You are browsing the archive for 2016 February.

LAPA by die US Woordfees

February 21, 2016 in Uncategorized

swart banner final

LAPA het vanjaar weer ’n baie vol program by die US Woordfees. Dit sal lekker wees om julle daar raak te loop!

s11

SKRYWERSPROGRAM: Sjef Snoekie laat die potte sing

Marlise Scheepers se treffer “Beige Ford Cortina” is al diep in die 90 000 keer op YouTube gekyk. Sy deel haar resepte en staaltjies met Mariëtta Kruger en sing later wanneer die kuiery lekker raak. Klik hier vir meer inligting oor haar boek.

4 Maart 18:00 | De Vette Mossel | 180min | R220 | R240 by die deur | Bespreek h​ier

9780799346770

WOW: Graad 3: Karla Krullebol – Theresa van Baalen

7 Maart 9:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis

9780799377118

9780799375886

SKRYWERSPROGRAM: Die speling tussen spanning- en ontspanningsfiksie

Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ʼn “feel good” einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe “noir”-neiging by vroueskrywers?

7 Maart 14:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

skiso kl

SKRYWERSPROGRAM: My kind, my memoire

Hoe skryf ’n ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ’n manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga van Rooy (My kind is ʼn skisofreen), Juliana Coetzer (Bloedvreemd) en Douwleen Bredenhann (’n Hemelhoë hekkie).

7 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

9780799375565

WOW: Graad 4-5: Bravo, Lulu – Fanie Viljoen

8 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis

kook saam kaaps lo

SKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Kook saam Kaaps

Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker het op RSG bekend geword as die twee anties wat wéét hoe om te skep. Hulle kook Kaaps: gesinskos, huiskos. By hierdie demo kan jy jou verkneukel aan die lekkerste spyse, opgetower uit speserygevulde potte.

8 Maart 14:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

9780799372922

WOW: Graad 6-7: Sanri Steyn – Theresa van Baalen

9 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis

9780799376302

9780799375657

diva

SKRYWERSPROGRAM: Beneuk en verlief

Sophia Kapp (Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is. Lees LitNet se onderhoud met Sophia Kapp hier.

9 Maart 10:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

9780799377019

SKRYWERSPROGRAM: Irma Joubert: Immer wes

Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!

9 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

9780799374674

SKRYWERSPROGRAM: Cass Abrahams: ’n Lewe met kos

Marike Bekker gesels met Cass Abrahams oor haar lewe, haar liefde vir kos en die paaie waarop dit haar laat loop het. ‘n Watertand-gesprek met een van die land se grootste kulinêre geeste.
9 Maart 17:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

9780799366747

WOW: Graad 8-10: ’n Hart vol sand – Anzil Kulsen

10 Maart 09:30 | JS Gericke Ouditorium | 90 min | Gratis

9780799374230

SKRYWERSPROGRAM: Kosdemo: Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, en Henk Stander, ‘n baie ywerige visserman en die algemene bestuurder van Maties se akwakultuureenheid, demonstreer maklike en smaaklike maniere om seekos voor te berei. Jy gaan nêrens anders vir so min so lekker eet nie! Gou spring!

11 Maart 09:00 | Die Khaya | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

9780799374315

9780799372632

9780799373608

9780799374995

SKRYWERSPROGRAM: Misdaadskrywers: feit of fiksie?

Hoe hanteer skrywers navorsing rondom misdaad? Is die grense wat jy nie mag oorsteek nie dieselfde vir skrywers van niefiksie en fiksie? Krimi-skrywers Martin Steyn en Henk Breytenbach gesels met joernaliste Riette Rust en Carla van der Spuy oor feit vs. fiksie wanneer dit by misdaad-skryf kom.
12 Maart 15:30 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

lapa logo

Van Ouma Tjoerie se boude tot Madiba se hand

February 17, 2016 in Uncategorized

s11

Toe ek by Mandela kom, het hy my hand gevat. Hy het groot hande gehad en ’n sterk handdruk. “It is such an honour to meet you, Mr Mandela,” het ek gesê en hom diep in die oë gekyk. “No,” het hy geantwoord. “It is an honour for me to meet you.”

Marlise Scheepers, ’n oud-joernalis en opgeleide sjef, is eintlik in murg en been ’n storiemens. Haar boek is dus ’n storieboek. Dit gaan oor helde soos Brain Lara en Nelson Mandela, maar dit gaan ook oor gewone oumas wat nie so goed in die kombuis was nie.

Dit was die enigste keer wat ons as kinders saam met die grootmense mag tafelwyn gedrink het. My pa het ons toegelaat, want Ouma Tjoerie se boude was altyd droog. Soos in verskriklik droog. Dun, droë voetsoolvelletjies. Jy kon dit net afkry met ’n sluk soetwyn, anders het jy gewurg. Die wyn was altyd voor die boud op.

Marlies saam met haar ouers

Marlise saam met haar ouers

Julle kry die idee. Anders as haar ouma, is Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, ’n uitstekende kok. Scheepers het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het. “Ek is nou gereed om die goed te doen wat vir my hart goed en lekker is: kook en sing. Of: sing en kook.”

*

Bogenoemde kom ’n persverklaring wat ek pas geskryf het.

*

Marlise is by die US Woordfees! Bespreek nou vir Marlise en Mariëtta Kruger se gesprek oor hierdie boek by die US Woordfees. Kliek hier!

*

Ek is mal oor boeke, ek hou van lekker eet en ’n kookboeke doen dit soms. Nie alle kookboeke nie. Te fênsie of te ingewikkeld en jy verloor my. Hartlik en en opreg, dan het jy dit.

Ek gee nie om vir fyn lees nie. Cass Abarahams se boek (sal nog iets daaroor skryf) het baie speserye in, maar dis ’n wonderlike boek, want die kookkuns is eg.

Marlise Scheepers se boek is onopgesmuk en reguit, net soos sy is. Mal daaroor.

s01

LAPA, waar ek my daaglikse brood so lekker-lekker verdien, het verlede jaar ’n proesel gehou met ’n klompie proewe van haar boeke en ek was daar. Met die kamera, natuurlik!

Nou is die boek finaal op die rak. Dis ’n lekkerleesboek. Dis ’n storieboek. Dis mooi ook.

Dis snaaks, maar soos enige goeie verteller, ruk sy jou soms.

*

Marlise, aka Sjef Snoekie behartig die stilering vir die kosfotografie van Farmers Weekly – natuurlik het sy dit vir hierdie boek ook gedoen.

Hier is voorbeelde uit die boek. (Die kosfoto’s het ek nie geneem nie.)

s4

s5

s6

s7

*

Sjef Snoekie se gawe om ’n storie te vertel, haar aweregse sin vir humor en fyn aanvoeling vir kos, word in Laat die Potte Sing gekombineer. Sy is ook ‘n puik sanger. Haar treffer “Beige Ford Cortina” was snaaks, maar die res van die CD is diep musiek. Ek is ‘n fan, ek gee toe!

Marlies se nuutste CD

Marlise se nuutste CD

*

Laat die Potte Sing word deur LAPA uitgegee.

Marlies en Hendri Warricker van LAPA

Marlise en Hendri Warricker van LAPA

 

Laat die potte sing

Marlise Scheepers

ISBN: 978-0-7993-7495-7

PRYS: R220.00

Die meisie op die dak

February 7, 2016 in Uncategorized

9780799377248Hoe moet jy die ander kinders in die oë kyk as jou pa behoorlik opgefoeter het? Soos in, so erg, die koerante het dit vir almal vertel?

Nou bly jy en jou ma in hierdie goor huis in ’n goor buurt. Jy was gewoond aan die beste. Julle vorige huis het vyf slaapkamers gehad, elkeen met ’n eie badkamer. Hierdie huis het presies een badkamer en die mat in die voorste kamer lyk asof iemand daar selfmoord gepleeg het.

Al die skinderbekke by die skool is aan die praat…

*

Net toe Estelle dink die lewe kan werklik nie erger nie, ontmoet sy vir Aiden. Aiden wys haar die sterre. Hulle sien ’n verskietende ster en Aiden laat haar wens.

Hoe wens ’n meisie, wat so amper gesoen is op ’n dak, net een wens? Aiden se teenwoordigheid maak Estelle se hart woes klop en haar kop is só deurmekaar dat sy sommer drié wense wens.

By die skool gaan dit maar moeilik, maar Aiden is daar, ook daar op die dak…

*

Die meisie op die dak is ’n debuut deur Cecilia Steyn. Dit is ’n baie oulike debuut.

LAPA se hoof van kinder- en jeugboeke was baie positief hieroor, so ek het gisteraand, moeg ná ’n padwedloop, die boek gegryp. Baie lekker.

Volgens LAPA is die boek gemik op kinders van dertien en ouer. Dit is egter ’n boek wat ek vir enige leser sal aanbeveel – veral as jy ’n romantiese hart het. Hou net die teikenmark in gedagte. Hierdie kort roman probeer nie slim wees nie, daarom lees dit so lekker. Nie eers ’n moeë lyf en ’n glas bier kon my aan die slaap maak voor ek nie tot die einde gelees het nie.

