You are browsing the archive for 2015 December.

Tales of the metric system

December 30, 2015 in Uncategorized

dcb112b799fe8c9befc9d49b6219876e-zoom

I have just finished Tales of the metric system by Imraan Covadia. What a wonderful read.

It is not an easy who-dunnit, but if you know your history, it certainly is worth every bit of effort.

Any author should to be jealous of someone like Chanette Paul who can turn a political thriller like her latest, Offerlam, into such an easy read that one actually forgets the political shenanigans brimming below the surface. Pual’s wonderful Offerlam is like a Bugatti Veyron – a hyper car, but as easy to drive as a Golf.

Tales of the metric system is a bit more like an older Lamborghini – it has a brutal V12, it screams around the corners and for the enthusiast there simply never is too much, yet you have to keep it in check. Tales of the metric system offers no traction control and no automatic gearbox.

Unlike Paul’s silky smooth ride, Tales of the metric system was written for the enthusiast and it makes for adrenalin-pumping fun when you are willing to work for it.

*

The story is told in ten instalments. In each the reader is allowed to go out and drive laps into secrete pockets of our history, each one offers us a few options to zoom down the home straight of our yesterdays. The book makes total sense when all the courses have been driven and all the points added up.

Each new instalment poses new winners and losers, and new challenges. As any motorsport enthusiast would know, one eventually gets to know the faces and by the end you can predict the final scene; as had been the case when Schumi would grab the lead after four laps. The rest was history, even before it happened.

Read Tales of the metric system, you too will predict the final scene… Coovadia sets you up, you want to look away, but you cannot.

Actually, this book has nothing to do with cars, well, maybe an old Jaguar and a few flashy Merceds Benzes play a role, but one has to constantly to look in the rearview mirror to make sure that you get to understand all the characters who keep appearing. You’d also need a proper political context as navigator.

We only see brief glimpses of each character and most of the story is not told. Yet, when we read of important times, we get to experience them intensely.

Coovadia even uses a trick from car racing… At critical moments he switches perspective and we stop looking at the lead car from a bank of cameras, we experience the situation from within.

*

Enough metaphor.

This book takes us from 1970 to the evening of the opening of the Soccer World Cup in 2010. We get to read about passbooks, mixed marriages, communist spies, double agents, necklacing and eventually the shenanigans of the the new Elite. We even experience the President who was an Aids denialist and his rogue doctor who believed in vitamins.

Tales of the metric system takes us back to experience fascinating chunks of our history, as seen through ordinary people’s eyes.

*

I loved this book, but I am not sure that people with no interest in the political dealings of the past forty odd years would get it. I have lived through this history, but I wonder what a younger generation would think of it?

My sister in law, who has no political bone in her body, loved Offerlam, despite its quite obvious political subtext. I somehow do not think she’ll get this one.

Coovadia writes about fictional characters, but to me the true beauty of this book was that I was able to link real events and people to the story.

*

My summary? Brilliant, but not easy.

If you love politics and you love reading the newspaper from side to side, this one has your name on it. I really rate it very highly.

But, unlike Chanette Paul, I do not think Coovadia would be accessible to a public with no interest in the recent history.

Tales of the metric system by Imraan Covadia was published by Umuzi and comes highly recommended. I loved it.

*

9780799377118Offerlam, by Chanette Paul, was published in Afrikaans by LAPA. A very successful Dutch translation was published by Uitgeverij Lannoo. An English translation is in the pipeline. It too has strong political undertones, but one does not need a road map into the past to understand it.

If you do not know the work of Paul, start here. It is her best book by far, and it looks at the race, religion and expats. In the end, though, it is a story of belonging; all packaged in a thrilling crime novel. There are big similarities between Offerlam and Tales of the metric system; read both if you enjoy political intrigue.

Randall Wicomb oorlede

December 27, 2015 in Uncategorized

Randall Wicomb

Randall Wicomb in Oktober vanjaar

Randal Wicomb is klaarblyklik vanoggend, 27 Desember 2015, oorlede. Hierbo is die laaste foto wat ek van hom geneem het, in die ATKV-Boekeoase by Aardklop, in Oktober vanjaar. (Kliek daarop om dit groter te maak.)

Die ATKV het vanoggend ‘n verklaring uitgereik wat ek graag hier deel.

* * *

Die ATKV verneem met leedwese van die afsterwe van Randall Wicomb.

Mnr. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep het gesê: “Sonder Randall Wicomb sou Afrikaans armer gewees het. Randall se werk is deel van die kultuurskat en identiteit van Afrikaans. Hy is ’n ikoon van die Afrikaanse taal en kultuur.”

