You are browsing the archive for 2016 March.

Om trots te wees op Atlantis

March 26, 2016 in Uncategorized

Annie Peterson het ‘n droom. Sy wil Atlantis se mense trots maak op Atlantis se mense. Daar is soveel talent, dit is tyd om daardie talent te ontgin. Die idee is om klein, volhoubare projekte te begin en om elkeen organies te laat groei rondom die bestaande talent.

16 03 16 atlantis 8192

Op  16 Maart is die tweede projek, ’n boekklub begin. Tannie Chrissie Cloete, die oudste lid van die klub, het onmiddellik Liefde uit die ou Kaap deur Sarah du Pisanie gegryp. Tannie Chrissie vertel hoe sy as kind reeds alles gelees het wat sy in die hande kon kry – selfs die strokies koerantpapier in die gemakshuisie is gelees voor hulle gebruik is.

16 03 16 atlantis 8171

Annie Peterson, voor in die middel, is die voorsitter van die ATKV-tak in Atlantis. Hierdie boekklub is begin in samewerking met die ATKV se Taalafdeling. René Zietsman, voor regs, en Karien Brits, wat agter, tussen die twee staan, werk vir die Taalafdeling.

Beide René en Karien was geweldig beïndruk met die talent daar in die kring. Hier is talle oud-onderwysers en mense wat al betrokke was by leesprojekte. Annie het hulle nou bymekaar gebring, want hierdie geleentheid was net die begin van groter goed.

Ook Chareldine van der Merwe van die Vriende van Afrikaans (VVA), is opgewonde oor die mense wat Annie versamel het (sy is in die middel, agter). Die VVA doen baie om voorlees aan jonger kinders te bevorder en hier is reeds ’n aantal mense geïdentifiseer wat sal kan help met so ‘n projek.

16 03 16 atlantis 8180

Karien het twee bottels nie-alkoholiese borrels gebring, want ons almal moes nog werk. Daar is toe lekker saamgesels oor die toekoms van die projek.

16 03 16 atlantis 8182

So lyk die trommel. Die ATKV koop boeke aan, en kry ook skenkings van verskeie uitgewers. Die meeste boeke in hierdie trommel van LAPA Uitgewers, talle is geskenk, maar ander uitgewers het reeds aangedui dat hulle gaan deelneem aan die projek.

Die uitgewers kry meer as verkope uit hierdie projek. Die boeke in hierdie trommel word bespreek en terugvoer word gestuur aan die uitgewers. Dit is dus belangrike marknavorsing wat hier plaasvind.

16 03 16 atlantis 8183

Die boekklub is die tweede projek. Verlede jaar het Annie ’n enorme Vrouedagsaamtrek gehou in Atlantis, kliek hier vir die kiekies. Hierdie jaar wil Annie nog meer van die plaaslike talent betrek.

Volgende week sal die derde projek, ’n tuinbou, afskop. Hou hierdie ruimte dop!

Tydens die vergadering op die 16de Maart is die eerste saadjies ook geplant vir ’n handwerkprojek wat binnekort formeel sal afskop.

16 03 16 atlantis 8197

Atlantis is lank nie meer die verlore stad nie. Die inwoners is arm, maar die winde van verandering waai daar ten goede! Hou hierdie groepie lesers dop. Daar gaan nog baie gebeur danksy hulle!

Bome vir woorde 3 by die US Woordfees

March 25, 2016 in Uncategorized

Hier is ‘n goeienuusstorie wat ‘n bietjie verlore gegaan het tydens die US Woordfees.

boom 01

Op Woensdag 2 Maart is ‘n aantal bome geplant by die Hoërskool Lückhoff in die Idasvallei. Bome vir Woorde 3 was ’n amptelike projek van die US Woordfees.

boom 02

LitNet het reeds oor die storie agter die storie berig, klik hier. 

boom 03

Hier is die projekspan: Nevil Hendrickse (Hoërskool Lückhoff), Jan Odendaal (Projekleier), Lyuda Heath (Hoërskool Stellenbosch), Nina Henn (Sonop), Jarryd Burger (Dagbreek) en Marli van Eeden (Sonop).

boom 04

Prof. Nico Koopman van die Universiteit Stellenbosch het gehelp plant. Agter hom staan Chris Jooste, Hoof van die Hoërskool Lückhoff en Dr Goliath, die kringbestuurder.

boom 05

Saartjie Botha het gewys sy kan beter spit as die die meeste ander.

boom 06

Die studente en die leerders het hande gevat en het die bome saam geplant.

boom 07

Mieke Van Blommestein is die bemarkingsbestuurder van Reliance kompos. Sy het aktief gehelp plant. Reliance het die organiese kompos vir die projek geborg.

boom 08

Jy is nooit te klein om ’n verskil te maak nie. Willem Pretorius, die voorsitter van die bonsaivereniging, vertel dat bonsai gewoonlik met oorlog verbind is, want die Westerse soldate wat in die Ooste gaan veg het, was die mense wat hierdie kunsvorm in die Weste begin beoefen het. Die Wêreldbonsaivereniging het egter besluit om dit te stop en ’n aantal woude van vrede is geplant. Hier is een so ’n bonsaiwoud. Die leerders van Lückhoff en die studente van die Universiteit Stellenbosch is genooi om saam ’n bonsaiwoud van vrede te onderhou. Dit is ’n langtermynprojek en sal in die Botaniese Tuin plaasvind.

boom 09

Persoonlike sorg. Die bome is geskenk deur die Botaniese Tuin in Stellenbosch.

Die orkes van die Hoërskool Stellenbosch het die musiek verskaf.

boom 10

Vrede / Peace

March 25, 2016 in Uncategorized

ff 16 03 25 mum kittens 9852Mag ons vrede ervaar. Mag ons ook aktief vrede nastreef. Dit is my bede op hierdie allerheiligste dag in die Christen-kalender. Net soos honde en katte in vrede KAN saamleef, so moet mense ook leer dat Christene, Moslems, Jode, Hindoes, ateïste en vele meer kan saamleef, kan vriende wees, en saam-saam die wêreld ‘n beter plek kan maak. May we experience peace. May we actively work towards peace. That is my prayer on this, the most holy day on the Christian Calendar. Just like cats and dogs CAN live in peace, so too can Christians, Muslims, Jews, Hindus, atheists and many more take hands, be friends and jointly make the world a better place.

ff 16 03 25 mum kittens 9871

Ek het vanoggend hierdie kiekies geneem van ons honde en katte wat my ma se bed deel. I took these delightful pictures of our cats and dogs sharing my mother’s bed this morning.

ff 16 03 25 mum kittens 9880

Kook saam Kaaps

March 21, 2016 in Uncategorized

Op Donderdag 3 Maart 2016 was ons in die Bonteheuwel om tannie Koelsoem Kamalie en tannie Flori Schrikker se boek, Kook saam Kaaps, bekend te stel.

16 03 03 Bonteheuwel 5 7463

Dit was ’n feestelike geleentheid, saam met Amore Bekker wat haar onderhoud met die tannies direk uitgesaai het. Soos gewoonlik was Amore wonderlik.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7507

So lyk die tegniese span wat alles reg laat verloop het

16 03 03 Bonteheuwel 5 7571

Japie Gouws, die uitvoerende direkteur van die ATKV-Groep was baie nou gemoeid met die opdrag om die boek uit te gee. LitNet het vroeër berig oor wat Gouws in Bonteheuwel gesê het, klik hier om dit te lees.

16 03 03 Bonteheuwel 5 7578

Hendri Warricker, bemarkingshoof van LAPA Uitgewers

16 03 03 Bonteheuwel 5 7377

Amore

16 03 03 Bonteheuwel 5 7540

Tannie Flori en haar man saam met Amore.

16 03 03 Bonteheuwel 5 7493

In gesprek met tannie Koelsoem.

16 03 03 Bonteheuwel 5 7494

In gesprek met tannie Flori.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7537

Tannie Koelsoem se seun Riaz het ook deelgeneem.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7549

Tannie Flori is ’n baie gelowige Christen en tannie Koelsoem ’n baie gelowige Moslem. LAPA het gereël dat die pastoor, pastoor Samuel Africa  (links) en die imam, Sjeg Abduragmaan Alexander (regs) ook hulle steun aan die projek toesê.

Sjeg Abduragmaan het gesê ’n mens kan nie kos skei van God nie. Dit was vir hom ’n voorreg om saam met die pastoor op te tree.

Pastoor Africa het gesê Bonteheuwel is altyd om die verkeerde redes in die nuus. “Vandag weet mense daar is meer in Bonteheuwel. Kos bring mense bymekaar, ongeag agtergrond.” God het die twee tannies gekies om daardie boodskap te bring, het hy bygevoeg.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7664

Flame Design het die boek uitgelê. Hier is die mense wat verantwoordelik is vir die mooi boek.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7431

Tannie Flori saam met Tania de Kock, hulle uitgewer by LAPA.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7439

Japie Gouws saam met tannie Flori

16 03 03 Bonteheuwel 7 7477

Danny Titus, Uitvoerende direkteur: kultuur by die ATKV was ook daar. Hier is hy by tannie Koelsoem.

16 03 03 Bonteheuwel 5 7608

Carlyn Fransman, van ATKV-Crescendo, het opgetree.

16 03 03 Bonteheuwel 5 7604

Whaden Johannes, ook van ATKV-Crescendo, was ook deel van die vermaak.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7487

Hemelbesem natuurlik ook.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7646

Herman Bailey (regs) is op die ATKV-direksie.  Hier is hy en sy gade saam met Hemelbesem.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7460

Tannie Koelsoem saam met haar familie.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7495

Tannie Flori doen ’n onderhoud met Radio Tygerberg.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7689

Tannie Flori praat met die SABC.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7668

Tannie Koelsoem praat met die SABC.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7423

Soraya Salie van die Bonteheuwel Walking Ladies.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7539

’n Gas blaai deur Kook saam Kaaps.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7554

Nog gaste wat die boek bekyk.

16 03 03 Bonteheuwel 5 7372

Die rapper YOMA was ook daar.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7673

Cheraldine van der Merwe, van die Vriende van Afrikaans, en Karien Britz, bestuurder: taalaangeleenthede by die ATKV, poseer met Amore.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7583

Toe is daar geëet.

16 03 03 Bonteheuwel 7 7587

Kook saam Kaaps, deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, is by LAPA Uitgewers uitgegee. Klik hier vir meer inligting.

Twee niggies en twee neefs @US Woordfees

March 16, 2016 in Uncategorized

Ek het ‘n neef ontdek by die US Woordfees. Jip. ‘n Bloedneef. Hy het nou al afgetree en ons het mekaar vir die eerste keer ontmoet by die Woordfees.

My pa was die jongste van twaalf kinders, so ons was altesaam 36 neefs en niggies. Daar is inderdaad nóg wat ek nog nooit ontmoet nie.

Gou ’n stappie terugneem: Twee van my niggies het opgetree by die Woordfees. My niggie Magda de Vries is redelik bekend in musiekkringe en my niggie, Marinda van Zyl, is besig om bekend te word onder die literatore.

Ek en Marinda het mekaar eers twee jaar gelede “ontdek” toe ek gevra is om haar te gaan sien oor haar vorige boek Wilhelmina Radebe kom kuis. Sy begin toe praat oor Gobabis. Ek noem dat my pa daar gebore is. Sy staan op, gaan haal ’n klein foto’tjie en vra: “Ken jy die mense?”

“Ja,” seg ek. “Dit is my oupa en ouma.”

“Wel,” seg Marinda. “Dit is my oupa en ouma ook.”

Sy was nou op die fees om oor haar volgende roman, Amraal te praat. Marinda se man, Jan, sien my toe en hy roep my nader. “Weet jy wie hierdie man is?”

“Nee,” antwoord ek.

“Louis Muller,” sê die man.

Tóé weet ek. “Jou pa en ma was Dawie en Hannie Muller,” vra ek?

“Ja,” antwoord my neef.

Lekker.

neefs2

Die joernalis Helené Prinsloo was daar, so sy het hierdie mooi foto van ons saam geneem.

neefIMG_3817

Toe my niggie, Magda, optree, was Louis en sy vrou ook daar. Magda moes oppak, so ek het net een vinnige, swak selfoonfoto van haar en Lous, en Louis se vrou. Sug.

Dit was baie lekker. Ons sal moet kuier nou dat die Woordfees verby is!

*

Magda de Vries

Magda tydens die konsert

Magda is op pad na die KKNK toe. As julle nog nie kaartjies het nie, doen julleself ’n guns en gaan kyk! Bespreek hier!

 

US Woordfees: Haal die vrees uit vis

March 14, 2016 in Uncategorized

16 03 11 Woordfees 9559

Susina Jooste

Op Vrydagoggend 11 Maart het Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, en Henk Stander, ’n baie ywerige visserman en die algemene bestuurder van Maties se akwakultuureenheid, ‘n baie interessante en prettige praatjie gehou oor vis en seekos. Hulle twee is die skrywers van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek, wat ook in Engels beskikbaar is as The South African Fish and Seafood Cookbook.

16 03 11 Woordfees 9566

Henk Stander

16 03 11 Woordfees 9535

Almal wat wou het ‘n glasie vonkelwyn gekry.

16 03 11 Woordfees 9537

Daar was vars oesters

16 03 11 Woordfees 9551

Lenterolletjies

16 03 11 Woordfees 9629

Viskoekies

16 03 11 Woordfees 9633

Ceviche

16 03 11 Woordfees 9639

Mossel- en spekhappies

16 03 11 Woordfees 9546

‘n Lekker gehoor

16 03 11 Woordfees 9635

en praktiese maniere om jou selfoon te gebruik.

16 03 11 Woordfees 9532

Lekker!

16 03 11 Woordfees 9574

Jacques Ensink, die feesfotograaf

US Woordfees: Kiekies van Kô lat ons sing

March 14, 2016 in Uncategorized

16 03 10 Woordfees 9377

Adam Small as struggledigter: dit was die tema van Kô lat ons sing wat op Donderdagaand 10 Maart by die US Woordfees opgevoer is deur werkers van Solms Delta, wat bekend staan as die Delta Soetstemme (die koor) en Delta Langbroeke (die koperblasers).

16 03 10 Woordfees 9216

Die Delta Soetstemme

16 03 10 Woordfees 9149

Die Delta Langbroeke

16 03 10 Woordfees 9370

Adriaan Brand, toenmalige trompetspeler vir die Springbok Nude Girls, was aan die stuur van sake.

Saam met die werkers van Solms Delta het ’n groep professionele musikante en akteurs opgetree. Wessel Pretorius, June van Merch, Frazer Barry, Sandy Gertse, Hemelbesem, Koos Kombuis en Zenobia Kloppers het gedigte voorgedra en gesing. Op tromme was Carlo Fabe, Nicholas Turner was op kitaar en Craig Potgieter het die baskitaar gespeel.

16 03 10 Woordfees 9161 Hemelbesem en Wessel Pretorius

Hemelbesem en Wessel Pretorius

16 03 10 Woordfees 9199 June van Merch Zenobia Kloppers Frazer Baryy Sandy Gertse

June van Merch, Zenobia Kloppers, Frazer Barry en Sandy Gertse

16 03 10 Woordfees 9341

Koos Kombuis

16 03 10 Woordfees 9364 Carlo Farbe Craig Potgieter

Carlo Fabe op tromme en Craig Potgieter op die baskitaar

16 03 10 Woordfees 9309 Nicholas Turner

Nicholas Turner op akoestiese kitaar

16 03 10 Woordfees 9487

Die hoogtepunt van die aand was toe Adam Small self op die verhoog verskyn en ’n gedig voorgelees het.

Solms Delta was ook verantwoordelik vir die puik opvoering van Philida van de Delta  by die US Woordfees, klik die skakel vir foto’s.

Dramatiese protes stop Sjef Snoekie (nie)

March 4, 2016 in Uncategorized

Vanoggend se koerant

Vanoggend se koerant

16 03 4 Woordfees 57726

Sjef Snoekie se vertoning by die US Woordfees is Vrydagaand onderbreek deur betogende studente wat teen verkragting geprotesteer het. Heel links op die foto word Snoekie van die verhoog geboender. Klik hier vir Media24 se berig.

Sekondes voor die protes uitgebreek het.

Sekondes voor die protes uitgebreek het.

Marlise Scheepers (ook bekend as Sjef Snoekie) en Mariëtta Kruger was in gesprek oor Marlise se boek Laat die potte sing toe die studente inbars en die twee van die verhoog af jaag.

16 03 4 Woordfees 77786

Volgens die studente het lede van Afriforum snedige opmerkings oor verkragting gemaak, en dat vrouestudente na bewering selfs met verkragting gedreig is tydens ’n vorige betoging. LitNet het gister daaroor berig.

16 03 4 Woordfees 77778

16 03 4 Woordfees 77734

16 03 4 Woordfees 77771

16 03 4 Woordfees 57721

16 03 4 Woordfees 77785

16 03 4 Woordfees 57799

16 03 4 Woordfees 57769

16 03 4 Woordfees 57809

Daar was min geweld tydens gisteraand se betoging, maar wyn is rondgegooi en Marlise se pa was ’n slafoffer. Een meisie het my kamera probeer afvat, maar ek is al deur gevaarlike groepe getakel, so sy het gou bes gegee.

Kampussekuriteit het die groep uiteindelik gevra om te vertrek.

*

Japie Gouws, hoofbestuurder van die ATKV-Groep, het eergister ’n verklaring teen rassisme uitgereik. LitNet het daaroor berig.

*

Marlise het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het. Die gesprek het om Amerika gedraai toe die protes begin het.

16 03 4 Woordfees 57659

Sy het ná die groep vertrek het, nie die gesprek verder gevoer nie, en wou eerder almal kalmeer met haar sang.

*

Voor die dramatiese gebeure het ek ’n aantal foto’s geneem van Marlise en haar ouers met die boek. Klik hier vir ’n meer volledige berig oor Laat die potte sing wat deur LAPA uitgegee word.

16 03 4 Woordfees 77725

16 03 4 Woordfees 77717

16 03 4 Woordfees 77720

wwIMG_3680

*

As jy meer wil weet van LAPA se ander optredes by die US Woordfees, klik hier.

!