*

Iets oor ’n verwante boek: Op die internet het talle mense, veral jongeres, addisionele eindes geskryf vir John Green se The fault in our stars. In die alternatiewe eindes vind ’n slim dokter ’n kuur vir kanker – Hazel en Augustus leef dus voort.

Screen-Shot-2014-05-01-at-1.12.34-AM

Hou dit in gedagte wanneer jy die einde van Die meisie op die dak op die dak lees. Nee, daar is niks kanker in hierdie boek nie. Ek verwys egter na die alternatiewe eindes van Green se boek, juis omdat jong lesers sal aanhou glo dat ’n gelukkige einde moontlik moet wees.

Die meisie op die dak se einde is veel makliker as die Green s’n.

LAPA bemark hierdie boek vir mense van dertien en ouer. Ek is dus nie teikenmark nie – my seun is reeds dertien. Tog het ek dit geniet. My gevoel is wel dat mense wat nader aan 53 is, waarskynlik sal dink die einde kom darem té maklik… Wel. Ja. Maar onthou die teikenmark.

Ek wil egter ook noem: Selfs my skeptiese, ou brein kon geen enkele feitefout kry nie. Ou mense soos ek moet dus ook maar, soos Estelle, glo dat wense kán waar word. Alles is feitelik en regstegnies moontlik, presies soos dit hier staan.

*

Nou vir ’n bietjie skindernuus. LAPA se persverklaring sê die outeur is ’n sussie van Fanie Viljoen. Wil jy nou meer! Nog ’n jeugboekskrywer in die gesin? Genade.

Wel, al is Cecilia familie van Fanie, moet ek sê haar stem is haar eie. Ek het nog nie vir Fanie geskryf nie, maar ek is seker hy is trots op hierdie sib van hom!

*

Die meisie op die dak op die dak word hoog aanbeveel. Volgens die bostelegraaf is Cecilia Steyn binnekort weer op die rakke – NB het haar glo ook ’n aantal kontrakte aangebied.

*

Die meisie op die dak is by goeie boekwinkels te koop. Of dring aan dat jou winkel dit bestel.

Anders kan jy dit direk by LAPA koop. Bel net 012 401 0700 en vra vir die winkel.

*

Hou die naam Cecilia Steyn dop.

Dis hoekom / That’s why

February 5, 2016 in Uncategorized

bbIMG_3536Ek doen môre die Lion of Africa kaalpoot. ’n Kortetjie, net 21,1 km. Hoekom? Want die kinders in die Durbanville Kinderhuis is ongelooflik.

Die Kinderhuis het ’n blog begin waar julle die kinders kan leer ken, in hulle eie woorde.  Hier is dit: http://blogs.litnet.co.za/kinderhuis/

Die kinderwet is geweldig streng op wat ons mag plaas en wat nie, daarom word geen name genoem nie. Maar dit wat julle hier sien, kom van die kinders self.

*

Ek wil ook dankie sê aan ’n anonieme persoon wat die ander dag R500 aan die Kinderhuis se skoolskoenfonds geskenk het. Ek weet wie sy is, maar sy wil nie genoem word nie.

Kyk hoe mooi vorder die fonds al. Ons is al verby die R2 000, wat tien paar skoene beteken.

Elke sent wat hier geïn word gaan direk aan die Kinderhuis, dit word deur GivenGain bestuur.

*

Terloops: Ek het vertel dat ek ’n besondere onderhoud met ’n meisie gedoen het wat ’n tat het… Wel, die regsverteenwoordigers van die Kinderhuis het beslis dat haar gesin in gedrang gebring kan word sou die onderhoud verskyn. Ek is jammer daaroor, want dit was aangrypend. Die kinderhuis se blog sê egter soveel. Gaan kyk asseblief en volg die blog.

kinderhuislogo

Tomorrow morning I am barefooting the Lion of Africa. It’s a shorty by my standards, only 21,1 km. Why? Because the kids in the Durbanville Children’s Home is awesome.

The Home started a blog: http://blogs.litnet.co.za/kinderhuis/

The law is extremely strict about what we may or may not post. We are not allowed to mention names, or show faces. That is why this blog is so special. We get to know the kids in their own words. Please visit the blog and follow it.

*

I want to thank the anonymous person who donated R500 to the Durbanville Children’s Home’s School-Shoe fund. I know who she is, but she does not want to be named.

By now we have raised over R2 000 already – meaning ten pairs of school shoes. Have a look!

Remember: I do not get a cent. Every contribution is paid to to the Durbanville Children’s Home direct. The entire process is monitored and managed by GivenGain.