Randall Wicomb het ongetwyfeld ʼn besondere bydrae tot Afrikaanse taal en kultuur gemaak. Hy het oor die jare ʼn huishoudelike naam geword wat nie net van ons  mees bekende digters se werke getoonset het nie, maar ook diep gedelf het in die volksliedere van vorige geslagte. Sonder hierdie pogings om verskillende fasette van Afrikaans bekend te maak en te behou, sou ons kultuurlandskap veel armer gewees het.

Randall se sangloopbaan het reeds op skool begin, maar dis ná sy blootstelling aan professor Fiasconaro, Gudrun Barella en Philip McLachlan dat hy as tenoor ontwikkel het. Nadat hy vir etlike jare betrokke was by die Stellenbosch Universiteitskoor, stig hy die Rancombs wat die ATKV se Crescendo-toekenning in 1975, 1976 en 1977 ontvang het.

Hierna toonset hy van Adam Small se werke in Hey, smile wit’ me wat gedurende 1979 en 1980 onder andere in die Baxter Teater opgevoer is. Daar moet ook melding gemaak word van sy optrede in Joseph and the amazing technicolour dreamcoat gedurende hierdie tyd. In Oos Wes, Tuis Bes wat beide as CD en as verhoogstuk ongekende sukses bereik het, bring Randall hulde aan Adam Small se besondere bydrae tot ons taal, kultuur en digkuns.

Sy samewerking met professor Pieter Grobbelaar lei daartoe dat meer as 100 episodes van Die volk as digter deur die SAUK uitgesaai word, waartydens bykans 1000 ou Afrikaanse liedjies weer herleef.  Sonder hierdie pogings sou hierdie deel van die Afrikaanse kultuur verlore gegaan het.

Randall het egter nie by slegs ou-Afrikaans betrokke gebly nie. Professor Hans du Plessis se navorsing van die dialekte van die Oranjerivier-Afrikaners  lei tot die merkwaardige versameling (en behoud) van ʼn unieke deel van ons taal. Randall se toonsetting van die Griekwapsalms het verder gehelp om hierdie vorm van die taal nie net aan ʼn breër gehoor bloot te stel nie, maar ook om dit deel te maak van ons identiteit.

Bo en behalwe die toonsetting van gedigte van Leipoldt, Marais en vele ander van ons volksdigters, het Randall se  betrokkenheid met die Afrikaners in Namibië gelei tot etlike optredes in daardie land. Professor Aldo Behrens se verskeie verhoogstukke  (Kalaharikrismis en andere) help om Randall en die Griekwapsalms in ons buurland bekend te maak. ʼn Hoogtepunt was Genadendal, ʼn musiekblyspel gegrond op Ronnie Belcher se digwerk. Die toonsetting en vertolking van hoofrol is natuurlik deur Randall gedoen.

Tydens die bekendstelling van sy biografie, Kleur, op 14 Oktober het die ATKV ’n Oorkonde aan die kunstenaar oorhandig.

Randall Wicomb

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, oorhandig ’n oorkonde aan Randall Wicomb op 14 Oktober 2015. (Foto verskaf deur die ATKV, kliek om te vergroot.)

Ingrid se rooi trui / Ingrid’s red jersey

December 25, 2015 in Uncategorized

(English follows below – dit brei uit op die Afrikaans, lees gerus verder as die Afrikaans)

Die trui wat Ingrid Jonker gekoop het

Die trui wat Ingrid Jonker vir André Brink gekoop het

(Kliek om groter te maak)

Vandag, so op Kersdag wil ek iets noem van ‘n geskenk wat aanhou gee. Hierdie rooi trui het Ingrid Jonker gekoop en aan André Brink geskenk.

Jip, Ingrid Jonker het dit met haar eie hande en swaarverdiende geld gekies, gekoop en as geskenk aan André gegee.

Toe ek dit in my hande hou, was dit ‘n enorme oomblik. Ingrid het hieraan gevat. Ingrid Jonker. Ingrid die digter, Ingrid die mite. André Brink het dit gedra.

André het ek geken. Nie besonder goed nie, maar wel. Sy werk ken ek en ek het ‘n paar jaar lank gewerk aan ‘n meestersgraad oor sy gebruik en misbruik van historiese dokumente in Inteendeel. Jonker was egter altyd die mite, die lover van André.

Die dag toe Karina, André se weduwee aan my deur klop met hierdie trui in haar sak, was op sigself ‘n geskenk. Sy het vir ‘n oomblik iets baie tasbaar van Ingrid aan my openbaar. Sy het my toegelaat om daaraan te vat.

Ek het al by meer as een geleentheid vir Karina daarvan “beskuldig” dat sy te vrygewig is – ek is bang sy gee soveel van haarself aan die Suid-Afrikaanse leespubliek, dat ons haar gaan leegsuig. Dan lag sy vir my en hou aan om André te deel.

Karina besef André is volksbesit. Sy sien dit duidelik met Ingrid ook.

Dit is uiteindelik ‘n enorme voorreg om Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P. Brink & Ingrid Jonker te kan koop en lees.

***

The jersey that Ingrid Jonker bought

The jersey that Ingrid Jonker bought for André Brink

(Click to enlarge)

Today is Christmas day. It is a day of reflection and sharing. I would love to reflect on a gift that Ingrid Jonker bought for André Brink – and my interaction with that gift.

It was hard not be emotional when Karina Szczurek pulled out the old, worn jersey from her bag. One of the great mythological figures of Afrikaans poetry bought this jersey for one of the really great South African authors as a gift.

Karina talks about Ingrid as that “ghost” in André’s life. When one sees the jersey, it is clear that the gift had meant much to him – he clearly held onto it as something tangible from the hands of Ingrid.

To be asked to photograph this jersey in my studio was quite a gift in itself. Karina and I looked at many different options, but in the end this “pose” was the one she felt was most alive. All I had to do was set op the lighting to capture this jersey for the viewer.

I was in the Book Lounge when I saw my photograph in the book for the first time. It gave me joy.

Karina is extremely generous in the way she shares her late husband with the reading public. Just like this jersey has survived both the giver and the receiver, so to have the letters written by Jonker and Brink (his due to the carbon copies he had kept).

Flame in the Snow: The Love Letters of André Brink & Ingrid Jonker is one of the generous ways in Karina shares “her” André and his “ghost” with the reading public.

Please spare a thought for her today. In a tweet she wrote:

Dear Christmas,

Nothing will ever be the same again.

What I wish for, I may not have.

Be gentle and kind, please.

Love,

Your Karina

Thank you, Karina, for the gift of sharing André and Ingrid with us.

***

In this article Karina herself talks about her journey with the letters of André and the “ghost”.

Karin Schimke talks about translating one of our best-known poet’s letters.

In hierdie artikel neem Elkarien Fourie die mite van Ingrid Jonker onder te die loep. Dit is ‘n fassinerende geskrif oor die parrellelle tussen die lewe van Ingrid Jonker en ‘n sprokie wat deur Hans Christian Anderson neergepen is oor ‘n meisie wat kreatiwiteit verkies bo die speel van ‘n rol vir die samelewing se onthalwe.

In Oktober het LitNet vir Ingrid Jonker gedenk as skrywer van die week.

Lees ook hoe Tom Burgers vertel oor die kaalfoto’s wat hy van Ingrid geneem het.

DEATH BY CARBS: The best who-donut of 2015

December 18, 2015 in Uncategorized

Tim Noakes, about to be murdered, holds up the evidence; with Paige Nick

Tim Noakes, about to be murdered, holds up the evidence; with Paige Nick

Yes, Paige Nick’s laugh-a-minute novel Death by carbs is not a whodunit, it is a who-donut with more twists and turns than a koeksister.

The cover bears a striking resemblance with Noake's book

The cover bears a striking resemblance with Noakes’ book

It obviously is a spoof, and it is a blinking good one at that.

 

The first twist

The plot is simple: Detective Bennie September gets called out to a murder scene at the house of Tim Noakes, the man who was driving people nuts with his low-carb, high-fat diet.

The good detective arrives just as the gurney with the bloodied body is taken away by two rather inexperienced paramedics and he starts questioning the witnesses.

On their way to the morgue the ambulance gets hijacked with the luckless body of the dead Prof Tim Noakes in the back.

September tries to keep the saga from the media, but within seconds the first blurry pictures of Noakes’ body is all over the internet.

And that, ladies and gentleman, is merely the first twist of the koeksister.

Ex-Police woman (s'true!) Liesl Jobson, now BooksLive, snaps the Prof and Graham Thurtel, red-heanded

Ex-Police woman (s’true!) Liesl Jobson, snaps the Prof and Graham Thurtel, red-handed

 

The second twist

Bennie September begins hunting down the suspects. Paige Nick feeds the reader a lot of info to keep us turning and turning the pages.

Pretty soon we have our own list of suspects:

  • the widow, with her bloodied knobkierie, who finds it easier to sell “Tim Noakes-ENDORSED Meal Plans” now that he is dead;
  • Bennie September who admits that he too wanted to kill the prof ever since his wife has tried stop him from eating donuts;
  • the Ex-Publisher who was stupid enough to turn down Tim Noakes’ Real Meal Revolution and who has consequently been fired;
  • the CEO of SnackCorp who is secretly Banting while he sells carbs to the people – and losing market share everyday because of Noakes;
  • and the co-authors who were struggling for some limelight while Noakes was alive; someone now has to become the new face of Banting, not so?

