Irma Joubert gaan van krag na krag

November 20, 2015 in Uncategorized

'n Stanpvol Book Lounge

‘n Stampvol Book Lounge

In my loopbaan het ek al ‘n aantal gerekende internasionale skrywers ontmoet. Ek moet sê: Irma Joubert is besig om haar in daardie kategorie in te skryf.

Die eerste oplaag van Immer wes is uitverkoop, die tweede oplaag word reeds gedruk.

Woensdagaand, 18 November, moes die ruimte vir haar bekendstelling in Hermanus drie maal geskuif word omdat die aanvraag so groot was.

_MG_2437

Donderdag, 19 November, het sy die Book Lounge vol gepak. Daar was al by geleentheid selfs meer mense, maar dit is nie sommer nie.

_MG_2446

Jan-Jan Joubert, die onderhoudvoerder, het heelwat daarmee te doene gehad. Sy rustige, gestroopte vrae was in die kol.

Die gehoor het egter nie vir Irma met handskoene hanteer nie, die taalkwessie by Stellenbosch en die “oorlog” op Afrikaans, alles het ter sprake gekom.

_MG_2434

Irma het Jan-Jan én die gehoor se vrae met grasie en gemak hanteer.

Selfs: Is die boek enigsins relevant vir vandag? Hier het Irma na my bloginskrywings oor 11 November en 13 November (Parys) verwys – toe die mikrofoon vir my gegee. 😉

Dit is ‘n voorreg om met iemand saam te werk wat só gemaklik meng met die aktivistiese lesers van die Book Lounge én die meer konserwatiewe lesers van die platteland. Ek dink die rede waarom Irma se goed ontvang word, is dat sy skaamteloos goed onderlê is in die letterkunde en die geskiedenis, maar ewe skaamteloos erken sy probeer om gewone mense se stories te vertel.

Immer wes is weer besig om die opwinding van Tussen stasies te ewenaar. Julle wil ‘n eerste druk hê as julle versamelaars is.

_MG_2459

Intussen het die eerste kopieë van The girl from the train in Suid-Afrika geland. Hier is Werner, van die Book Lounge, met ‘n kopie. Die amptelike verspreiding in Suid-Afrika sal eers vroeg in 2016 begin, maar, soos Werner sê, die Book Lounge sal vir jou kopieë invoer as jy hulle bestel.

Die eerste oplaag van The girl from the train beloop 40 000. Jip.

Irma se ander trilogieë Ver wink die suiderkruis, Tussen stasies en Tolbos (van LAPA Uitgewers) en Pérsomi, Kronkelpad en Anderkant Pontenilo (Tafelberg) doen ook baie goed in Europa. Die Duitsers en die Nederlanders koop dit dit gons.

_MG_2440

‘n Bekendstelling by die Book Lounge is altyd ‘n belewenis. Hierdie winkel het sigself al oor en oor bewys. Teken in op hulle nuusbrief! Hier sien julle die eienaar, Mervyn Sloman, in aksie.

_MG_2481

Lynette le Roux, is een van die stil mense in LAPA se span, maar baie belangrik. Sy sorg dat die boekwinkels weet van die boeke en dat hulle koop. Sonder Lynette sou daar nie ‘n geleentheid by die Book Lounge gewees het nie.

_MG_2412

Kotie Basson, Jan-Jan Joubert, Chris Hattingh, Irma Joubert en Melanie Verwoerd.

_MG_2482

Irma teken Vida Schoeman (Oranjezicht Leeskring) se boek.

_MG_2425

‘n Glasie Leopard’s Leap, meneer? Leopard’s Leap doen baie vir die Boek, ook by die Book Lounge.

_MG_2417

Die aksie om die happietafel.

_MG_2420

Nog ‘n aksiefoto.

_MG_2431

Henry Jeffreys, die politieke kommentator en voormalige redakteur van Die Burger, was daar saam met sy gade.

_MG_2475

Grethe Bravenboer, Helené Prinsloo (van BooksLive) en Ziyanda Stuurman.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *