Die leë stoel

November 15, 2015 in Uncategorized

Asrat-banier

Op 15 November gedenk PEN Internasionaal skrywers in aanhouding.

Elke jaar word ‘n aantal leë stoele gedenk by die internasionale kongres. Hierdie stoele verteenwoordig dan elkeen ‘n skrywer in aanhouding.

Een van vanjaar se leë stoele is Amanuel Asrat.

Asrat is ‘n bekroonde digter en redakteur. Hy word al sedert 2001 sonder verhoor aangehou omdat hy die regime van sy vaderland, Eritrea, gekritiseer het. ’n Sentrale tema van Asrat se skryfwerk is die verskrikking van oorlog. Klik hier om Danie Marais se Afrikaans vertaling van “Oorlog se vloek” te lees, ’n gedig oorspronklik geskryf in Asrat se moedertaal, Tigrigna:

Suid-Afrika is tans gelukkig. Ons grondwet beskerm ons op die oomblik. As julle egter oud genoeg is, sal julle ook mense ken wat sonder verhoor aangehou is hier ter lande. Dit was bitter. Dink ook aan die lot van ons eie Breyten Breytenbach.

Dit is waarom PEN Afrikaans vandag met PEN-sentrum in Afrika meewerk om te vra dat Amanuel Asrat vrygelaat sal word. Hier is ‘n verklaring deur PEN Afrikaans en sewentien ander PEN-sentrums in Afrika.

12189987_901597306560518_5067329672021469950_n

0 responses to Die leë stoel

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 trackback