Banting: My woord van die jaar

December 4, 2015 in Uncategorized

(English summary below)litnetlogobowoordvandiejaar2015

LitNet wil weet wat my woord van die jaar is. Ek kies Banting. Hoekom?

 

Mense praat daaroor

Of hulle nou nou self agter Noakes aanloop, of nie, mense praat oor Banting. Hulle maak grappe daaroor, hulle word kwaad daaroor, hulle begin twoorloë daaroor.

Dit beteken die woord word gebruik, ook in fiksie.

Speurder Bennie Griesel moes hoor hoe sy baas die dieet volg; in Ikarus van Deon Meyer.

Speurder Bennie September moes hoor dat Tim Noakes vermoor is weens sy idees; in Paige Nick se Death by carbs.

 

Dit is hier om te bly

Die woord toep is so mooi, maar niemand gebruik dit nie.

Al wat ‘n Banter is, weet egter mense het opinies oor Banting. Selfs formele woordeboeke erken dit deesdae.

Tot ‘n ander, makliker woord vir #LCHF gaan kom, sal ons maar praat van Banting.

Ek kan sien dat die hoofletter gaan verdwyn.

 

Al gebruik hulle dit verkeerd

Die foto hieronder is pas geneem, arme sub. Die Banters sal sê sy het te veel koolhidrate ingeneem en was toe op ‘n insulienpiek.

  • Selfstandige naamwoord: Banting (die dieet)
  • Selfstandige naamwoord: Banter (persoon op die dieet
  • Werkwoord: Bant

Dit werk in albei tale.

banting poster

***

I propose Banting as my word of the year. Why? It is controversial, people use it. Even if they use it badly, like the sub in the Cape Times did.

Paige Nick (Death by carbs) and Deon Meyer (Ikarus) have used it in popular culture and many a twar has been fought over it.

Love Noakes or hate him, people know about and use the word Banting.

What is more, you can use it in English and in Afrikaans. Lekker.

3 responses to Banting: My woord van die jaar

  1. Banting mooi of nie – dit werk. Dis die enigste eetplan waarmee ek 10 kg in ses weke afgegooi het terwyl dit heeltyd gevoel het of ek te veel eet!

  2. Ek stem. Dit het nou ‘n huishoudelike naam geword en ek weet nie van enige ander eetprogram wat so welbekend en wyd-gebruik word nie. Ek weet ook nie van enige ander ‘ nuwe’ woord wat so baie hierdie jaar gebruik is nie. Goeie keuse van ‘n woord.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *