Om trots te wees op Atlantis

March 26, 2016 in Uncategorized

Annie Peterson het ‘n droom. Sy wil Atlantis se mense trots maak op Atlantis se mense. Daar is soveel talent, dit is tyd om daardie talent te ontgin. Die idee is om klein, volhoubare projekte te begin en om elkeen organies te laat groei rondom die bestaande talent.

16 03 16 atlantis 8192

Op  16 Maart is die tweede projek, ’n boekklub begin. Tannie Chrissie Cloete, die oudste lid van die klub, het onmiddellik Liefde uit die ou Kaap deur Sarah du Pisanie gegryp. Tannie Chrissie vertel hoe sy as kind reeds alles gelees het wat sy in die hande kon kry – selfs die strokies koerantpapier in die gemakshuisie is gelees voor hulle gebruik is.

16 03 16 atlantis 8171

Annie Peterson, voor in die middel, is die voorsitter van die ATKV-tak in Atlantis. Hierdie boekklub is begin in samewerking met die ATKV se Taalafdeling. René Zietsman, voor regs, en Karien Brits, wat agter, tussen die twee staan, werk vir die Taalafdeling.

Beide René en Karien was geweldig beïndruk met die talent daar in die kring. Hier is talle oud-onderwysers en mense wat al betrokke was by leesprojekte. Annie het hulle nou bymekaar gebring, want hierdie geleentheid was net die begin van groter goed.

Ook Chareldine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans (VVA), is opgewonde oor die mense wat Annie versamel het (sy is in die middel, agter). Die VVA doen baie om voorlees aan jonger kinders te bevorder en hier is reeds ’n aantal mense geïdentifiseer wat sal kan help met so ‘n projek.

16 03 16 atlantis 8180

Karien het twee bottels nie-alkoholiese borrels gebring, want ons almal moes nog werk. Daar is toe lekker saamgesels oor die toekoms van die projek.

16 03 16 atlantis 8182

So lyk die trommel. Die ATKV koop boeke aan, en kry ook skenkings van verskeie uitgewers. Die meeste boeke in hierdie trommel van LAPA Uitgewers, talle is geskenk, maar ander uitgewers het reeds aangedui dat hulle gaan deelneem aan die projek.

Die uitgewers kry meer as verkope uit hierdie projek. Die boeke in hierdie trommel word bespreek en terugvoer word gestuur aan die uitgewers. Dit is dus belangrike marknavorsing wat hier plaasvind.

16 03 16 atlantis 8183

Die boekklub is die tweede projek. Verlede jaar het Annie ’n enorme Vrouedagsaamtrek gehou in Atlantis, kliek hier vir die kiekies. Hierdie jaar wil Annie nog meer van die plaaslike talent betrek.

Volgende week sal die derde projek, ’n tuinbou, afskop. Hou hierdie ruimte dop!

Tydens die vergadering op die 16de Maart is die eerste saadjies ook geplant vir ’n handwerkprojek wat binnekort formeel sal afskop.

16 03 16 atlantis 8197

Atlantis is lank nie meer die verlore stad nie. Die inwoners is arm, maar die winde van verandering waai daar ten goede! Hou hierdie groepie lesers dop. Daar gaan nog baie gebeur danksy hulle!

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *