You are browsing the archive for 2016 January.

Mauritz Lotz se Kaleidoscopic is next level

January 31, 2016 in Uncategorized

16 01 24 lotz 6209

Ek praat nie sommer oor musiek nie, maar ek weet waarvan ek hou. Mauritz Lotz het in 2014 ’n nuwe cd uitgereik wat ek die ander dag eers gekoop het. Dit is die moeite werd.

kalIMG_3528

Ek volg Lotz al vandat ek ’n laaitie was, maar ek het nooit eintlik besef hy is so geweldig veelsydig nie. Met Kaleidoscopic plaas hy hom myns insien in die geselskap van mense soos Peter Gabriel en Mike Oldfield. Dit is nie ligte woorde nie.

16 01 24 lotz 6241

As jy in my oordeel twyfel, luister self. Hierdie skakel sal jou bekendstel aan ’n medley uit die cd. Die medley is goed, maar die cd self moet van voor tot agter ervaar word.

16 01 24 lotz 6245

Ek was baie gelukkig om Lotz ’n week gelede voor ’n gehoor te ervaar. Dit was fantasties, maar toe ek ná die tyd Kaleidoscopic kom opdraai op ons Rotel, oe…

Daar was nie ’n perspit nie, so ek moes uit die gehoor skiet, verder was ek selfsugtig: Ek wou eintlik met toe oë sit en luister, maar ek het darem so ’n paar kiekies gekry.

16 01 24 lotz 6197

Jaconell Mouton was Sondag op die klawers.

16 01 24 lotz 6193

Vinnie Henrico was agter die skrum.

16 01 24 lotz 6233

Denny Lalouette het die sesnaarbas laat grom.

16 01 24 lotz 6225

Kreesan het gesing.

16 01 24 lotz 6231

Véronique het ook gesing.

16 01 24 lotz 6219

Maar dit was hierdie man wat ons op ons voete gehad het. Hier is nog ’n lusmakertjie: Die klankbaan van “Genesis”. Luister en stry dan met my oor Oldfield en Gabriel.

16 01 24 lotz 6236

Besoek gerus sy webwerf: http://www.mauritzlotz.com/

16 01 24 lotz 6285

Kaleidoscopic is gewoon “next level” – as ek nou by Jack Parow mag steel.

16 01 24 lotz 6270b

Kyk ’n na sy vingerwerk in hierdie video op Jukebox.

Offer

January 24, 2016 in Uncategorized

Hierdie blog is Jack Parow se skuld.

Ek het gister ’n baie moeilike wedloop gehardloop en kon daarna tyd met boeke deurbring as deel van die herstelproses. Nou sit vanoggend hier met ’n klomp boeke in my kop en die temas wat deurkom is offer en opoffering.

En, ja. Dis oor Jack Parow met my kop smokkel.

Vlam in die sneeu

Vlam in die sneeu

Die grootste boek van 2015 is waarskynlik die versameling briewe van Ingrid Jonker en André P. Brink, Vlam in die sneeu.

Om tweede en derde plekke toe te ken raak moeiliker, maar Offerlam van Chanette Paul moet baie na aan tweede wees, as dit nie reeds is nie. (Volgens ’n meningspeiling laasjaar op Lekkerleesboekrak was Paul s’n die groot gebeurtenis.)

lekker

En toe kom bespring Jack Parow my. Sy biografie het ook in 2015 verskyn.

Jack Parow deur Theunis Engelbrecht

Jack Parow deur Theunis Engelbrecht

Dankie, Jack Parow

Ek wou eers net oor die kinderhuis skryf, maar toe gryp hierdie sinnetjie van Parow my: “Al het ons nie miljoene gehad nie, het ek as kind die coolste tye van my lewe gehad net omdat ek liefde gehad het van die mense wat vir my omgee.”

Eintlik wou ek tjank. Dis so cool. Dis so reg. En dis so anders as baie ander mense se belewenisse.

 

Op sewentien finaal verwerp

Hier tat behoort aan ’n meisie wat, vandat sy twee jaar oud is, in kinderhuise woon. Eers in Kimberley en toe in die Durbanville Kinderhuis.

 

Haar volle storie volg binnekort

Haar volle storie volg binnekort

Haar ander tats en haar hele storie gaan binnekort verskyn; sy is een van die redes waarom ek met die kinderhuis werk. Hierdie kind is gereeld deur haar ma verwerp. (Ek weet baie van die ma, maar ons het besluit om niks oor haar te publiseer nie.)

Hierdie meisie het alles gedoen om die ma se guns te wen, maar op haar sewentiende verjaarsdag is sy finaal verwerp.

Sien julle die ooreenkomste met Ingrid Jonker en Chanette Paul se Caz Colijn?

Offerlam

Offerlam

Paul se Offerlam was een van die heel beste verkopers verlede jaar, so ’n mens sou hoop dat vele van julle reeds Caz se storie ken. Ek gaan nie spoilers inbou nie, maar dis belangrik dat Caz moet vrede daarmee maak dat sy ook verwerp is. Lees Offerlam. Dit is Paul se beste ooit en in alle opsigte is dit ’n oorrompelende teks.

Maar wat van Jonker?

Dit is bekend dat haar pa haar verwerp het, en tog het sy telkens weer probeer. Op 9 Januarie 1964 skryf sy aan Brink dat sy bitter graag vir haar pa ’n eerste druk van Rook en Oker wou neem, want hy versamel eerste drukke. Haar pa laat weet, per getikte brief, hy is “nie geneë om jou [Ingrid] in ’n kafee of enige ander openbare plek te ontmoet nie.”

Sy was natuurlik plat.

Brink se pa was ook erg stug teenoor hom. Brink se ma het geweet van  Jonker. Sy pa dalk ook, maar het altyd daardie deel van sy seun verwerp.

 

Om te behoort

Die meisie met die tats het ’n ongelooflik eerlike onderhoud aan my toegestaan, en wanneer sy my skryfsels goedgekeur het, sal julle alles kan lees. Daar is foto’s van haar ook. Sy is beeldskoon.

Een van die redes waarom ek probeer help by die Durbanville Kinderhuis, gaan juis oor die feit dat hulle vir kinders geborgenheid gee. Lees asseblief haar storie wanneer dit verskyn. Dit is aangrypend.

bbIMG_3496

Waarom kan alle ouers nie soos cool soos Jack Parrow s’n wees nie?

Maar dan: Ek is self ’n ouer, en dôner, al probeer ek hoe hard, ek weet nie of my seun eendag sulke mooi goed oor my sal sê nie.

 

Verwerping en omgee

Ek is mos maar mal en hardloop deesdae padwedlope sonder skoene, want dit is ’n manier om mense bewus te maak van die Durbanville Kinderhuis.

Die offerande

Die offerande

Ek het gister, al hardlopende, verskeie gesprekke oor die kinderhuis gehad en skielik, net verby die 21km merk, gee ’n onbekende Stellenbosch-atleet vir my ’n R100 noot. Vir die kinderhuis.

Dis die wonder van die mensdom. Net so, al hardlopende wil hy bydra. Soveel mense kry so seer, maar daar is soveel wat omgee.

Jonker en Brink en het heelwat verwerping aanvaar, maar het ook groot mense gehad wat vir hulle omgee. Interessant genoeg was dit NP Van Wyk Louw wat ’n soort mitiese vaderfiguur geword het vir Brink, deels, dalk, omdat Louw, as getroude man, ’n verhouding met die getroude Sheila Cussons gehad het.

“Net ’n bietjie liefde” sing Coenie de Villiers.

 

Snedige resensies

Daar is gereeld verwysings na resensies in Brink en Jonker se briewe. Oor die jare heen het die Afrikaanse letterkunde nie verander nie. Altyd sal daar mindere, onopgeleide lesers wees wat bitter hard probeer om hulle klein mishopies te bevolk. Hulle name word natuurlik krater gemaak deur die geskiedenis, maar hoe hanteer ’n skrywer dit?

Brink skryf, in dieselfde brief waarin hy vertel hoeveel Van Wyk Louw vir hom beteken het, dat daar “snedige resensies oor Orgie” was. Dan vertel hy vir Jonker: “Snaaks, vroeër het so iets my enorm ontstel. Nou niks; glimlag hoogstens. Dis nie uit beterweterigheid nie – net ’n gevoel as ek iets gedoen het wat vir my waaragtig onontbeerlik en eerlik was, dan kan ander nou maar raas soos hulle, ek voel rustig.”

 

Arbeid?

Brink was baie lief vir die N.P. van Wyk Louw bundel Tristia.

Daar is ’n mooi gedig in (sien die foto) wat eindig:

“Ons arbeid maak nie ons harte bly nie;

ons is nog onvoltooide wêreld.”

bbIMG_3514Ons werk dikwels so hard om te probeer behoort. Ons doen dit op verskillende maniere. Ons blog, ons skryf boeke, ons hardloop maratons.

Die meisie met die tat het alles gedoen vir haar ma, maar is verwerp. Sy het vreugde gekry in die Durbanville Kinderhuis.

’n Mens wonder watter vreugde die snedige resensente kry uit hulle gifpenne, veral as die publiek en die kenners se menings so duidelik, eendragtig, anders is.

Die ander vraag is natuurlik maar altyd: Hoekom maak hulle hul name krater met sulke simpel resensies?

Een van die walglikste karakters van 2015 was Caz Colijn se suster – in Offerlam. Lees maar self. Ek wil nie die storie weggee nie, maar as jy die boek lees, sal jy sien dat sy ook bitter hard probeer het om iemand te kry wat haar kon liefhê.

Petrovna Metelerkamp (regs) dink ook Offerlam in Paul se beste.

Petrovna Metelerkamp (regs) dink ook Offerlam is Paul se beste.

Offer

Wat offer ons vir ander?

Wat offer ons van onsself?

En hulle wat ons wil seermaak? Watter erge seer dra hulle in hulle rond? Beide Vlam in die sneeu en Offerlam maak hierdie punt baie duidelik: Mense wat seermaak, het seergekry.

Ek wens alle ouers was soos Jack Parow s’n, maar toe nie. Soms wonder ek of ek tekort skiet in my verhouding met my kinders.

Die R100-noot wat die Stellenbosch atleet gister vir my gegee het, so 5 km voor ons daardie pynlike Red Hill moes uithardloop, het Nelson Mandela se gesig op.

Mandela was nie ’n engel nie, maar uit die jare van opoffering is ’n man gelouter wat kon omgee.

Die kinders by die Durbanville Kinderhuis is nie almal engele nie, maar soveel van hulle keer weer later terug en gee daadwerklik vir ander om.

Kleinlike mense sal seermaak, want hulle soek aanvaarding.

Dis die groot mense wat kan omgee.

Ons is egter almal van ons onvolmaak: “ons is nog onvoltooide wêreld.”

*

Ek vra skaamteloos vir bydraes aan die Kinderhuis. Hier is een manier om, maklik en vinnig, by te dra, klik net die skakel.

bbIMG_3350

Digterlike Koran / Poetic Qur’an

January 12, 2016 in Uncategorized

(The complete English translation follows below)

boekbomme 1 / book bombs 1

Boekbomme 1 / Book bombs 1

Daar is soveel skoonheid in die Islam. Ons moet dit nooit vergeet nie, veral nie wanneer ons protesteer teen hulle wat brutaliteit pleeg in die naam van Allah nie.

Hierdie blog is ’n protes teen magshonger mans. Dit is ook ’n ooparmomhelsing van al die goeie dade en vriendskap wat ons in die Moslemgemeenskap vind.

* * *

Ashraf Fayadh

Ashraf Fayadh

Ashraf Fayadh, ’n 35-jarige Palestynse digter en kunskurator, wat in Saoedi-Arabië woon, is op 17 November 2015 ter dood veroordeel deur ’n hof in Saoedi-Arabië vir die “misdaad” van afvalligheid. Hy het na berigte geen toegang tot ’n prokureur gehad gedurende sy aanhouding en verhoor nie.

Talle internasionale instellings doen ’n beroep op mense om op 14 Januarie deel te neem aan ’n wêreldwye voorlees van geselekteerde gedigte, en ander tekste, ter ondersteuning van Ashraf Fayadh.

PEN Afrikaans, soos baie ander takke van PEN, deel in die protes en vra mense om gedigte te deel en voor te lees vir Ashraf Fayad.

Ek ondersteun dit, en ek ondersteun die lees van Fayad se eie gedigte.

Tog, ek wil nóg ’n gedig deel. Ek wil almal herinner dat die Koran vol poësie is.

Ek het ’n gedig uit die Heilige Koran gekies wat praat oor mense wat goed geskape is, maar tog nie in staat is om te lewe volgens Allah se heilige wysheid nie.

* * *

 Hoofstuk XCV

DIE VY

In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

  1. By die vy en die olyf!
  2. En by die berg Sinaï!
  3. En by die Stad met sy vestings!
  4. Voorwaar, Ons het die mens voortreflik geskape.
  5. Maar Ons laat hom verval tot die allerlaagste;
  6. behalwe hulle wat glo en goeddoen; vir hulle is daar ‘n oneindige beloning.
  7. Wie sal leuens aan u vertel omtrent die Oordeelsdag?
  8. Is dit nie Allah wat regverdig oordeel nie?

(Vertaling deur imam M.A. Baker, in 1981, uitgegee deur die Islamic Propagation Centre in Durban; met dank aan Bernard Odendaal.)

 * * *

Die vy, wanneer deeglik verfyn deur die boer en goed versorg, is ’n wonderlike vrug, die wildevy is nie. Is dit nie ook ’n goeie metafoor vir die mens nie? Veral as ons ’n dink aan digters?

Ek deel die gedig om ’n aantal redes:

  • Te veel nie-Moslems bodder nooit om die mooi in die Islam te soek nie, in plaas daarvan het ons mense soos Donald Trump wat haat teen die Islam versprei.
  • Poësie is nie vreemd aan die Islam of die Koran nie.
  • Erotiek is nie vreemd aan die Islam of die Koran nie – is nie die vy nie een ​​van die groot simbole van erotiese liefde nie?
  • Ek het ’n gedig gekies wat hard slaan, want dit sê ons is almal feilbaar, tog die verteller waarsku ons dat God die uiteindelike oordeel sal fel – met wysheid. As dít die geval wees, wie is ons om te oordeel? Laat diegene wat Ashraf Fayadh veroordeel het, kennis neem.

Ek het protesteer heftig met hierdie gedig.

  • My protes is teen manne wat dink hulle moet Allah beskerm. Hierdie gedig maak die punt: “Is dit nie Allah wat regverdig oordeel nie?”
  • Terselfdertyd protesteer ek teen die euwels van Donald Trump en ander wat verdeeldheid saai. Onthou hoe boeke verbrand is in die VSA deur wit ekstremistiese, Christelike groepe? Onthou hoe boeke verban is in Suid-Afrika deur wit, ekstremistiese, Christelike groepe?

Om aan te haal uit ’n ander heilige boek: Slegs diegene sonder sonde moet toegelaat word om die eerste klip gooi.

* * *

Woorde kan soos bomme wees.

Ek het die foto’s van hierdie wonderlike installasies in die Potchefstroom Botaniese Tuine geneem. Hierdie boeke was almal op die treflyste van wit, ekstremistiese Christengroepe. Die kunstenaar is Chris Reinders. Die werk is gemaak vir die uitstalling Games People Play tydens die 2015 Aardklop-kunstefees in Potch.

  • Ons almal het baie om te beantwoord.
  • Ons moet hard werk om vryheid van spraak te beskerm.
  • Ons moet protesteer teen die ongeregtighede in Saoedi-Arabië.
  • Ons moet aanhou protesteer teen die verskrikkings wat mense soos Donald Trump, en ander mense nader aan ons, die wêreld instuur.
Boekbomme 2 / Book bombs 2

Boekbomme 2 / Book bombs 2

There is so much beauty in the Islam. We should never forget that, especially when we rally against those who choose to be brutal in the name of Allah.

This blog is a protest against power-hungry men. This also is an open-arm embrace of the kindness and friendship we find in the Muslim community.

* * *

leadImage

Ashraf Fayadh, a 35 year-old Palestinian poet and art curator, who lives in Saudi Arabia, has been sentenced to death by a Saudi court on 17 November 2015 for the “crime” of apostasy. He was, according reports, denied access to a lawyer throughout his detention and trial.

Many international institutions have called on people to participate in a worldwide reading of selected poems and other texts in support of Ashraf Fayadh, on 14 January 2016.

PEN Afrikaans, like many other PEN chapters, are joining the protest, asking people to share and read poetry in Ashraf Fayad’s honour.

I support it, and I support the reading of the Fayad’s own poetry.

Yet, I want to share one more poem. I want to remind everybody that the Holy Qur’an is full of poetry.

I have selected a poem from the Holy Qur’an that speaks about people who are beautiful, yet people who are not able to live up to Allah’s holy image, and Allah’s wisdom.

* * *

Sūra XCV

THE FIG

In the name of God, Most Gracious, Most Merciful.

  1. By the Fig and the Olive,
  2. And the Mount of Sinai,
  3. And this City of security.
  4. We have indeed created man in the best of moulds,
  5. Then do we abase him to the lowest of the low,
  6. Except such as believe and do righteous deeds: for they shall have a reward unfailing.
  7. Then what can, after this, contradict thee as to the Judgement to come?
  8. Is not God the wisest of Judges?

(Translation by A. Yusuf Ali, 1946; published by the Islamic Propaganda Centre International)

 * * *

The fig, when cultivated, is a wonderful fruit. The wild fig is not. Interesting metaphor for human beings (and poets).

I share this poem for a number of reasons:

  • Too many non-Muslims do not care to stop and drink in the beauty of Islam, instead we have people like Donald Trump spewing hatred against the Islam.
  • Poetry is not foreign to the Islam or the Qur’an.
  • Eroticism is not foreign to the Islam or the Qur’an – is not the fig one of the ultimate symbols of erotic love?
  • This is a hard-hitting poem, for it says that we are all fallible, but the narrator warns that God is the ultimate judge. If that be case, who are we to judge? Judges of Ashraf Fayadh, take note.

I do protest with this poem.

  • My protest is against men who believe that they need to protect Allah. This poem makes the point: “Is Allah not the wisest of judges?”
  • I also protest against the evils of Donald Trump and others who sow division. Remember the book burnings in the USA by white extremist, Christian groups? Remember the book bannings in South Africa by white, extremist, Christian groups?

To quote from another holy book: Only those without sin is allowed to cast the first stone.

* * *

Words can be like bombs.

I photographed these amazing installations in the Potchefstroom Botanical Gardens. These books had all been on the hit lists of white, extremist Christian groups. The artist is Chris Reinders. The work was created for the exhibition Games People Play at the 2015 Aardklop Arts Festival in Potch.

  • We all have a lot to answer.
  • We should all nurture and protect free speech.
  • We should all protest against injustices in Saudi-Arabia.
  • And, yes, we should all continue protesting against injustices spewed by Trump and others so much closer to us.
Boekbomme 3 / Book bombs 3

Boekbomme 3 / Book bombs 3