Twee niggies en twee neefs @US Woordfees

March 16, 2016 in Uncategorized

Ek het ‘n neef ontdek by die US Woordfees. Jip. ‘n Bloedneef. Hy het nou al afgetree en ons het mekaar vir die eerste keer ontmoet by die Woordfees.

My pa was die jongste van twaalf kinders, so ons was altesaam 36 neefs en niggies. Daar is inderdaad nóg wat ek nog nooit ontmoet nie.

Gou ’n stappie terugneem: Twee van my niggies het opgetree by die Woordfees. My niggie Magda de Vries is redelik bekend in musiekkringe en my niggie, Marinda van Zyl, is besig om bekend te word onder die literatore.

Ek en Marinda het mekaar eers twee jaar gelede “ontdek” toe ek gevra is om haar te gaan sien oor haar vorige boek Wilhelmina Radebe kom kuis. Sy begin toe praat oor Gobabis. Ek noem dat my pa daar gebore is. Sy staan op, gaan haal ’n klein foto’tjie en vra: “Ken jy die mense?”

“Ja,” seg ek. “Dit is my oupa en ouma.”

“Wel,” seg Marinda. “Dit is my oupa en ouma ook.”

Sy was nou op die fees om oor haar volgende roman, Amraal te praat. Marinda se man, Jan, sien my toe en hy roep my nader. “Weet jy wie hierdie man is?”

“Nee,” antwoord ek.

“Louis Muller,” sê die man.

Tóé weet ek. “Jou pa en ma was Dawie en Hannie Muller,” vra ek?

“Ja,” antwoord my neef.

Lekker.

neefs2

Die joernalis Helené Prinsloo was daar, so sy het hierdie mooi foto van ons saam geneem.

neefIMG_3817

Toe my niggie, Magda, optree, was Louis en sy vrou ook daar. Magda moes oppak, so ek het net een vinnige, swak selfoonfoto van haar en Lous, en Louis se vrou. Sug.

Dit was baie lekker. Ons sal moet kuier nou dat die Woordfees verby is!

*

Magda de Vries

Magda tydens die konsert

Magda is op pad na die KKNK toe. As julle nog nie kaartjies het nie, doen julleself ’n guns en gaan kyk! Bespreek hier!

 

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *