Van Ouma Tjoerie se boude tot Madiba se hand

February 17, 2016 in Uncategorized

s11

Toe ek by Mandela kom, het hy my hand gevat. Hy het groot hande gehad en ’n sterk handdruk. “It is such an honour to meet you, Mr Mandela,” het ek gesê en hom diep in die oë gekyk. “No,” het hy geantwoord. “It is an honour for me to meet you.”

Marlise Scheepers, ’n oud-joernalis en opgeleide sjef, is eintlik in murg en been ’n storiemens. Haar boek is dus ’n storieboek. Dit gaan oor helde soos Brain Lara en Nelson Mandela, maar dit gaan ook oor gewone oumas wat nie so goed in die kombuis was nie.

Dit was die enigste keer wat ons as kinders saam met die grootmense mag tafelwyn gedrink het. My pa het ons toegelaat, want Ouma Tjoerie se boude was altyd droog. Soos in verskriklik droog. Dun, droë voetsoolvelletjies. Jy kon dit net afkry met ’n sluk soetwyn, anders het jy gewurg. Die wyn was altyd voor die boud op.

Marlies saam met haar ouers

Marlise saam met haar ouers

Julle kry die idee. Anders as haar ouma, is Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, ’n uitstekende kok. Scheepers het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het. “Ek is nou gereed om die goed te doen wat vir my hart goed en lekker is: kook en sing. Of: sing en kook.”

*

Bogenoemde kom ’n persverklaring wat ek pas geskryf het.

*

Marlise is by die US Woordfees! Bespreek nou vir Marlise en Mariëtta Kruger se gesprek oor hierdie boek by die US Woordfees. Kliek hier!

*

Ek is mal oor boeke, ek hou van lekker eet en ’n kookboeke doen dit soms. Nie alle kookboeke nie. Te fênsie of te ingewikkeld en jy verloor my. Hartlik en en opreg, dan het jy dit.

Ek gee nie om vir fyn lees nie. Cass Abarahams se boek (sal nog iets daaroor skryf) het baie speserye in, maar dis ’n wonderlike boek, want die kookkuns is eg.

Marlise Scheepers se boek is onopgesmuk en reguit, net soos sy is. Mal daaroor.

s01

LAPA, waar ek my daaglikse brood so lekker-lekker verdien, het verlede jaar ’n proesel gehou met ’n klompie proewe van haar boeke en ek was daar. Met die kamera, natuurlik!

Nou is die boek finaal op die rak. Dis ’n lekkerleesboek. Dis ’n storieboek. Dis mooi ook.

Dis snaaks, maar soos enige goeie verteller, ruk sy jou soms.

*

Marlise, aka Sjef Snoekie behartig die stilering vir die kosfotografie van Farmers Weekly – natuurlik het sy dit vir hierdie boek ook gedoen.

Hier is voorbeelde uit die boek. (Die kosfoto’s het ek nie geneem nie.)

s4

s5

s6

s7

*

Sjef Snoekie se gawe om ’n storie te vertel, haar aweregse sin vir humor en fyn aanvoeling vir kos, word in Laat die Potte Sing gekombineer. Sy is ook ‘n puik sanger. Haar treffer “Beige Ford Cortina” was snaaks, maar die res van die CD is diep musiek. Ek is ‘n fan, ek gee toe!

Marlies se nuutste CD

Marlise se nuutste CD

*

Laat die Potte Sing word deur LAPA uitgegee.

Marlies en Hendri Warricker van LAPA

Marlise en Hendri Warricker van LAPA

 

Laat die potte sing

Marlise Scheepers

ISBN: 978-0-7993-7495-7

PRYS: R220.00

0 responses to Van Ouma Tjoerie se boude tot Madiba se hand

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *