Botaniese uitstalling deur Barbara Pretorius

November 22, 2015 in Uncategorized

(English follows below)

bar klein

‘n Botaniese kunstenaar interpreteer die onderwerp en probeer om die ‘siel’ of ‘essensie’ van die plant vas te vang, maar moet terselfdertyd ook ‘n akkurate weergawe van die plant of blom gee – sonder om al die wetenskaplike besonderhede in te sluit.

Kom geniet ‘n uitstalling van omtrent 70 verskillende blom- en plantskilderye in waterverf wat oor ‘n periode van 26 jaar deur Barbara Pretorius geskilder is – die eerste keer dat so ‘n uitgebreide versameling van die kunstenaar se werke uitgestal word.

Die opening is die Slee-galery in Dorpstraat 101, Stellenbosch, op  Donderdag 26 November om 18:00.

Barbara Pretorius se werk is iets om te aanskou. Ek het al in haar huis gestaan en my vergaap daaraan.

*

A botanical artist interprets the subject and seeks to capture the ‘essence’ or ‘soul’ of the plant by concentrating on colour and light, form and movement, but is also expected to provide an accurate likeness without necessarily including all the scientific detail.

Come and enjoy paintings of more than 70 flowers and plants, from the Waterberg to Hermanus, lovingly produced in water colours over a period of 26 years – the first time that such an extensive collection by the artist has been exhibited.

slee

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *