826

African Magic

Kook saam Kaaps ‘n triomf vir die werkersklas

April 24, 2016 in Uncategorized

x by 16 04 a“Kan jy glo wat ons op ons ouderdom nog reggekry het? Dís wat ons vir die kinders in die straat wil wys. Dit maak nie saak hoe jy begin nie, maar liewers hoe jy klaarmaak.” So sê Flori Schrikker, een van die medeskrywers van Kook saam Kaaps.

Tannie Flori Schrikker en Tannie Koelsoem Kamalie is deesdae oral in aanvraag. Ek is bevoorreg om deel van hulle bemarkingspan te wees en elke liewe week is daar verskeie navrae vir onderhoude, uittreksels en artikels.

Die nuutste onderhoud wat verskyn het, is Anika Marais se dubbelblad in die By.

x by 16 04 b

Anika is ’n fyn mens en sy kry dit reg om die konteks van die boek te verduidelik. Bonteheuwel, of dan Bontas soos dit onder die inwoners bekend is, se komvandaan is die gedwonge verskuiwings onder apartheid. Mense is eenvoudig in lorries gelaai en weer op die Kaapse vlakte afgelaai. Die oorlewingstryd van werkersklasmense het van toe af net moeiliker geword.

Ons ken nie meer die Afrikaans van die werkersklas nie, want ons is te bang om met ons gesinsmotors te gaan kuier. Joernaliste soos Anika Marais en Hanli Retief, TV-programme se Kwêla en die talle ander mense wat moeite doen om die twee formidabele vroue van Bontheuwel ’n stem te gee, maak ons almal ’n bietjie ryker. Moenie van Amore en RSG se bydraes vergeet nie.

Professor Farid Esack se Johan Combrink-gedenklesing vertel ook iets van die Bonteheuwel en van Afrikaans.

Suid-Afrika is mos nou lekker in die reënboognasie en almal van ons het ’n paar vriende wat oor die kleurgrens heen saam kan mengeldrankies drink sodat ons Malema van die deur kan weghou. Hoeveel van ons het egter kontak met ware armoede? Ons sit ons huise van 200 vierkantmeter of meer, ry met een van twee gesinsmotors na vriende en is trots op ons kinders wat in een van die slegs drie persent van alle skole is wat op top vlak funksioneer. Dan voel ons middelklas, want ons het ’n privaatstraler nie.

Bevoorregting het ons vermoë om armoede raak te sien, heeltemal verfomfaai.

Die twee tannies het arm grootgeword en woon steeds in die Bonteheuwel. Hulle is reeds meer bevoorreg as van die ander om hulle, en weet dit. Vandaar die kos wat aan diegene uitgedeel word wat nie het nie.

Ek voel altyd klein as ek hoor wat hierdie twee tannies doen vir die gemeenskap. Ek hol marathons sonder skoene, gee geld vir verskeie instansies en doen wat ek dink ’n verskil kan maak. Relatief tot my inkomste gee hulle veel meer.

Alles het vir die tannies begin verander toe tannie Koelsoem se seun, Riaz, vir Amore Bekker gebel het en haar van sy ma se resepte vertel het. Amore het tannie Koelsoem op die lug gesit, daarna ook vir tannie Flori.

Japie Gouws, uitvoerende direkteur van die ATKV-Groep, het besef watter waarde dit sou hê om hulle resepte te bewaar en hy het opdrag gegee dat hulle boek moet verskyn. (Lees hier hoe Gouws dit by geleentheid verwoord het.)

Dit is wonderlik dat Suid-Afrika so positief is oor Kook saam Kaaps. Die boek was al twee keer in die top 10 van Nielsens se lys van niefiksie-verkope landswyd (die tannies ding mee met internasionale skrywers soos Jamie Oliver om op die lys te verskyn). Verlede week het hulle selfs beter verkoop as Tim Noakes.

Vir my is die grootste plus van hierdie boek dat daar skielik stem gegee word aan die Afrikaans en die leefwêreld van die Bonteheuwel.

Afrikaans in die Bontehuewel is anders as die hoitie-toitie taal wat ons praat. Ek was bevoorreg om die ander dag taxi dag te speel vir Hans du Plessis én die twee tannies. Hans, wat ’n taalkundige is, beweer dat Afrikaans se komvandaan uit werkersklas is. (’n Artikel daaroor sal binnekort verskyn.) Die sogenaamde standaard waaraan ons vashou is later deur die elite gekaap om te bewys dat Afrikaners van Nederlandse afkoms is, en die taal moes dus uit Nederlandse monde omvorm word vir hierdie siening om te slaag.

Die ware feite is dat Afrikaans gepraat is deur die werkers, eeue voor die elite dit erken het. Ook is bitter min van ons van ware Nederlandse afkoms. Ons voorouers het nie kleur geken toe hulle die land bevolk het nie.

’n Boek soos Kook saam Kaaps en die Afrikaans van tannies Flori en Koelsoem wys ons skielik weer wat ons verloor het deur agter heinings terug te trek.

9780799375039

Kook saam Kaaps is deur LAPA uitgegee.

* * *

Elsa Joubert se boek, Die Swerfjare van Poppie Nongena, het jare gelede ook probeer stem gee aan die werkersklas wat Afrikaans praat. Dit bly steeds ’n boek wat alle Suid-Afrikaners moet lees en is destyds deur Tafelberg uitgegee. Joubert het dit self vertaal na The long Journey of Poppie Nongena.

My niggie, Marinda van Zyl, se boek Wilhelmina Radebe kom tuis doen iets soortgelyk. Dit is oor en oor die moeite werd. LAPA het dit uitgegee. Einste Marinda het nou verder gedelf in die geskiedenis en het Amraal geskryf. Dit het by Tafelberg verskyn.

* * *

Cass Abrahams en Marike Bekker se fantastiese boek ’n Lewe met kos moet ook op alle Suid-Afrikaners se boekrakke staan.

Cass kon oor die jare heen lansies breek vir swart Suid-Afrikaners in ’n tyd toe die taal en die meesternarratief net gewoon wit was. ’n Lewe met kos is ’n wonderlike boek, maar Cass sê self dat sy nog altyd vanuit ’n posisie van relatiewe bevoorregting kon werk. Dat sy haar posisie gebruik het om haar gemeenskap ter wille te wees is nie altemit nie.

9780799374674

’n Lewe met kos is ’n kleinood en is ook in Engels beskikbaar as A life with food. Beide is deur LAPA uitgegee.

Hans du Plessis gooi ‘n Kaapse draai

April 22, 2016 in Uncategorized

Hans du Plessis het sy Kaapse besoek afgeskop met ‘n suksesvolle bekendstelling van Tussen die klippe by Protea Boekwinkel op Stellenbosch, op Saterdag 16 April. Klik hier vir foto’s.

ll_MG_9953

Op Maandag, 18 April, was Hans by ‘n koffiewinkel in Tegnopark. Dit was ‘n heerlike gesprek en baie boeke is verkoop.

ll_MG_9941

Oor koek en koffie is ‘n pittige, humoristiese gesprek gevoer. Rugby, apokriewe boeke en teologiese idees is alles saamgegooi. Hierdie twee gaste kom ook uit Potch en die rugby was vir hulle ‘n minder problematiese punt. (Die Pukke het pas die Maties geklop, indien die geskiedenis dit van ons verwag om te verduidelik.)

ll_MG_9961

Tussen die klippe gaan oor Christenskap, maar dit is nie ’n Christelike boek nie, sê Hans. Die boek gaan oor die apokriewe teks Daniël 13, maar dit is nie ’n teologiese boek nie en eintlik is Daniël 13 nie die fokus nie.

ll_MG_9957

Die boek gaan oor ’n ware gebeurtenis in ons geskiedenis, maar eintlik ook nie, want dit is fiksie. Die boek gaan oor ’n speurtog, maar dit is nie ’n speurverhaal nie.

Dit is gewoon ’n lekker storie, sê Hans.

ll_MG_9939

Met sulke koek stry net ‘n Banter, en daar was nie baie Banters nie.

llIMG_4112 2

Dinsdagoggend was Hans in Fine Music Radio (FMR) se ateljee vir ’n opname.

llIMG_4110

Hier is Hans en sy vrou voor die Kunstekaap. Die FMR-ateljee is in dié gebou.

llIMG_4122

Daardie aand, op 19 April, het Hans ’n baie goeie gesprek gehad by Bargain Books in die Willowbridge-sentrum. Die bestuurder, Lynne, het twee groot klippe by die deur gesit waardeur ons moes loop. Hier is sy saam met Hans.

llIMG_4120 2

Hans se broer en skoonsuster was ook by die geleentheid.

llIMG_4119

Soos gewoonlik was Leopard’s Leap ook ’n welkome gas.

Tussen die klippe is deur LAPA Uitgewers uitgegee.

Hou LAPA se Facebook-blad dop vir aankondigings rakende Hans se komende toer deur die Gauteng.

Yvonne Chaka Chaka

April 21, 2016 in Uncategorized

Maandag 18 April, WOORDtroFEES.

inst16 04 19 Woordtrofees0564

(Click to enlarge / Klik om groter te maak)

Yvonne Chaka Chaka

Canon EOS 5DmkII & Canon 70-200mm f2.8L USM

1/160 f2.8 ISO3200 (200mm)

Tussen die klippe bekendgestel op Stellenbosch

April 17, 2016 in Uncategorized

Hans du Plessis se nuwe roman, Tussen die klippe, is op Saterdag, 16 April, by die Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel.

16 04 16 Hans du Plessis 9861

Susanna word voor die hof gedaag vir “sonde”. Lees gerus self! Dit is ’n spannende storie.

16 04 16 Hans du Plessis 9876

Die koerantman, Hennie van Deventer, was daar. Hy en Hans het mekaar in Harvard ontmoet toe albei daar klasgegee het.

16 04 16 Hans du Plessis 9874

Die Van Deventers en die Van Veldens.

16 04 16 Hans du Plessis 9879

Hier word Hans omring deur twee lede van Pen Afrikaans se bestuur, Bernard Odendaal en Naomi Bruwer.

16 04 16 Hans du Plessis 9886

Bernard het die gesprek gelei. Dit was baie interessant, maar ook baie humoristies.

16 04 16 Hans du Plessis 9900

Hans teken boeke.

16 04 16 Hans du Plessis 9903

Jan Odendaal knoop ’n geselsie aan en laat sy boek teken.

16 04 16 Hans du Plessis 9913

Hans se broer André het ook die geleentheid bygewoon.

16 04 16 Hans du Plessis 9857

Leopard’s Leap was soos gewoonlik byderhand om die kele te olie.

Tussen die klippe, deur Hans du Plessis, word deur LAPA Uitgewers uitgegee.

Jabu le Cool

April 17, 2016 in Uncategorized

16 04 17 Jabu 9932

 

Canon 7D & Canon 16-35mm f2.8L USM + 2 x Canon Speedlight 430

1/160 f5.6 ISO400 (16mm)

Manual, Speedlights +1 1/3 – in kamera gestel

Speedlights deur wit sambrele gefilter.

Briljant in Blikkiesdorp

April 17, 2016 in Uncategorized

(English below)

Danisha is baie slim en werk baie hard. ‘n Sinkkaia in Blikkiesdorp keer haar nie om uitsonderlik te presteer nie.

bl 16 03 06 Blikkiesdorp 58150

(Click to enlarge / Klik om groter te maak)

Canon EOS 5DmkII & Canon 16-35 mm f2.8L USM

1/60 f14 ISO100 (35 mm)

Blikkiesdorp is a very poor area near the Cape Town International Airport. Danisha beats the odds and works extremely hard at school.

That wire was not staged, it was there. I had to think of Roger Ballen’s work while trying to fit the wire into the picture. Ballen has moved from reportage to art. He does so wonderfully. Look at his work and see how wires inspire and inform his imagery.

I have tried to capture the amazing brilliance of a girl trapped in poverty.

Next picture from Blikkiesdorp. / Volgende foto van Blikkiesdorp.

Katoog

April 15, 2016 in Uncategorized

16 04 09 katoog0274

Jeanette Stals se Katoog is op Saterdag 9 April by die Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel.

Katoog, uitgegee deur LAPA Uitgewers, is ’n speurverhaal wat afspeel in Stellenbosch. Ek het lanklaas ’n boek gelees wat so fyn kyk na armoede.

*

Roseville is een van Stellenbosch se arm woonbuurte. Luna ry soos kaptein Bruwer beduie het tot sy die twee polisiemotors onder populierbome geparkeer sien.

16 04 09 katoog0275

Hier is die skrywer.

*

Luna huiwer. Met die Plaaslike Kriminelerekordsentrum nog op pad, durf sy nie die misdaadtoneel met voetspore of wat ook al opdons as die forensiese ondersoek nog nie gedoen is nie.

“Dis stroomop, daar’s nie ’n manier wat sy van hier af soontoe gedra is nie,” regverdig Bruwer sy opdrag. “Kyk net vinnig, die posisie van die lyk en ander basics.”

Niemand stry met kaptein Bruwer nie, so waarom sal sy?

16 04 09 katoog0277

Protea se rakke is altyd verleidelik.

*

Toe sien sy ’n wit hand met rooi naels onder die oorhangende bosse. Die vingers dryf dun en weerloos op die water.

16 04 09 katoog0279

Jeanette se kleinseun het vir ouma ’n bos rose gebring.

16 04 09 katoog0284

Haar kleindogter was daar om vir ouma ’n drukkie te gee voor die tyd.

16 04 09 katoog0289

Jeannette se man, Jan, staan links agter. Hier is hulle saam met hulle seun, skoondogter en kleinkinders.

16 04 09 katoog0292

Die skrywer, Martie Muller, was ook by die geleentheid.

*

Luna klouter terug tot by die mans en merk dat Johan se skoene en broek tot by die knieë nat is. “Hoe lank sou dit al hier wees?” vra sy.

“Meer as ’n dag.” Johan kyk af na sy nat skoene, en sy prominente neus is al wat wys. “Nie meer so vars nie,” voeg hy by.

Hy draai sy rug op haar en kyk na waar ’n voertuig van die PKRS aangery kom. Hulle hou stil en die span klim uit.

Heel voor is kaptein Lategan, of Duimpie, soos sy vriende hom noem. ’n Kort mannetjie met ’n bles en ’n permanente glimlag. Hy dra ’n grys plastiekhouer aan die handvatsel, noem dit sy visvangboks. Wanneer hy eers sy boks oopgemaak het, weet die res om hom met rus te laat. Dit bevat alles wat hy vir sy ondersoek kan nodig kry, sowel as ’n blikkie Coke wat hy tussen twee koelblokke vasgepak het. Dis sy “sigaret” wanneer kollegas ’n blaaskans vat om te rook.

Duimpie groet eers die senior range voor hy na Luna draai vir haar beurt. “Dagsê.”

16 04 09 katoog0294

Die Protea Boekwinkel was gepak.

*

16 04 09 katoog0300

Jeanette se navorsing is puik. Ek was veral positief oor die manier waarop sy polisieprosedures kon beskryf. Hoe was dit moontlik, wou ek weet. Sy het met die plaaslike polisie gaan gesels, sê sy. En sowaar, hier daag een van die speurders op en woon die geleentheid by. Nou weet julle waar Jeanette haar haar kort vrouespeurder, Luna, vandaan kry!

*

Nog ’n voertuig trek ’n ent agter Luna onder die bome in en sy herken die twee mans wat uitklim as polisieduikers. Hulle stap na Bruwer toe en gesels ’n rukkie met hom voor hulle teruggaan na hulle voertuig en hulle duikpakke aantrek. Soos ’n tweeling uit die ruimte, fris gebou en ewe groot, kom hulle weer nader. Die oog van ’n onderwaterkamera hang om een se nek.

“Dis speurder-sersant Joubert,” stel kaptein Bruwer Luna aan die twee bekend. “Sy is die ondersoekbeampte in hierdie saak.”

Die twee mans kyk albei verras na Luna se skraal lyf en jong gesig. Knik net vinnig toe sy hulle reguit in die oë kyk.

16 04 09 katoog0301

 

16 04 09 katoog0310

Ná die tyd het Jeanette ’n aantal vriende genooi om saam te gaan eet. Sy het my gevra om te vertel hoekom ek kaalvoet hardloop vir die Durbanville Kinderhuis. Luna is ook ’n kaalpootjie.

*

Luna tree ligvoets van een ronde klip na die ander tot by die plat een. Rubbersole is handig maar kaalvoet sou beter gewees het. Dis waarin sy tuis voel, soos ook in gemaklike langbroeke.

*

Katoog is uitgegee deur LAPA Uitgewers. Die aanhalings kom uit die teks.

Entrepreneurs @ Blikkiesdorp

April 10, 2016 in Uncategorized

(English below)

Hierdie seuns was baie trots op hulle tuisgemaakte motors. Ander se vullis is nou hulle speelgoed. Is daar nie ’n manier om sulke jong entrepreneurs te help om hulleself uit die armoede te help nie?

bl 16 03 06 Woordfees 58134

(Click to enlarge / Klik om groter te maak)

Canon 5Dmk11 & Canon 16-35 mm f2.8 L USM

1/50 f8.0 ISO100 (16 mm)

These boys proudly showed off their home-made vehicles. Other’s scrap became their toys. Is there a way in which we can help young entrepreneurs like these to become self-sustaining?

Next picture from Blikkiesdorp / Volgende foto van Blikkiesdorp

Gangsta!

April 9, 2016 in Uncategorized

(English below)

Gister het ek die hartseer foto gedeel van die kaalstertseuntjie en die meisie sonder hemp. Hierdie foto is in dieselfde plakkerskamp geneem, net ’n paar kilometer van my huis. Ek vra myself af: Hoe kan ons iets doen om aan hierdie knape ’n toekoms te bied? Dis twee slim seuns. Hulle kan. As hulle iets kry om te kan. Hulle is van Blikkiesdorp.

b16 03 06 Woordfees 58068

(Click to enlarge / Klik om groter te maak)

Canon EOS 5Dmk11 & Canon 16-35mm f2.8L USM

1/400 f3.5 ISO100 (30 mm)

Yesterday I shared the disturbing picture of the bare-bottomed boy and the topless girl with their teddy. These two are trying their best to look macho. What is their future, I ask? This is not a picture of “the other”, it was taken in a squatter camp a few kilometers from where I stay. We are one nation, one city, one future. And yet: How much can I do for their future? They are from Blikkiesdorp.

Next picture from Blikkiesdorp / Volgende foto van Blikkiesdorp