And that, Ladies and Gentleman, is merely the second twist of the koeksister.

While this is going on, the body of the dead man is being taken on a number of rides, as nobody wants to be seen with the best-known dead person in Cape Town…

Death by carbs is hilarious. Totally hilarious.

Paige Nick manages to encapsulate two things:

  • the cultish way in which people are pro- or anti-Banting;
  • and the South African society, from the township shebeen through to the mighty office of the CEO.

Even my wife, who never reads suspense novels, loved this one and laughed all the way to the end.

Get it. It is cheap. I only paid R150 for it at the Book Lounge, little enough to buy cauliflower on the way back home.

 

The launch

I was fortunate to attend the book launch on 10 December at the Book Lounge.

Smile, Prof!

Smile, Prof!

Tim Noakes himself was there, brave if one considers he gets clobbered on page 1.

The Cast, take 1

The Cast, take 1

The launch was hilarious, with Mervyn Sloman on sit-down comedy and both Paige Nick and Tim Noakes taking the Mickey out of themselves and each other.

The cast, take 2

The Cast, take 2

The Book Lounge enhanced the evening by splitting the eats on the table in two:

Death by Carbs

Death by Carbs

  • a Death-by-carbs menu;
  • and a Carbs-are-Death menu.
Carbs are death

Carbs are death

Leopard’s Leap kindly donated some wine.

Leopard's Leap, the book-lover's friend

Leopard’s Leap, the book-lover’s friend

 

Conclusion

Death by carbs is brilliant. Paige Nick risked a lot, since this book was self published with the help of BookStorm. She did not want to wait till next year, as the book is a take on the present.

I agree. I can honestly say: Be Ye A Banter or Be Ye A Non-Banter, this book will have you in stitches. Buy it before the spoilers arrive.

 

PS

Yes, there is a PS: The Book’s original title was Who killed Tim Noakes. Nick sent it to the prof and asked permission to publish it. Both Noakes and his wife then read the book, and immediately approved of its publication, but since there were (maybe still are) so many people hating Noakes for his diet, his wife was scared that the title might cause a few people to get ideas… The new title is brilliant, but you have to read the book to understand why there are so many hidden meanings behind the title.

Noakes recently tweeted something like: “Is this the first recorded death by Banting?”

It is not the first time Tim Noakes allowed himself to be sent up.

suzelle en tim noakes

If you have not yet seen what Suzelle DIY does to the good prof with a koeksister, take a look at this video, but keep looking to the end. Marianne manages to get a koeksister into places most other people would not dream of (or perhaps, many of them do, but they dare not!). It is hilarious.

Die onderduikers van die jaar

December 16, 2015 in Uncategorized

Ek wil gou oor twee boeke praat wat stink resensies gekry het hierdie jaar en toe verdwyn het. Albei verdien egter ‘n tweede kans.

 

Die dag van die Lord, Johan Kruger

die dag van die lord johan kruger

Hier is die spioenasieroman van die jaar. Wat meer is, die feite waarop hierdie boek gebaseer is, is nog interessanter as die romangegewe. Net soos Irma Joubert se Immer Wes, help hierdie boek die leser om die oorlog te verstaan. Beide skrywers doen dit deur die verskrikking van die oorlog vir ons weer te gee deur die oë van ‘n kind.

Lesers wat Irma Joubert se verhale geniet, moet beslis Die dag van die Lord oorweeg. Moenie dat onopgeleide resensente julle afsit nie.

Ek wil egter een punt noem: Irma “misbruik” die feite, maar verander hulle nie. Johan wangle so ‘n paar datums (hy doen dit openlik). Ek het nie gedink dis nodig nie, maar dit doen geen afbreuk aan die storie nie. Net soos Joubert, stel Kruger ‘n mens bekend aan historiese feite wat soms so vergesog is, dat jy nooit kan dink dis waar nie. Dan begin jy lees en… nou, ja. Lees self. Hulle is dan waar!

Fritz Joubert Duquesne is waaragtig een van die interessantste karakters wat ek onlangs in enige boek raakgeloop het. Die feit dat hierdie man ‘n ware persoon uit ons eie land is, wel, dit is gewoon verstommend. Geskiedenisliefhebbers moet Die dag van die Lord lees bloot om sy, ware, bydrae tot die geskiedenis raak te loop.

Die hoofkarakter in die boek is egter Andries Fourie van Bethal, ‘n jong seun wat alles verloor weens Kitchener se barbaarse oorlogbeleid. Hy oorleef, ten spyte van bittere beproewings, maar hy dra ‘n wrok in hom teen Kitchener wat uiteindelik sy hele lewe bepaal.

Wanneer Andries dan ‘n kans kry om na Engeland te gaan om hom as regsgeleerde te kwalifiseer, word ‘n ontmoeting tussen hom en Duquesne gereël.

Duquesne moedig Fourie aan om homself so diep as moontlik in die Engelse psige in te grawe sodat hy in Kitchener se binnekring kan kom.

Vandaar vervleg die feit en fiksie heerlik. Die historiese feite is blerrie interessant, maar wat die boek vir my laat uitstaan, is dat Kruger dit regkry om Fourie se interne struwelinge uit te beeld.

Die meeste goeie spioene word uiteindelik in twee geskeur tussen hulle eie missie en die sienings van die vyand, want om die vyand te verstaan, moet jy een word met hulle. Kruger beeld dit meesterlik uit.

Wanneer Fourie boonop verlief raak op ‘n Engelse meisie, dan loop dinge regtig rof vir hom. Wanneer die Boerespioen, die ware figuur Johanna Van Warmelo, boonop vir hom waarsku dat wraak nie noodwendig ‘n goeie ding is nie, wroeg die arme man werklik. Teen daardie tyd is hy egter reeds so diep ingegrawe dat dit bitter moeilik sal wees om om te draai.

 

‘n Lekkerleesroman par excellence

Ek weet nie hoekom daar so min spioenasieromans in Afrikaans geskryf word nie, dalk omdat dit so moeilik is om die psige van die spioen uit te beeld.

Die dag van die Lord is ‘n lekkerleesroman wat baie goed nagevors is en vul ‘n deeltjie van daardie spioenasievakuum in ons lekkerleesmark.

Wilna Adriaanse se Dubbelspel raak natuurlik ook dié genre aan, en ‘n mens moet ook Bets Smit se twee romans, Onder ‘n sterrehemel en Goue dagbreek noem. Vir ‘n oorsig oor Johanna Van Warmelo betrokkenheid by Smit se Onder ‘n sterrehemel, kan julle hier kliek.

Lesers wat Kerneels Breytenbach se Ester geniet het, sal ook Die dag van die Lord geniet.

 

Koop Die dag van die Lord

Johan Kruger is ‘n gewikste skrywer. Sy roman, Die vloek, was ‘n fantastiese teks. Met Die dag van die Lord lewer hy egter ‘n besonder lekker toetrede tot lekkerleesboeke. Ek hoop hy hou aan skryf.

Die dag van die Lord is deur Umuzi uitgegee. Daar is goed wat ék anders sou doen, maar dit neem nie die genot van die storie weg nie. Koop dit. Dit is besonder goed en lees baie lekker. Boonop is die feit dat ek vir Fritz Joubert Duquesne ontmoet het, ‘n baie groot pluspunt. As jy van geskiedenis hou, koop hierdie boek.

 

Kodenaam Icarus, Henk Breytenbach

Kodenaam-Icarus-Henk-Breytenbach

In  my jonger dae het ek soms cowboyboekies gelees en my groot held as pikkie was Fritz Deelman. Juis omdat ek hierdie sagtefiksie leer verslind het, kon ek later my tande in moeiliker werk slaan. Vandag sien ek kans vir baie moeilike boeke, maar as ek nie maklik begin het nie, sou ek nooit verder gekom het nie.

Ek het ook onlangs ‘n vriendin oortuig om Chanette Paul se Offerlam te lees. Sy wou nie, want sy hou nie van moeilike boeke nie. Ek het haar egter makliker boeke laat lees en haar toe oortuig dat meer verwikkelde boeke nie moeilik is nie. Sy het Chanette toe gelees, en was mal oor Offerlam. Dit is hoekom boeke soos Kodenaam Icarus so ongelooflike belangrik is in ons arsenaal teen alles wat in lees se pad staan.

Kodenaam Icarus toon groot ooreenkomste met Chris Karsten se enorme boek ‘n Man van min belang. Ek was gek oor Karsten se boek, maar ons moet eerlik wees dat dit moeilik lees. Ons gaan nie jong mense, of diegene wat bang is vir lees, oorhaal tot die BOEK as ons Karsten se roman in hulle hand stop nie. Gee vir hulle Kodenaam Icarus.

Kodenaam Icarus lees lekker en vinnig. Vic Nel is was ‘n veiligheidspolisieman in die ou bestel. Sy demone dryf hom ondergronds. Wanneer ons hom ontmoet, is hy ‘n persona non grata. Hy het verdwyn… Dan, heel per ongeluk beland sy vingerafdrukke op ‘n moordtoneel en al sy ou hanteerders soek hom weer.

Vic moet weer weer begin vlug, en dan dans die poppe behoorlik.

Ek wil eintlik nie te veel weggee van die storie nie. Daar is pragtige, poedelkaal, meisies wat agter Vic skuil teen die bose en later kry ou Vic darem ook ‘n lekkie in die valleie van genot, gelukkige bliksem.

Wat ek wel kan noem is dat daar ‘n korrupte president in die boek is. Sy naam is Jacob. Ek wonder of iemand anders ook sou wou roep #ZumaMustFall ná hulle Vic se storie gelees het?

 

Maklik is nie vlak nie

Ek was mal oor François Smit se dôners moeilike Kamphoer, maar dit is omdat ek leer lees het op Fritz Deelman.

Ek sal Kodenaam Icarus beslis vir my seun van dertien aanbeveel. Wie weet, as hy nou hierdie een geniet, kan ek hom oor ‘n paar jaar dalk bekendstel aan Karsten se ‘n Man van min belang.

Soos soveel goeie lekkerleesboeke is Henk Breytenbach se boek nie vlak nie. Die navorsing oor post-traumatiese stres laat my baie sterk dink aan die ware verhale in Elaine Bing se Ek het gemartel. Vic Nel is ‘n gekwelde siel. Daar is onskuldige bloed aan sy hande en klaarblyklik het hy nie meer veel gevoel in sy hart nie, tot ‘n mooi meisie vir hom meer as lyf word. Elaine Bing se boek handel oor ware mense wat presies daardie paadjie geloop het.

 

Koop Kodenaam Icarus

As jy soek na ‘n boek wat lekker en vinnig gelees kan word deur mense wat nie wil sukkel nie, hier is dit.

Vir meisies is daar elke maand vier boeke in die Romanza-klub. Wat is daar vir seuns? Gooi Kodenaam Icarus in hulle kerskous. Dit is deur LAPA Uitgewers uitgegee.

Selfs boeksnobs mag dit maar lees, steek dan maar Kodenaam Icarus weg in een van Tolstoi se omslae. Jou vriende sal beïndruk wees, en jy sal ‘n naelbytstryd hê met die horlosie.

Ek het dit gelees. Ek is nie ‘n snob nie. Ek hou van boeke, maklik en moeilik. My liefde vir boeke het juis by hierdie soort boek begin.

Secret Falls, 11 – 13 Desember

December 14, 2015 in Uncategorized

(English summary below, just scroll down, please)

Die uitsig / The view

Die uitsig / The view

Kliek op die foto’s om hulle groter te maak / Click on the pictures to enlarge them

Ons het die naweek van 11-13 Desember by Secret Falls, in Tulbagh, spandeer om ons huwelik van 21 jaar te vier. Secret Falls is ‘n kampterrein aan die voet van die Winterhoekberg se eskarpment en wanneer die eienaars sê jy moenie met ‘n 2×4 soheentoe gaan nie, dan bedoel hulle dit.

Die plek het ‘n ongelooflike uitsig oor die Tulbagh-vallei.

Die masjien / The machine

Die masjien / The machine

Ons het ‘n Toyota Hilux 4×4 gehuur met brutale wringkrag. Daar was nog ‘n soortgelyke bakkie en ‘n Nissan 4×4 kampeerwa wat dit tot bo gemaak het.

_MG_5653

Vrydagmiddag het die wind opgekom, Vrydagnag het dit begin reën.

_MG_5654

Ons het in die tente lê en lees, twee gazebo’s opgeslaan en verder maar nat gereën. Die probleem was dat daar Saterdag nog mense teen die berg moes op, en ek moes hulle gaan haal.

Gelukkig was daar ‘n ervare 4×4-bestuurder, Sophi Stone, wat my kon bystaan.

_MG_5652

Ons het die wiele afgeblaas na 1,6 en toe in laagste traksie die bult af gegly-gly. By die afgespreekte plek aangekom, besef ons die ander motor sit reeds veel verder af – op die 2×4 deel van die pad – in die modder vas.

Ons het hulle gaan haal en die motor daar in die peerboorde gelos. Toe is ons terug teen die bult op.

In ‘n stadium het ek selfs in laetraksie al vier wiele aan die gly gehad, maar toe is die ewenaarslot gebruik en die bakkie se brutale krag is getoon.

Hierdie moderne motors laat ‘n bestuurder goed lyk…

Modder / Mud

Modder / Mud

Ons was taamlik bly toe ons bo kom, want selfs die plaasbestuurder, wat die pad baie ry, het vroeër die oggend dit nie gemaak met sy eerste probeerslag nie. Hy ry ‘n 3-liter Hilux met breë tekkies, ons s’n was die 2,5 met gewone bande…

Gelukkig het die son toe begin skyn. Alles het droog geword en daardie aand kon ek en Elma saam met goeie vriende vier dat ons al 21 jaar getroud is.

_MG_5689

_MG_5700

_MG_5701

_MG_5671

_MG_5713

Ek het ‘n krat Leopard’s Leap Method Cap Classique gekoop – van die lekkerste sjampanjestylwyn in die land. Elma het gedigte aangevra, so ons het in die sakkende son gedigte gelees terwyl ons borrelwyn drink.

_MG_5676

_MG_5724

Toe het ons die verskillende potjies wat gemaak is, geëet.

_MG_5747

_MG_5767

Ons het darem tyd gehad om te stap ook.

Wat ‘n fees.

 * * *

_MG_5843

For our twenty-first wedding anniversary Elma and I booked out Secret Falls, a campsite at the foot of the Winterhoek Mountain’s escarpment. It has a spectacular view over the Tulbagh Valley.

We rented a Toyota Hilux 4×4. Even in the dry dust one is warned not to go to the top in a 4×2. The problem was that the high wind of Friday afternoon turned into rain, and the road into soap. I had to go down to pick up more friends and managed, but only in low range. At one stage we even had a sticky situation when all four wheels started spinning, but then the diff lock got engaged and all was well.

_MG_5678

Fortunately we had glorious sunshine on Saturday afternoon and Sunday.

We drank very good bubbly (Leopard’s Leap Method Cap Classique) on Saturday evening, ate potjie and read poems.

_MG_5847

Die wengroepe: Eerste kiekies van die ATKV-Rieldansfinaal

December 8, 2015 in Uncategorized

Op Saterdag, 5 Desember het die tiende ATKV-Rieldansfinaal by die Liqui-fruit Amfiteater in die Paarl plaasgevind. Hier is ‘n eerste kykie na die wengroepe.

Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.

***

Die ATKV-Rieldanskampioene: onder 12

Die Griekwa Hiënas is die Rielkampioene onder 12.

_MG_2839

_MG_2844

Die ATKV-Rieldanskampioene: Senior Afdeling

Die Calvinia Sitstappers is gekroon as die Senior ATKV-Rieldanskampioen.

_MG_3056

_MG_3059

_MG_3069

_MG_3075

_MG_3089

_MG_3092

_MG_4689

***

Die ATKV-Rieldanskampioene: Junior Kategorie

Die huidige Wêreldkampioene, Die Nuwe Graskoue Trappers, was goed genoeg om weer gekroon te word as die Junior ATKV-Rieldanskampioene.

_MG_3113

Hier gee hulle die beker terug voor die begin van die kompetisie, maar Floris Smith, hulle bestuurder, het belowe hulle gaan hom weer losdans. En hulle het.

_MG_3118

_MG_3133

_MG_3144

_MG_3147

_MG_3156

_MG_5373

En hier kry hulle weer die beker terug.

* * *

Daar is ‘n hele aantal pryse toegeken op 5 Desember.

Die Rieldanspersoonlikhede

Me. Rieldanspersoonlikheid seniors vir 2015: Susanna Watermeyer van Loeriesfontein

Mnr. Rieldanspersoonlikheid seniors vir 2015: Bernard Fisher van Calvinia Sitstappers

Me. Rieldanspersoonlikheid juniors vir 2015: Garcia Oliphant van Betjies van Betjiesfontein

Mnr. Rieldanspersoonlikheid juniors vir 2015: Cheslin Claase van Betjies van Betjiesfontein

Beste dansers

Beste danser: vroue in die senior afdeling: Paul-Marie de Bruyn van Korbeel (Carnarvon)

Beste danser: mans in die senior afdeling: Shaun Schaffers van Calvinia Sitstappers

Beste danser: vroue in die junior afdeling: Charné Jansen van Wupperthal

Beste danser: mans in die junior afdeling: Jadrian Jooste van Calvinia Sitstappers

Die seniors

Grietjie van Garies trofee vir die beste vordering: senior afdeling: Boesmanland Bitterbessies

Derde plek: Korbeel van Carnarvon

Tweede plek: Suurrug Suurtrappers van Wupperthal

Eerste plek: Calvinia Sitstappers

Die Juniiors

Grietjie van Garies trofee vir die beste vordering: junior afdeling: Griekwa Knersvlakte van Vredendal

Derde plek: Calvinia Sitstappers

Tweede plek: Betjies van Betjiesfontein

Eerste plek: Die Nuwe Graskoue Trappers van Wupperthal

Ander toekennings

Tien jaar ononderbroke deelname: Brandvlei en Griekwa Knersvlakte

Pieter van der Westhuizen-trofee vir beste Rielkitaarspeler: Alfred Basson van Betjies van Betjiesfontein

Dinamiese leier: Junior afdeling: Floris Smith van Wupperthal

Dinamiese leier: Senior afdeling: Bobby Kock van Calvinia Sitstappers

David Kramer-trofee vir beste Rieldansliedjie: Orkes van Betjies van Betjiesfontein

Belinda Fisher-gedenktrofee vir aktiefste Rielgemeenskap: Carnarvon

Durbanville Kinderhuis se veldren / Children’s Home Trail Run

December 6, 2015 in Uncategorized

mFTQCR

The Durbanville Children’s Home hosted a very successful trail run at the Bloemendal Wine Estate this morning.

Die Durbanville Kinderhuis het vanoggend ‘n baie suksesvolle veldren aangebied by die Bloemendal Wynlandgoed.

zzIMG_3240

Bloemendal is known for the wonderful mountain bike trails on their estate.

Bloemendal is bekend vir die lekker bergfietsbane op hulle gronde.

zzIMG_3228

zzIMG_3232

This morning about 500 runners converged on the estate.

Vanoggend het omtrent 500 hardlopers daar opgedaag.

zzIMG_3233

Why? This is why.

Hoekom? Dit is hoekom.

IzzMG_3234

zzIMG_3239

zzIMG_3238

zzIMG_3235

It is a privilege running on roads like these.

Dit ‘n voorreg om op sulke paaie te hardloop.

zzIMG_3253

This little bridge marked the end of the run.

Die bruggie was die eindpunt.

zzIMG_3258

This is what my feet looked like at the end of the run. I was barefoot of course.

So het my voete gelyk aan die einde van die wedloop. Ek was natuurlik kaalpoot.

*

Why do I run with bare feet? Here is the answer. (It is bilingual.)

Hoekom hardloop ek kaalvoet? Hier is die rede. (Tweetalig)

zzIMG_3256

A cherished medal, for it holds the symbol of an institution close to my heart.

‘n Gewaardeerde medalje, want dit omvat die simbool van ‘n organisasie wat na aan my hart is.

*

You too can make a difference by donating to the work of the Durbanville Children’s Home, click the link.

Jy kan ook ‘n verskil maak deur ‘n donasie te stuur aan die Durbanville Kinderhuis, kliek die skakel.

zzIMG_3244

zzIMG_3245

Afterwards we could relax in the shade.

Ons kon ná die wedloop in die koelte ontspan.

zzIMG_3242

She volunteers for the Durbanville Children’s Home. After the race she sought some solace.

Sy is ‘n vrywilliger by die Durbanville Kinderhuis, ná die wedloop het sy ‘n bietjie stilte gaan soek.

zzIMG_3255

Him: “It was the toughest 5 km I have ever done. That first hill killed me!”

Hy (in Engels): “Dit was die moeilikste 5 km wat ek nog gedoen het. Daardie eerste bult het my geknak!”

zzIMG_3243

I could not help wondering: Is “Bike wash” the Banting option?

Ek kon nie help nie om te wonder: Is “Bike wash” die Banting-opsie?

Banting: My woord van die jaar

December 4, 2015 in Uncategorized

(English summary below)litnetlogobowoordvandiejaar2015

LitNet wil weet wat my woord van die jaar is. Ek kies Banting. Hoekom?

 

Mense praat daaroor

Of hulle nou nou self agter Noakes aanloop, of nie, mense praat oor Banting. Hulle maak grappe daaroor, hulle word kwaad daaroor, hulle begin twoorloë daaroor.

Dit beteken die woord word gebruik, ook in fiksie.

Speurder Bennie Griesel moes hoor hoe sy baas die dieet volg; in Ikarus van Deon Meyer.

Speurder Bennie September moes hoor dat Tim Noakes vermoor is weens sy idees; in Paige Nick se Death by carbs.

 

Dit is hier om te bly

Die woord toep is so mooi, maar niemand gebruik dit nie.

Al wat ‘n Banter is, weet egter mense het opinies oor Banting. Selfs formele woordeboeke erken dit deesdae.

Tot ‘n ander, makliker woord vir #LCHF gaan kom, sal ons maar praat van Banting.

Ek kan sien dat die hoofletter gaan verdwyn.

 

Al gebruik hulle dit verkeerd

Die foto hieronder is pas geneem, arme sub. Die Banters sal sê sy het te veel koolhidrate ingeneem en was toe op ‘n insulienpiek.

  • Selfstandige naamwoord: Banting (die dieet)
  • Selfstandige naamwoord: Banter (persoon op die dieet
  • Werkwoord: Bant

Dit werk in albei tale.

banting poster

***

I propose Banting as my word of the year. Why? It is controversial, people use it. Even if they use it badly, like the sub in the Cape Times did.

Paige Nick (Death by carbs) and Deon Meyer (Ikarus) have used it in popular culture and many a twar has been fought over it.

Love Noakes or hate him, people know about and use the word Banting.

What is more, you can use it in English and in Afrikaans. Lekker.