Embrace: Verbode liefde in die tekstuur van ‘n mis

November 29, 2015 in Uncategorized

images

Sommige boeke kry nooit die erkenning wat hulle toekom nie. Embrace, deur Mark Behr is een so ‘n boek.

Om een of ander rede het dit nooit een van die groot boeke geword nie, hoewel dit wonderskoon is.

Die storie is eenvoudig: Lolita, maar die verbode liefde is “erger”: Dit is ‘n man en ‘n seun wat lief word vir mekaar, dit is ‘n onderwyser en ‘n leerder…

Die boek is egter ‘n studie in onderspeelde spanning. Die kruuste beskrywing is die van ‘n hings wat ‘n merrie dek, want dit vertel vir die seun wat die samelewing van hom gaan verwag.

Dit alles, met al die hartseer en pyn, word vervleg in die metafoor van die mis.

Seks as sakrament, die lyf as offer…

Embrace is beter as Die reuk van appels.

Subliem.

Dalk vertel dit ook meer van die gefolterde siel van Mark Behr.

RIP Mark Behr.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *